
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 10:05 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

OPENINGSREDE VAN PREMIER

(Debat hervat)

*Mnr Y GABRU: Mnr die Speaker, ek wil weer eens oor rassisme en sekte-ywer praat. [Tussenwerpsels.] Agb lede weet almal, en dit verbaas my nie, dat President Mbeki die kwessie van rassisme in die Parlement opgehaal het en 'n uiters rassistiese ingenieur breedvoerig aangehaal het. Hy het voortgegaan deur te s, en ek haal aan:

Our success in the struggle to move our country from apartheid to democracy may have led many in our country to reach the premature conclusion that racism in South Africa is dead. This, despite the obvious and naked fact that to this day, and unavoidably, the racial divisions, inequalities and prejudices of the past continue to characterise our society.

Mnr die Speaker, in reaksie hierop het die Leier van die DP die volgende kommentaar gelewer, en ek haal aan:

Let me be perfectly clear that the DP believes racism is an evil that needs to be eradicated from society, but I believe the President did great damage to our future by dragging off the Internet some white supremacist lunatic who is truly a hold-over from the past.

Mnr die Speaker, ek sal aan die einde van my toespraak na hierdie beswaar van die DP terugkeer.

Die agb Premier het ook die kwessie van rassisme in sy Openingsrede opgehaal en aangevoer dat die aaklige werklikheid van rasseverdeeldheid steeds in ons land bestaan, en in hierdie konteks het hy op almal in die Huis 'n beroep gedoen om mooi te dink voor stellings gemaak word. Ek het mooi gedink oor wat ek vandag gaan s, en ek wil graag h dat alle agb lede, veral di van die DP, moet oordeel wie skuldig is aan rassisme en sekte-ywer.

Ek wil 'n storie aan agb lede vertel. 'n Taamlik moeilike jong man, wat ek Paul sal noem, is uit die Horskool Table View geskors en vir 'n rukkie uit die normale skoolstelsel geneem. Toe hy teruggekeer het, het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement hom na die Kaapstadse Skoolkliniek verwys om in 'n skool geplaas te word. Die hoof van die skoolkliniek is Karin Reed 'n sielkundige. Dit is die verantwoordelikheid van die skoolkliniek om ouers van raad te bedien oor waar om hul kinders te plaas. Ek wil dit beklemtoon: hulle adviseer ouers, hulle dring nie daarop aan nie. Dit word gedoen na 'n noukeurige evaluering van die leerders.

In die geval van Paul het die sielkundige, Karin Reed, na deeglike oorweging en in oorleg met haar kollegas, medesielkundiges, aanbeveel dat Paul by een van die volgende skole geplaas word - agb lede moet kennis neem hiervan - Herzlia, Harold Cressy, Zonnebloem of Milnerton. Die seun se moeder het nie gedink dat haar seun by Herzlia sou inpas nie, en 'n afspraak is gemaak sodat sy die skoolhoof van Harold Cressy kon ontmoet. Tydens die onderhoud het die skoolhoof ingestem dat hulle die seun vanwe sy probleme sou inneem, ondanks die feit dat die skool eintlik vol was. Die moeder het die aanbod verwerp toe sy agtergekom het dat die skool nie kuns aanbied nie. Die saak sou daar geindig het en alles sou in orde gewees het, maar die moeder het 'n brief aan die agb Minister van Onderwys geskryf, waarin sy gekla het oor die diens wat deur die Kaapstadse Skoolkliniek gelewer is. Ek het nie daardie brief gesien nie, maar ek verstaan dat die moeder baie verontwaardig was oor die feit dat haar kind, 'n blanke Joodse seun, verwys is na wat oorwegend 'n Moslem-skool is, en boonop nogal 'n swarte.

Mnr die Speaker, ek wil vir 'n oomblik stilstaan en agb lede hier vra hoe hulle op so 'n brief sou reageer, waar mense kla dat hulle blanke kinders na oorwegend swart Moslem-skole gestuur word.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Wat is u punt? Maak u punt. [Tussenwerpsels.]

*Mnr Y GABRU: Ja, ek sal 'n punt maak.

Mnr die Speaker, toe ek die eerste maal die reaksie van die agb Minister op hierdie brief gesien het, was ek ongelooflik geskok. Ek het sedertdien die reaksie aan verskeie Moslem-leiers in die Wes-Kaap gewys en ek het dit met baie van my Joodse vriende bespreek. Hulle was eweneens verstom en geskok. [Tussenwerpsels.] Kom ek lees dit voor aan agb lede. Die brief is aan dr Frans Booyse, 'n Hoofdirekteur in die WKOD, gerig. Die agb Minister van Gesondheid ken hom ook goed. Ek wil h dat agb lede noukeurig moet aandag gee. Die brief kom van die agb Minister van Onderwys. Dit lui, en ek haal aan:

I do not know whether we have such things as assessment centres under our auspices. Please let me know. I am in receipt of correspondence that claims that a Karin Reed of our assessment centre referred a learner who wishes to do Art to Harold Cressy, which does not offer Art. Secondly, the learner is Jewish and Harold Cressy is predominantly Muslim.

Sy gaan dan voort deur te s:

Can you imagine what kind of outcry would ensue (quite correctly) if someone from the WCED referred a Muslim student to Herzlia? I have not heard the other side of the story ... -

sy gee toe -

... and I am not even sure that this assessment centre is under our auspices, but could you find out who Karin Reed is and find out what has happened?

Agb lede moet na die laaste deel luister. Sy gaan voort:

If we have councillors making such ludicrous referrals, it is a matter of grave concern.

Mnr die Speaker, di verregaande reaksie is 'n growwe belediging vir die Horskool Harold Cressy. Dit is 'n duiwelse aanval op die Moslem-gemeenskap. Dit is 'n skokkende belediging vir die Joodse gemeenskap van Suid-Afrika en dit is 'n skandalige belediging vir Herzlia. [Tussenwerpsels.] Dit weerspiel ook 'n blatante miskenning van die professionaliteit van die betrokke sielkundige. Dit is 'n misbruik van mag deur die agb Minister. [Tussenwerpsels.]

Enigiemand wat iets omtrent skoolonderrig in die onderdrukte gemeenskap van die Wes-Kaap weet, sal weet dat Harold Cressy 'n lang en baie trotse tradisie van nie-rassigheid en nie-sektarisme het. Niemand wat enigiets omtrent onderwys in die Wes-Kaap verstaan, kan s dat Harold Cressy 'n oorwegend Moslem-skool is nie.

Ek kon nie met mnr Ritchie hieroor praat nie, maar ek gaan dit onder sy aandag bring. Ek het egter met die hoof van die skool gepraat, en sy was ongelooflik geskok. Hoe weet die agb Minister dat Harold Cressy oorwegend Moslem is? Op grond waarvan vel sy daardie oordeel? Tel die departement nou die getal Moslems in elke skool? Ek weet hoe sy dit gedoen het. Die vrou wat haar seun daarheen geneem het, het die skoolhoof gespreek, en die skoolhoof het 'n serp gedra. Op grond daarvan het die vrou besluit dat Harold Cressy 'n Moslem-skool is, en dat sy nie haar kind daarheen sou stuur nie. Niemand kan s of dit 'n Moslem-skool is of nie. Die skool staan daarop dat hy 'n sekulre skool is.

Mnr die Speaker, waarom beskou die agb Minister die verwysing van die seun na Harold Cressy as belaglik? Is daar iets wesenliks verkeerd daarmee om 'n Joodse seun in die nuwe Suid-Afrika na 'n oorwegend Moslem-skool te verwys? [Tussenwerpsels.] Kan die agb Minister aan ons verduidelik wat vir haar so weersinwekkend omtrent Moslem-leerders is? Is daar iets verkeerd met Moslem-leerders? 

Deur aan te voer dat daar protes onder die Moslems sal wees as 'n Moslem-leerder na Herzlia verwys sou word, is die agb Minister besig om die hele Moslem-gemeenskap te beledig. Die feit van die saak is dat daar op hierdie selfde oomblik drie Moslem-onderwysers by die Horskool Herzlia is. [Tussenwerpsels.] Moet die Moslem-gemeenskap daaroor beswaard wees? Dit is wat die agb Minister in haar reaksie ges het. Kom ek lees haar reaksie voor. Sy het dit dalk vergeet. Sy het ges, en ek haal aan:

Can you imagine what kind of outcry would ensue, quite correctly, if someone from the WCED referred a Muslim student to Herzlia?

Wie gee aan die agb Minister die reg om te besluit wat Moslems sal doen en nie sal doen nie? Wie gee aan die agb Minister die reg om namens die Joodse gemeenskap te praat? Dat een moeder nie wil h dat haar kind met die Moslems moet meng nie, beteken nie dat die Joodse gemeenskap daarteen gekant is om met Moslems te meng nie. Dit is hierdie soort gevoel wat die verdeeldheid in ons gemeenskap voortsit. Dit is hierdie soort gevoel wat al die positiewe prestasies van die Parliament of the World's Religions, wat ons onlangs in Kaapstad gehad het, ondermyn.

Ek het met die skoolhoof van Herzlia gepraat. Nie baie jare gelede nie, was ons twee kollegas by die Senior Sekondre Skool Crestway. Ons het albei wiskunde-onderrig by die skool gegee. Destyds was die skoolhoof van daardie skool 'n ywerige Moslem. Dit was in die jare van apartheid en daar was geen probleme op die personeel by daardie skool nie. Die skoolhoof van Herzlia was kwaad oor die insinuasie dat Moslem-kinders nie na sy skool moet gaan nie. Hy wil h dat ek in die openbaar moet s dat Herzlia enige Moslem-kind sal verwelkom. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, in haar brief gee die agb Minister toe dat sy nie die ander kant van die saak gehoor het nie. Nogtans maak sy die gevolgtrekking dat die verwysing belaglik en 'n saak van ernstige kommer is. Sy weet nie eens wat gebeur het nie. Wat wel ernstig kommer wek, en sekerlik nie belaglik is nie, is die agb Minister se gesindheid en blatante miskenning van die professionaliteit en integriteit van die mense wat in die WKOD werk.

Dit is nou algemeen bekend dat daar groot verdeeldheid in die WKOD is. Al die senior amptenare voer 'n stryd teen die agb Minister. [Tussenwerpsels.] Hierdie brief van die agb Minister sal nou by Karin Reed se ler gevoeg word, want dit is wat in 'n burokrasie gebeur. Hulle sal dit in haar ler plaas en dit sal aantoon dat daar 'n ondersoek teen haar was.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Daar was geen ondersoek ...

*Mnr Y GABRU: Die agb Minister het vir 'n ondersoek gevra. Nou weet sy nie eens wat sy gedoen het nie. Sy is skandalig! [Tussenwerpsels.]

Die feit dat 'n ondersoek na die werk van Karin Reed gelas is op grond van 'n rassistiese klagte, sal by haar ler gevoeg word. Dit is 'n onregverdigbare en onverdedigbare klad op haar loopbaan. Die ANC sal Karin Reed inlig dat sy kragtens die nuwe wetgewing oor toegang tot inligting die reg tot appl het om alles in haar ler te sien. Ek hoop dat sy die moed het om die agb Minister te pak en haar oor hierdie aangeleentheid voor die hof te daag.

Mnr die Speaker, dit raak nou duidelik waarom Tony Leon so heftig beswaar gemaak het teen die brief wat President Mbeki aangehaal het. [Tussenwerpsels.] Dit is waarom hulle so geskreeu het. Wat die DP doen, omdat hy so desperaat is vir enigeen se stem, is om op al die rassisme en sekte-ywer in ons gemeenskap te reageer en dit te versterk, en dit vir 'n paar stemme. Hulle het dit in die verkiesingsveldtog gedoen toe hulle aan die sogenaamde kleurlinge ges het dat hulle nie blank genoeg is nie en dat hulle nie swart genoeg is nie. Nou reageer hulle op mense soos hierdie. Terwyl hulle aan die een kant probeer om invloed in die Moslem-gemeenskap te koop, is hulle aan die ander kant heeltemal bereid om hulle met minagting te bejen en na goeddunke te beledig.

Die ANC sal verseker dat die inhoud van die agb Minister se brief, met 'n dekkende memorandum, na al die Moslem-organisasies in hierdie land gaan. Ons het dit reeds aan die Muslim Judicial Council gestuur. Ons sal verseker dat elke moskee Vrydag 'n afskrif van hierdie brief met 'n interpretasie daarvan ontvang.

Ek gaan persoonlik 'n vergadering met die Joodse Raad van Afgevaardigdes rel om hierdie brief na hulle te neem en hulle vra om daarop kommentaar te lewer. Ons wil seker maak dat elkeen die moraliteit van die DP verstaan. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, dit is belangrik dat alle onderwysersorganisasies in die land weet wat die DP werklik van onderwys dink. Hoewel een van die hoof oogmerke van die nuwe onderwysstelsel is om sekte-ywer en rassisme uit te wis, glo ons agb Minister dat dit versterk moet word. Dit is waarom die integrasie van ons skole so lank neem.

Ek stel egter baie belang daarin om te weet wat die agb Premier hieromtrent gaan doen. Ek stel veral belang daarin om te weet wat die Moslem- en Joodse lede van die Nuwe NP hiervan dink. As hulle 'n greintjie waardigheid oor het, sal hulle daarop aandring dat die agb Minister van Onderwys moet bedank. Sy is nie bevoeg om enige openbare pos in die nuwe Suid-Afrika te beklee nie.

Ek is seker dat wat nou gaan gebeur, is dat daar 'n soort heksejag in die departement gaan wees. Ek wil aan die agb Minister s dat die ANC gebeure in die WKOD fyn sal dophou. Ons sal enigeen ondersteun wat haar op regsgronde teenstaan. Ons in hierdie Provinsie kan nie toelaat dat hierdie soort rassisme en sekte-ywer op die hoogste vlakke van ons Administrasie voortduur nie.

Mnr die Speaker, ek sal 'n afskrif van die brief aan die agb Premier stuur en dan kan hy dit self sien.

*Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Premier gelukwens met sy Openingsrede in die Parlement op 8 Februarie 2000.

Die agb Premier het ges dat die Regering ten spyte van begrotingsbeperkinge aan al ons mense, veral die armes, gelewer het. Die Wes-Kaap Regering moet gelukgewens word met die lewering vir die armes. Ek wil ook die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding, asook die amptenaar in beheer, mnr Colin du Sart, gelukwens.

Maar, meneer, die armes, die verwaarloosdes, die minderbevoorregtes het veel meer nodig om hul menslikheid en hul waardigheid te herstel. Baie meer moet gedoen word om die armes te help. Die armes moet bemagtig word om hulself te help deur middel van volhoubare projekte wat op 'n gereelde grondslag gemoniteer moet word.

Mnr die Speaker, die agb Leier van die Opposisie het gister iets ges tot die effek dat die nieblankes arm is en die wittes ryk is. Dit mag in die dae van apartheid waar gewees het, toe die ou NP 'n beleid gehad het vir die uitwissing van armoede onder die armblankes, maar vandag ken armoede geen kleur nie. Dit is wel waar dat die meeste armoede wel in die agtergelate gemeenskappe voorkom.

Ons moet waak teen bitterheid, dat ons in ons bitterheid perspektief verloor in die demokrasie. Wanneer ons praat oor die behoeftes van die armes, moet ons oor die behoefte van alle armes praat omdat armoede vandag geen kleur ken nie.

*Die agb Premier het ook ges dat die toekoms nooit voorheen in die geskiedenis van hierdie land meer beloftes vir al sy mense ingehou het nie. Ek stem heelhartig met hom saam. Ek stem ook saam dat ons nie die toekoms op die bitterheid van die verlede kan bou nie. Dit is egter ook waar dat ons in die verlede skaamteloos seergemaak is; di van ons wat ons waardigheid, ons menslikheid, ons trots en ons huise ontneem is, kan nooit ooit die verlede vergeet nie. Ja, ons het diegene vergewe wat probeer het om ons te vernietig, selfs deur middel van wetgewing.

Ja, ons het vergewe, maar ons kan nooit ons verlede vergeet nie. Sonder enige bitterheid kan ons die skandalige lesse van die verlede gebruik om 'n beter en meer positiewe toekoms vir al ons mense te bou, veral diegene wat deur die dade van die verlede benadeel word.

Ek wil 'n beroep op al ons mense in die provinsie en in die land doen om die bitterheid van die verlede agter te laat, soos die agb Premier versoek het, en om die verlede, sonder enige bitterheid, te gebruik om 'n beter toekoms te bou.

Meneer, ek stem ook met die agb Premier saam dat ons moet voortgaan om die beste van alles te maak, sowel as die feit dat ons meer doeltreffend kan kommunikeer om die mense te laat weet wat ons hier in die Provinsie bereik.

Lede van die Parlement kan egter nie hierdie taak verrig sonder die doeltreffende ondersteunings- en navorsingsdiens nie. Dit is 'n skande dat daar in hierdie stadium agb lede van hierdie Regering is wat nie oor hierdie dienste beskik nie. Diegene wat verantwoordelik is vir die verskaffing van hierdie dienste gee f nie om nie, f miskien is dit vanwe onbekwaamheid of 'n mentaliteit van argeloosheid. Agt en 'n half maande is agt en 'n half maande te lank om sonder hierdie noodsaaklike dienste te sukkel.

Mnr die Speaker, ek prys die agb Premier vir sy stelling dat hierdie Regering meer as ooit tevore daartoe verbind is om 'n transformasieproses aan te voer tot die daarstelling van 'n mens gesentreerde en mens gedrewe openbare sektor. Daar is egter nog steeds mense uit die minderbevoorregte gemeenskap wat kla dat te min gedoen om ons Provinsie deur middel van regstellende optrede te transformeer. Daar buite s hulle dat hulle eers nie blank genoeg was nie, en nou is hulle nie swart genoeg nie; toe moes hulle hoor dat hulle nie oor die nodige kundigheid beskik nie, en die nuutste is dat hulle nie genoeg ontwikkel is nie. Dit is wat mense in die minderbevoorregte gemeenskappe te s gehad het.

Regstellende optrede in hierdie Provinsie moet nie uitgevoer word soos dit in die apartheidsjare gedoen is, toe 'n blanke persoon met 'n st 8-sertifikaat agter die toonbank in die poskantoor of by die spoorwegstasie gestaan het en die nieblanke met 'n st 10-sertifikaat die vloer moes was en vee nie. Om so 'n situasie in die nuwe demokrasie in ons provinsie te voorkom, moet die Provinsie 'n radikale program van menslike hulpbronontwikkeling loods om die onderontwikkeldes, die verwaarloosdes en diegene teen wie gediskrimineer is, te ontwikkel.

Mnr die Speaker, die Nuwe NP glo in die proses van regstellende optrede, wat gereeld gemoniteer moet word omdat dit nie vir ewig kan aanhou nie. Aangesien dit apartheid egter meer as 40 jaar geneem het om slegs een sektor van die Suid-Afrikaanse gemeenskap te begunstig en te bemagtig, moet regstellende optrede sekerlik nog baie doen om die speelveld gelyk te maak.

Ek pleit dat ons ons menslike hulpbronne sal ontwikkel en aan hulle 'n kans sal bied. Transformasie in ons provinsie moet tot 'n situasie lei waar 'n kans aan die meerderheid mense van die provinsie gegee word om hulle sonder vooroordeel te bewys.

Die kieserregistrasieproses vir die komende plaaslike regeringsverkiesing moet deur alle partye in die Huis ondersteun word, want dit is in die belang van ware demokrasie dat ons alle burgers in staat stel om hul stemme uit te bring.

Rassisme in Suid-Afrika is die direkte gevolg van die beleid van apartheid. Een geval van rassisme in ons land is een geval te veel. Ons moet almal rassisme in ons land onvoorwaardelik veroordeel. Mnr die Speaker, ek is bly dat nie een van die Nuwe NP-leiers die President gekritiseer het omdat hy tydens sy Openingsrede in die Parlement na 'n rassistiese voorval verwys het nie.

Ons moet verenig staan in ons verskeidenheid in hierdie provinsie en in ons land. Ons moet meer konsentreer op ons ooreenkomste as op ons verskille ten einde 'n selfs meer bevredigende diens aan die mense van die provinsie te lewer, veral vir die armstes onder die armes.

Meneer, onderwys in Suid-Afrika is siek, ernstig siek. Solank daar pogings in Suid-Afrika aan die gang is om die onderwys by 'n begroting aan te pas, sal hierdie siektetoestand vererger.

Di siektetoestand is vererger deur 'n epidemie wat bekend gestaan het as Bengosme. Ek wil die nasionale Minister van Onderwys bedank vir die positiewe stappe wat hy doen om hierdie siekte te probeer genees. Ek wil hom bedank dat hy nugterheid en realisme na die onderwys terugbring. Hy is iemand wat hoor wanneer daar met hom gepraat word. Hy luister daadwerklik na ander mense se sienings en menings. As hy besef dat sekere veranderings noodsaaklik is vir die doeltreffendheid van onderwys, is hy gewillig om dit toe te pas.

Ek kan egter nie met die nuwe toelatingsouderdom tot ons skole saamstem nie. Leerders wat skoolgereed is, word ernstig hierdeur benadeel. Ek glo en vertrou dat daar ook weer na hierdie aangeleentheid gekyk sal word, sodat begaafde leerders nie ter wille van 'n onderwysbegroting benadeel word nie. Besluite in die onderwys moet liefs opvoedkundig verantwoordbaar wees en moet nie ter wille van 'n begroting afgedwing word nie.

Mnr die Speaker, ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir mnr Brian O'Connell en alle amptenare van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement namens die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake te bedank vir die onbaatsugtige diens wat hulle aan die ouers en leerders van die provinsie lewer.

Die staande komitee beskou homself as 'n integrale deel van die onderwysgemeenskap in die provinsie en onderneem om die WKOD te steun in alle onderwysbesluite wat opvoedkundig verantwoordbaar is. Indien onderwysbesluite nie opvoedkundig verantwoordbaar is nie, maar geneem word ter wille daarvan om binne die Onderwysbegroting te bly, kan die staande komitee dit ongelukkig nie steun nie.

Mnr die Speaker, dit is hartseer dat wanneer daar gepraat word oor rassisme, ons nog verneem dat ...

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Williams se tyd is verstreke.

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag seker maak of die 2 minute wat die Hoofsweep my meer gegee het, bygetel is.

Die SPEAKER: Die agb lid mnr Williams het 10 minute ontvang.

Mnr A J WILLIAMS: Ja, meneer. 

Die SPEAKER: Dit is dus bygetel.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, dit is vir my 'n groot voorreg om deel te neem aan die eerste debat van die eeu en om op die Openingsrede van die agb Premier te reageer. Ek hoop my inligting is korrek, maar ek wil ook graag die geleentheid gebruik om ons nuwe bruidegom op die galery te verwelkom - en ons wens hom en sy lewensmaat voorspoed toe. Ons hoop dat hulle baie goeie vrugte sal dra.

Mnr die Speaker, ek staan op om die Openingsrede van die agb Premier te ondersteun. Ons in hierdie provinsie is die vryheid, geleentheid en die verantwoordelikheid gegun om ons gemeenskap te vorm en die fondament te l waarop 'n toekoms gebou moet word. Vryheid gaan egter met verantwoordelikheid gepaard en geleentheid bring gevaar mee - die gevaar dat 'n mens die verkeerde keuses maak en die verkeerde koers inslaan.

Ek kan nie help om myself twee vrae af te vra nie: ten eerste, wie is ons ware vyand? Ongetwyfeld bly ons gesamentlike vyand armoede, onvoldoende behuising, ongelyke en swak lewering en die akkommodasie van dienste, Vigs en die daling in ons gesinswaardes, wat grootliks veroorsaak is deur 'n weg beweeg van 'n God-gesentreerde gemeenskap en die insypeling van 'n humanistiese agenda.

My tweede vraag is: is daar genoeg gemeenskaplike doelwitte om die regerende koalisie saam te bind sodat hy kan voortgaan om doeltreffend te funksioneer as 'n veelparty regering in ons demokrasie? Die ACDP glo dat daar genoeg gemeenskaplike doelwitte is, en die toets sal steeds doeltreffende regering in die belang van al die mense wees.

Mnr die Speaker, in die huidige situasie voorsien die ACDP dat hy altyd 'n mag sal wees om stabiliteit in plaas van onstabiliteit te skep, en ons sal hierdie plig met deeglikheid en wysheid uitvoer.

Die Provinsie het baie gelewer en daar was baie prestasies waarop ons uiters trots is. Ek wil graag eerlik wees en ek wil dit laat boekstaaf dat die ACDP glo dat die koalisieregering en die meerderheid van die Ministers in hul onderskeie portefeuljes 'n geloofwaardige taak verrig. Ons glo dat indien die Regering krediet verdien, die nodige krediet aan hom gegee moet word, maar ons behou ook die reg voor om te kritiseer as ons glo dat hulle verkeerd is.

In Rom 13 word dit so mooi gestel "bring eer aan wie eer toekom; maar as julle doen wat verkeerd is, wees bang".

Mnr die Speaker, eweneens wil ek graag aan die agb Premier s dat daar party aspekte is waarop ons nie so trots kan wees nie. Misdaad en armoede spook steeds by ons gemeenskap, toeriste word vermoor, kinders word verkrag en ons is veral bekommerd oor die doodsengel van verdeeldheid in ons Regering. Oor verdeeldheid word daar ges dat 'n huis wat in homself verdeel is, nie staande kan by nie.

Ek wil graag 'n interessante staaltjie vertel. Op die vooraand van die Russiese Rewolusie was die kerkleiers besig om oor die lengte van hul togas te redeneer. Terwyl hulle besig was om oor die lengte van hul togas debat te voer, het die Bolsjewieke ingekom en oorgeneem. Dit is die erns van kleinlike verdeeldheid.

Mnr die Speaker, ek wil graag aanhaal uit 'n brief wat uit die Cape Argus van 10 Februarie deur mnr Thai MBEs aangehaal is, wat aan die agb Premier gerig is. Daarin waarsku hy dat die Provinsie uitmekaar geskeur kan word, omdat die swartes opsy gestoot voel. Hy s dat die swart gegradueerdes na ander provinsies gaan, waar hulle meer tuis voel.

Mnr die Speaker, wat die feite ook al is, die waarheid is dat daar 'n groot groep van die mense in die provinsie is wat werklik gemarginaliseerd voel en ons moet met 'n oplossing vorendag kom. Ek wil nie preek nie, maar dit word baie goed in Fillipense beskryf, waar daar ges word dat Christus uitgegaan het en homself gedentifiseer het met diegene wat hy wou wen. Dit is wat ons moet doen.

Die Provinsie Regering en die staande komitees moet uitgaan na die mense en aan hulle wys dat ons werklik omgee. Toe die hele Kabinet na Pacaltsdorp gegaan het, was dit 'n uitstekende voorbeeld dat dit begin om te gebeur. Ons glo dat eenheid steeds 'n groot uitdaging vir die Provinsiale Regering bly.

Dit gaan 'n probleem vir die regerende partye begin word sodra plaaslike regeringsverkiesings momentum opbou. In die belang van stabiele regering in die provinsie is die regerende partye dit aan ons verskuldig om 'n strategie te h om hierdie werklikheid te hanteer. Ons moet 'n plan sien en daarvan hoor. As ons aanhou om kleinlike politiekery te bedryf, sal die gevolglike onstabiliteit wat die beleggingsklimaat sal raak en in die hande sal speel van diegene wat ons provinsies wil destabiliseer, 'n werklikheid wees wat ons nie wil h nie.

Mnr die Speaker, natuurlik moet ons streef na 'n vreedsame, ordelike, voorspoedige en sorgsame gemeenskap. Ons wil graag die uitdaging aanvaar dat ons deel daarvan wil uitmaak en politieke, volwasse besluite neem sodat ons saam van die Wes-Kaap 'n beter provinsie kan maak.

Die ACDP wil graag twee terreine beklemtoon waarvan die agb Premier in sy Openingsrede melding gemaak het, en die eerste daarvan is regionalisasie. Ons wil graag die agb Premier gelukwens met sy prestasies met die streekregerings van Beiere en Bo-Oostenryk. Dit is kernbelangrik dat ons by ander streekekonomie inskakel. Ons het die locus standi en die plig om wreldwyd met sterk ekonomie te werk. Baie van hierdie ekonomie is groter as die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ons moet ons bande uitbou met hierdie streekekonomie, waarvan party reeds sterk nasionale bande het.

Mnr die Speaker, nadat ek dit ges het, wil ek 'n paar opmerkings maak. Ons moet ons bande ontwikkel met die streekekonomie met wie se regerings ons reeds sterk bande het, soos die staatsregerings van Duitsland, Oostenryk, die Italiaanse streekregering, Skotland en Noord-Ierland. Ons moet die gemeenskaplike geskiedenis, kultuur, taal, tydsones en seisoenale invloede ondersoek wat 'n rol kan vervul.

Mnr die Speaker, ek kan die voorbeeld van seisoenale tydsones noem. Het agb lede geweet dat vliegtuie wat waterbomme gooi tydens die somerseisoen vir brandbestryding in Itali en Frankryk gebruik word? As dit somer is in daardie lande, is dit winter in Suid-Afrika. Ons moet aan hulle s, "Kom parkeer julle water bomwerpers gratis in ons land", sodat ons dit kan aanwend wanneer ons tydens die somermaande brande het en hulle tydens hul wintermaande sneeu op hul berge het. Ons moet daardie verhoudinge ontwikkel.

Tweedens, ons stem saam met die agb Premier dat ons bejaardes van ons grootste bates is. Ons is bly dat ons Regering iets omtrent die bejaardes doen en wil doen. Ons glo dat die inherente gesondheids- en ontwikkelingspeil van die gemeenskap gemeet word aan hoe 'n mens vir jou hulpbehoewendes sorg. Die wysigingswet, wat nog nie geproklameer is nie, gaan nie ver genoeg nie. Die ACDP glo dat ons nie net na belastingkortings moet kyk nie, maar, meer belangrik, dat ons na wetgewing moet kyk, soos in Itali waar kinders van naasbestaandes verplig is om 'n meer aktiewe bydrae te lewer, meer as net geldelik, om die welsyn van hulle ouers te verseker. Miskien moet ons hierop ingaan. Ons moet alles in ons vermo doen om die kerk en die familie te bemagtig om ons bejaardes die sorg te gee wat hulle toekom.

*Mnr die Speaker, Suid-Afrika staan by die kruispad. Die agb Premier s dat hy in die Afrika Renaissance van President Mbeki glo. Sonder 'n terugkeer na moraliteit sal daar geen renaissance wees nie. Die herlewing van heksery wat lei tot kindermoord, gewettigde aborsie, pornografie, dobbelary wat gesinne vernietig, uitkoms gerigte in plaas van waarde gerigte onderwys in skole, rassekwotas in plaas van meriete in die werkplek, situasie-etiek, die ontwapening van wetsgehoorsame burgers en die vlaag van misdaad en geweld is nie bevorderlik vir die samelewing nie.

Die wesenlike vertrekpunt van humanisme is dat die mens basies goed is en dat regeringsbeleid nie meer nodig is om te bepaal wat reg is nie, maar wat gewild is.

Kan ons in hierdie provinsie aanhou om trots te wees as die Kaap die Homoseksuele Hoofstad van die wreld, die Pedofilie Hoofstad van die wreld, die Verkragtingshoofstad van die wreld geword het, en ons dit nou die Dobbelhoofstad van die wreld wil maak? Wat op aarde is aan die gang? Die ACDP glo dat ons dringend 'n regering nodig het wat verstaan dat ons nie uit 'n toestand van chaos kan herbou en heropbou nie. Ons gesinne en kerke moet die nuwe geslag opvoed oor wat reg en wat verkeerd is, en om morele en etiese kodes by hulle in te skerp. Ons moet ons kinders leer om 'n vraagstuk in hul lewens te benader met die vraag: is dit reg, in plaas van, is dit wettig?

Volgens die beroemde historikus Argot Tomby blyk die Westerse beskawing gedoem te wees om die vorige 19 van 21 beskawings te volg wat van binne ineengestort het - nie vanwe konflik van buite nie, maar omdat hulle van hul morele fondamente afgewyk het.

Mnr die Speaker, ons moet die nuwe term, "die nuwe Suid-Afrika", vergeet. Wat ons nodig het, is 'n nuwe beskawing. Die wreldse humanistiese pad waarop ons ons bevind, is vir ons as Suid-Afrikaners vreemd, en dit is op 'n listige wyse in ons gemeenskap ingebring, vermom omdat dit die naam van gelykheid en nie-diskriminasie het.

Die keuse bly ons keuse; hervorming of renaissance. As ons wil wen, is dit die uitdaging vir ons.

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, 'n uiters kritiese oomblik het aangebreek in die lewe van die Wes-Kaap en di van sy mense in die besonder. Groot seremonie, blad skud, die uitruil van wense, die flits van kameras en, dan natuurlik ook, die Openingsrede van die Premier - ja, die Provinsiale Parlement word en staan geopen.

Dinsdag, 8 Februarie 2000 lui 'n nuwe jaar en nuwe eeu in - 'n nuwe millennium is in sig. Die o van die Wes-Kaap is sterk op die agb Premier gerig. Wat sal hy op hierdie dag te kenne gee? Die pynlik smekende o van ons kinders en vroue, veral di op die Kaapse Vlakte, is op die agb Premier gerig. Vroue en kinders wat toenemend die slagoffers van geweld en misdaad geword het, pleit en smeek om sy aandag. Rooi gehuilde o; o waarin trane voortdurend en met pynlike gereeldheid opwel, is op hom gerig. 'n Vars traan rol nog so teen die wang af, soos wat die agb Premier praat.

Na al die seremonie, die koorsang en die blommemeisies moes daar hoop kom. Daar moes verligting kom. Stop misdaad, beveilig ons strate, stop ons ritte na die hospitaal en die begraafplaas - dit is die kreet op almal se lippe. Dit is ongetwyfeld een van die grootste uitdagings van ons tyd, indien nie die grootste nie.

Kom ons luister wat s die agb Premier op hierdie dag. Die ore is gespits en die o gevestig.

Terloops, mnr die Speaker, ek kon nie anders as om met die voordrag van die Openingsrede op te let dat daar nie juis groot belangstelling aan daardie kant van die Huis was nie. Daar was nie eens geesdriftige "hoor-hoors" nie. [Tussenwerpsels.] Belangstelling het eenvoudig ontbreek. Dit kan en moet inderdaad vertolk word as 'n mosie van wantroue in die agb Premier deur sy eie koukus. Die gebeure van gister wys dit inderdaad verder so uit. Ek verseker agb lede aan daardie kant van die Huis my hart gaan vir hulle oop. Ek voel dit saam met hulle. Ek was net so diep teleurgesteld.

Mnr die Speaker, ek haal vryelik aan uit die agb Premier se Rede. Hy het ges hy en sy Regering het voldoende politieke wil, maar hul hande is vasgebind. Hulle het nie die magte nie. Hulle moet volle magte kry en die geld wat daarmee saamgaan. Hulle sal die verantwoordelikheid aanvaar, maar slegs as hulle volle kapasiteit en verantwoordelikheid kry.

Wat 'n belydenis! Let veral op die agb Premier se laaste opmerking. Hy erken nou uiteindelik wat ons al lankal s, en dit is dat hy en sy Regering nie die verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Ek bedank die agb Premier dat hy dit nou uiteindelik s. Hierdie verantwoordelikheid word juis nie aanvaar nie omdat voldoende politieke wil ontbreek.

Die rekord wys soos volg: drie verskillende Ministers van Polisiediens en Gemeenskapsveiligheid in die vorige rondte; 'n gebrek aan transformasie in hierdie Provinsie, wat die Polisiediens betref; 'n string aantygings van korrupsie en rassisme wat voortdurend inkom; bronne word steeds nie voldoende aangewend in areas waar misdaad die ergste voorkom en waar die behoefte die grootste is nie; in kort, die Kaapse Vlakte brand. Ek hoop die Manenbergs, die Khayelitshas, die Blue Downs en die Guguletu's het die agb Premier gehoor. Ek hoop die Kaapse Vlakte het hom gehoor.

Van politieke wil gepraat, Thabo Mabaso het sy oog verloor by die Guguletu Polisiestasie. Komm Danils het ingegryp. Lede aan diens tydens die voorval is verplaas. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning het toegetree en die verplasing is gestuit. Ewe skielik kom die agb Minister se geheue terug en onthou hy dat hy inderdaad sekere magte en bevoegdhede het.

Mnr die Speaker, laat my die storie klaarmaak. Onlangs het die agb Minister van Onderwys by dieselfde polisiestasie gesukkel om diens te bekom. Sy het 'n groot bohaai daaroor in die media gemaak. Onmiddellik het sy die aandag van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning ontvang. Toe was daar nie 'n gebrek aan magte nie. Moet 'n mens in hierdie provinsie dan blank wees om die aandag van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning te kry? Dit is die vraag daar buite.

Hierdie voorvalle verduidelik die verhaal op die Kaapse Vlakte, maar dan word daar gepraat van "politieke wil" - sommer net so!

Meneer, kom ons kyk wat s die Cape Argus van 8 Februarie 2000. Die agb Premier word soos volg aangehaal, en dit nogal langs 'n foto van hom: "Give us our own cops." Agb lede het seker al gehoor van komm Neil van Heerden. Hy haal mos gereeld die nuus. Sy talente word gedemonstreer in kroe en op straat - vuisslanery en dronkbestuur is van die goed in sirkulasie as deel van sy curriculum vitae. Wat geweldig skok, is dat di kommissaris nog na elke voorval eenvoudig toegelaat was om rustig in die Diens voort te gaan. Dit was eers na die laaste voorval, in 'n redelike lang lys van voorvalle, wat daar daadwerklik ingegryp was.

My vraag aan die agb Premier - wat nie nou in die Huis is nie - en andere in die Wes-Kaapse Regering daarmee saam, is: as hulle nie eens een senior polisieman kan beheer nie, wat van 'n volle streekmag soos wat hulle wil h?

Die agb Premier kom nou al 'n lang pad aan - die driekamer-Parlement, die Minister van Polisiediens, en so kan ek voortgaan. Ek is seker hy en agb lede het al gehoor van Dr Death, Wouter Basson. Die agb Premier was deel van die regering in Dr Death se tyd. Hy was deel van die regering toe Dr Death Mandrax vervaardig het en dit oor die Kaapse Vlakte uitgestrooi het. Nou kom praat die agb Premier lukraak van die dwelmprobleem in die Wes-Kaap, asof hierdie hoofstuk nie deel van ons geskiedenisboek is nie. Hy blameer goedsmoeds die nasionale Regering en praat van 'n tekort aan magte.

Ek daag die agb Premier uit: aanvaar die verantwoordelikheid en neem dit verder. Dit help nie om net te kla nie. In elk geval, dit is alombekend dat wanneer beleid en aksie kortkom, dan word daar net gekla.

Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning het polities die verantwoordelikheid om leiding aan die Polisiediens in hierdie Provinsie te gee - veral morele leiding moet gegee word. Dit moet gesien word; ons mense moet dit ervaar. Belangriker nog, dit moet op 'n gelyke grondslag bereg word. Daar is baie om te vertel rondom die morele leiding van die Polisiediens in hierdie Provinsie.

Mnr die Speaker, die mense van die Wes-Kaap is in die steek gelaat het. Die agb Premier het byvoorbeeld nie een keer in sy Openingsrede na die 100-dae program verwys nie. Daar is eenvoudig weinig om te rapporteer. Die mense van die Kaap verstaan dit. Hulle het dit verstaan op 2 Junie 1999, en ek is seker - die tekens dui daarop en die ervaring bewys dit - hulle sal dit ook op 1 November 2000 verstaan. Vir die mense van die Kaap is dit duidelik dat die koalisie van weinig nut en onheilig is.

Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Mnr die Speaker, dit is vir my 'n besondere voorreg om repliek te lewer op die formidabele toespraak wat ons agb Premier verlede Dinsdag, 8 Februarie, gelewer het met die jaarlikse Opening van die Wes-Kaapse Parlement.

In sy Openingsrede het die agb Premier weer eens bewys dat hy hom nie met kleinlike, politieke moddergooiery ophou nie, maar dat hy hom uitsluitlik toespits op die belange van die inwoners van die Wes-Kaap. Ek dink die ho etiese en morele standaarde wat hy voorstaan, behoort vir ons almal as voorbeeld te dien. Ons in die Wes-Kaap is ontsettend bevoorreg om 'n waardige man soos Gerald Morkel as Premier te h.

*Gister is ons op 'n baie emosionele weergawe van ons Suid-Afrikaanse geskiedenis getrakteer. Ja, as 'n mens oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis dink, wat oor drie eeue strek, moet jy toegee dat mense uit alle sektore tydens daardie geskiedenis omgespring het, afgewyk het, op 'n onaanvaarbare wyse opgetree het of verskriklike dinge gedoen het, en alle rolspelers was daarby betrokke.

Ja, ons kom uit 'n omgewing van akute diskriminasie, vernedering, frustrasie en konflik. [Tussenwerpsels.] Maar toe anderskleuriges in hierdie land en hierdie provinsie besluit het om hul gewig by die Nuwe NP in te gooi, het ons nie toegelaat dat die geskiedenis wat ons agter die rug het ons visie belemmer om gesamentlik bymekaar te kom om iets vir 'n beter Suid-Afrika uit te werk nie; nie net vir ons nie, maar vir ons kinders en kleinkinders. [Tussenwerpsels.]

Ek wil die aandag van agb lede op die volgende vestig. Rassisme is die afgelope paar dae hier weer vreeslik onder die loep geneem. Die ANC, onder leiding van die agb Leier van die Opposisie, beweeg hoogheilig op die ho grond asof hul handjies eenvoudig skoon is van rassisme. Kom ek haal egter aan wat Lorraine Braid van Die Burger op 14 Februarie - gister - ges het. Sy s, en ek haal aan:

Rasool het met verwysing na die Premier se toespraak by die opening van die provinsiale parlement ges Morkel is slegs neerbuigend as hy praat van die provinsie se aandeel aan die Afrika-renaissance ...

Sy gaan voort deur te s:

Wanneer Morkel verwys na die migrasie van Oos-Kapenaars na die Wes-Kaap praat hy uit die hart van rassisme.

Ek haal nou die agb Leier van die Opposisie in die Wes-Kaap aan. Ek gaan voort met die aanhaling:

"Wanneer hy van Oos-Kapenaars praat, is dit 'n nuwe uitdrukking vir 'kaffers'" ...

Ek s dit is 'n skande dat so 'n uitspraak en stelling gemaak word deur iemand wat so hoogheilig is, dat hy eintlik die hoeder van rassisme is en dat dit in die koerante is vir die hele wreld om te lees. [Tussenwerpsels.]

*Mnr die Speaker, die uitslae van 'n meningsopname wat tydens 1999 deur die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing gedoen is, het 'n kristalhelder uitspraak oor die lewensgehalte en regering in die Wes-Kaap gelewer. In daardie wetenskaplike opname het 95% van die respondente in die Wes-Kaap met wie onderhoude gevoer is, aangedui dat hulle sou verkies om in die Wes-Kaap aan te bly. 'n Skamele 5% het aangedui dat hulle sou verkies om na 'n ander provinsie te trek. Hierdie oorweldigende voorkeur vir die Wes-Kaap moet ongetwyfeld genterpreteer word as 'n mosie van vertroue in die regering wat ons in hierdie Provinsie onder die Premierskap van mnr Gerald Morkel beoefen. [Tussenwerpsels.]

Ek wil graag verwys na die agb Premier se uitnodiging aan die opposisie om konstruktief betrokke te raak by regeringsaktiwiteite. Dit is 'n bekende feit in die politieke wetenskap dat die gehalte van opposisie grootliks die gehalte van die regering bepaal. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede moet luister! Ek dink die opposisie verdien 'n pluimpie vir die wyse waarop hulle die koalisieregering op hul tone hou.

Ongelukkig het die opposisie tot dusver verkies om vir die man te gaan, en nie vir die bal nie. Dit blyk baie duidelik uit die opmerkings deur die agb Leier van die Opposisie wat in Die Burger verskyn het. Dit staan daar vir almal om te lees. [Tussenwerpsels.]

*Hul persoonlike aanvalle op die agb Premier het nie baie bygedra tot beter regering in die provinsie nie. Om die waarheid te s, dit het hul geloofwaardigheid verminder. Ons sou van die opposisie verwag om 'n meer opbouende rol te vervul en om die koalisieregering te help om selfs nog meer van sy oogmerke te bereik.

Dit is nou maar eenmaal so dat die Wes-Kaap die ander provinsies sleg in die skadu stel. Die agb Premier het 'n hele reeks statistiek aangehaal. So byvoorbeeld het die Wes-Kaap die laagste werkloosheidsyfer van al die provinsies. [Tussenwerpsels.] Ons werkloosheidsyfer van 17,9% is die helfte van die nasionale gemiddelde. Nie dat hierdie stukkie statistiek beteken dat ons op ons louere moet rus nie. Werkloosheid is en bly 'n onaanvaarbare ekonomiese verskynsel. Ek glo dat ons die beste breinkrag in die provinsie moet inspan om nuwe werkgeleenthede te skep. Die stigter van die wreldberoemde MicroSoft-maatskappy, Bill Gates, gaan tot groot uiterstes om te verseker dat sy maatskappy denkers ruimskoots beloon. Nuwe idees om werk te skep en dit in stand te hou, moet ook hier ter plaatse gegenereer en beloon word.

*Dus is die stimulasie van werkskeppingsinisiatiewe een van ons prioriteite vir die jaar 2000, met 'n spesiale fokus op die jeug, gestremdes en vroue. [Tussenwerpsels.] Met hierdie doel voor o het die agb Premier die werkgeleenthede in die toerisme-, kleinhandel- en dienstesektore opgenoem, wat geleenthede vir die jeug, gestremdes en vroue behoort in te sluit. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, verder moet ons die agb Premier loof vir sy visie om die registrasieproses vir die munisipale verkiesings met provinsiale fondse te bevorder. Ek glo dat selfs die opposisie hul gewig sal ingooi om hierdie proses te laat werk sodat die Wes-Kaap die vrugte kan pluk van 'n ware verteenwoordigende demokrasie. [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, ek weet ek is hul ergste nagmerrie. [Tussenwerpsels.]

*Ek wil ook graag die agb Premier se inisiatief om 'n elektroniese demokrasie in die Wes-Kaap te vestig, ondersteun ... [Tussenwerpsels.] ... en ek sal daardie agb lede se ergste nagmerrie bly. Ek dink dit het vir ons tyd geword om die nuwe kommunikasiemiddele wat vrylik op die gebied van inligtingstegnologie beskikbaar is, aan te wend. Deur middel van elektroniese pos en kennisgewingborde sal die geleentheid aan die burgers van die Wes-Kaap gebied word om deel te neem aan die beleidsformulerings- en wetgewende prosesse. Dit is definitief 'n stap in die regte rigting.

Mnr die Speaker, die Witskrif oor 'n Gentegreerde Strategie vir Gestremdes bepaal, en ek haal aan:

Communication is an important aspect of access to public services, be it schools, hospitals, transport systems, police stations, emergency services or the electoral process. Access to communication, therefore, forms an integral part of the equalisation of opportunities for people with communication disabilities, such as deaf people, people with speech disabilities and people with visual disabilities.

Ek wil die agb Premier en die Speaker van die Provinsiale Parlement graag bedank omdat hulle toegelaat het dat die Openingsrede van die agb Premier in gebaretaal getolk word. Dit is 'n eerste vir hierdie Regering, en ons hoop dat dit die weg sal baan vir soortgelyke inisiatiewe in die toekoms. [Tussenwerpsels.]

Op die gebied van beleidsontwikkeling wil ek 'n lansie breek vir die medeleier van die koalisieregering, die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme. Hy verdien 'n pluimpie vir die reuse-werk wat hy doen om 'n toerismebeleid vir hierdie provinsie te vestig. Ek dink ons almal kan by hom leer hoe om 'n beleidomskrywingsproses aan te pak. Sy inisiatiewe op die gebied van toerisme en die vestiging van 'n kennisekonomie in die Wes-Kaap gaan vir ons mooi provinsie nog baie werkgeleenthede oplewer. Ek wil hom verseker dat sy pogings nie ongesiens verbygaan nie, en beslis nie deur my drie lessenaars nie.

*Die agb Premier het in sy Openingsrede die behoefte beklemtoon aan 'n realistiese begrotingstoewysing tussen die sosiale en ekonomiese sektore. Om dit te bereik, kan ons nie die behoefte aan gentegreerde interdepartementele, intersektorale sosio-ekonomiese opheffingsprojekte en -programme oorbeklemtoon nie. Met hierdie doel voor o wil ons graag 'n transformasie-, geslags-, gestremde-, jeug- en Vigs-sensitiewe begroting aanmoedig. Ek herhaal, met hierdie doel voor o wil ons graag 'n transformasie-, geslags-, gestremde-, jeug- en Vigs-sensitiewe begroting aanmoedig.

Wat die gebied van bejaardesorg betref, wil ek graag die volgende uitlig. Ek pleit by die agb Premier om 'n diepgaande ondersoek te onderneem na die lewensomstandighede van ons bejaardes, veral in inrigtings wat deur ons Regering gesubsidieer word, en om saam te werk met gemeenskapstrukture om maniere te vind om die lot van hierdie behoeftige, maar altyd trotse, senior burgers te verlig. [Tyd verstreke.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, in sy Openingsrede het die agb Premier die kwessie van kieserregistrasie opgehaal. Ek wil graag uit sy toespraak aanhaal:

My Administrasie, in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die Onafhanklike Verkiesingskommissie, is betrokke by vanjaar se belangrikste projek - Plaaslike Verkiesing 2000.

Ek wil beklemtoon dat die agb Premier ges het di projek is sy Regering se belangrikste projek vanjaar. [Tussenwerpsels.] Ek gaan voort:

Hierdie projek se doel is om die sowat 1 miljoen gevestigde mense in die Provinsie Wes-Kaap te help wat nog nie as kiesers geregistreer is nie.

*Mnr die Speaker, dit is vir my aangenaam om vandag aan te kondig dat die hoof van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die Wes-Kaap, eerw Courtney Sampson, hier is en na hierdie debat luister, want daar is verskeie belangrike sake wat ons dink hy in oorweging behoort te neem in die uitvoering van sy pligte.

Die OVK is een van die belangrikste instellings waarna in ons Grondwet verwys word. Dit word gelys onder daardie onafhanklike instellings wat veronderstel is om grondwetlike demokrasie in hierdie land te beskerm en te versterk. In hierdie debat is daar veel ges oor die kwessie van die beskerming van ons veelparty demokrasie. Natuurlik is die ANC die organisasie wat die stryd gelei het om demokrasie in die land in te stel.

*Die PREMIER: U raak bang, nie waar nie?

*Mnr M OZINSKY: Nee, ons is hoegenaamd nie bang nie. Ons het daardie stryd gelei en gestry. Party van ons mees geliefde kamerade het hul lewens in daardie stryd opgeoffer, terwyl die ander kant van die Huis besig was om apartheid en 'n ongrondwetlike regime te verdedig. [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: En u? Was u daar?

*Mnr M OZINSKY: Ek was ondergronds, ek was in ballingskap en ek is deur die agb Premier se Veiligheidspolisie gejag. Waar was hy toe? [Tussenwerpsels.] Waar was hy om my regte te beskerm?

Mnr die Speaker, die sleutelpunt wat ek maak, is dat die OVK veronderstel is om 'n onafhanklike struktuur te wees wat in beheer van verkiesings in hierdie land is. [Tussenwerpsels.] Hulle is vandag hier.

'n AGB LID: Het u hulle uitgenooi?

Mnr M OZINSKY: Nee, ons het hulle nie uitgenooi nie.
Mnr die Speaker, wat vir ons kommer wek, is dat stappe waarmee die Regering besig is, soos in die agb Premier se Rede uiteengesit, ernstig inbreuk maak op die onafhanklikheid van die OVK, soos in die Grondwet bepaal. Die Grondwet is heeltemal duidelik hieromtrent. Ek haal aan uit artikel 181(2) ter wille van daardie agb lede wat dit nie voor hulle het nie:

Hierdie instellings is onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees en hul bevoegdhede en funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uitoefen en verrig.

Dit is ons standpunt dat indien die Kantoor van die Premier, saam met die Kantoor van die Direkteur-generaal, met die proses van kieserregistrasie sou inmeng, die OVK nie in staat sou wees om sy funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel te verrig nie.

Artikel 181(3) bepaal dan, en dit is waarskynlik die belangrikste stuk advies waaraan die Regering gehoor behoort te gee:

Ander staatsorgane moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander maatrels bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.

Wat die Regering wil doen, is om met die onpartydigheid in te meng.

Mnr N M ISAACS: Nou wat probeer jy s? Ons het mos nie 'n probleem daarmee nie! Waarom betrek jy die OVK nou by 'n politieke debat?

*Mnr M OZINSKY: Ter wille van die agb lid mnr Isaacs, indien die Provinsiale Regering sake rakende kieserregistrasie wil hanteer, ...

Mnr N M ISAACS: Waarom maak julle politiek uit die OVK

*Mnr M OZINSKY: ... en kieserregistrasie is duidelik 'n saak wat deur die OVK bestuur moet word, ...

*Mnr N M ISAACS: Die OVK moet onafhanklik bly.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Mnr M OZINSKY: ... dan behoort hulle nie veldtogte oor kieserregistrasie te voer nie. [Tussenwerpsels.] Die Provinsiale Regering behoort geld aan die OVK te gee - en ons stem saam dat hierdie geld gegee behoort te word - sodat ons kan verseker dat dit op 'n onpartydige en billike wyse gebruik sal word.

Mnr N M ISAACS: Maar ons gaan nie Zimbabwe toe met die geld nie!

*Mnr M OZINSKY: Om die waarheid te s, dit is presies dieselfde advies wat aan die Regering gegee is deur sy regsadviseurs. In sy regsmening aan die Regering oor die kwessie van hoe hulle kieserregistrasie behoort te hanteer, s adv Heunis in artikel 16:

Returning to the facts of the present case, the IEC must be regarded as being constitutionally and statutorily permitted to request assistance with tasks like voter registration and voter education, as well as with the planning and running of the election.

Die klem van adv Heunis se advies l op die feit dat die OVK sodanige bystand moet versoek.

In die debat gister het ek die agb Premier gevra of die OVK sodanige bystand versoek het en hy het nie die vraag beantwoord nie. Hy het geweier om, "Ja, die OVK het bystand versoek", of, "Nee, hulle het nie", te s. Dit is ons standpunt dat die OVK inderdaad nie bystand versoek het nie. Die OVK kan s, nadat die Provinsiale Regering ges het dat hulle 'n veldtog gaan h, dat hulle nie 'n probleem daarmee het nie, maar die punt wat ons maak, is dat die regsadvies was dat die OVK die bystand moet aanvra, andersins sou die bystand inbreuk maak op die onpartydigheid en regverdigheid van die verkiesing.

Ek haal weer uit adv Heunis se advies aan:

... the IEC must be regarded as being constitutionally and statutorily permitted to request assistance with tasks like voter registration ...

Sodanige versoek is nie ontvang nie. Die beroep wat ons kant van die Huis op die OVK doen, deur eerw Sampson, is dat ons nie op die verkeerde voet met hierdie verkiesings moet wegspring nie. Laat ons nie begin met 'n proses waar die verkiesingsuitslae ten opsigte van die regverdigheid en onpartydigheid daarvan bevraagteken kan word, selfs nog voordat ons die verkiesing binnegaan nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, as 'n mens na die werklike veldtog kyk waarvoor die Regering besig is om voor te berei, is daar baie ernstige probleme. Ons eerste argument is dat die veldtog direk uit die Kantoor van die Premier bestuur word, deur die Direkteur-generaal. [Tussenwerpsels.] Sleutelamptenare in die Kantoor van die Premier en die Kantoor van die Direkteur-generaal beheer hierdie veldtog.

Ek wil die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme vra wat die reaksie van sy party sou wees indien die President, kameraad Thabo Mbeki, 'n amptenaar in sy Kantoor sou aanstel om 'n kieserregistrasieveldtog te beheer.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Dit is presies wat hy verlede jaar gedoen het, jou huigelaar! Dit is presies wat hy gedoen het!

*Mnr M OZINSKY: Die agb Minister is nie reg nie.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Gaan sit net en bly stil!

*Mnr M OZINSKY: Die regsmening wat aan die Regering gegee is, maak dit baie duidelik dat die Regering, indien deur die OVK versoek, bystand mag verleen. Die regsmening wat deur die Regering van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme is, s dat die Regering heeltemal binne hul regte was om te vra dat vrywilligers hulle moet bystaan.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Is u bereid om Michael Sutcliffe as hoof van die Afbakeningsraad te ontslaan? Nee, u is nie!

*Mnr M OZINSKY: Ter wille van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme, die vraag is dus of ...

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Is u bereid om Brigalia Bam te ontslaan? Nee, u is nie!

*Mnr M OZINSKY: ... [Onhoorbaar.] ... nasionale vlak ... [Onhoorbaar.] ... die DP, die Regering in die Provinsie presies dieselfde ding doen ... [Onhoorbaar.] ...

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: U is 'n huigelaar!

*Mnr M OZINSKY: ... klopdisselboom. [Tyd verstreke.]

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister sal dit moet terugtrek. Hy kan dit nie doen aan 'n lid wat besig is met 'n toespraak nie. Die agb Minister sal sy stelling moet terugtrek.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek weet nie wat ek moet terugtrek nie, maar ek sal dit met graagte doen.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister weet baie goed wat hy teruggetrek het.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, daar is 'n versoek dat die man moet herhaal wat hy ges het.

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid moet voortgaan met sy toespraak, of ek sien die volgende agb lid. [Gelag.]

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ten eerste wil ek my dank teenoor die agb Premier uitspreek en hom gelukwens met sy Openingsrede vir die Tweede Sessie van die Tweede Parlement van die Provinsie Wes-Kaap.

Voordat ek reageer op wat daardie agb lid ook al ges het, wil ek 'n paar stellings maak. Daar word ges dat die goeie regering van 'n land gegrond word op, of gevorm word deur, vyf of ses pilare. Dit is die volgende, en nie noodwendig in volgorde van belangrikheid nie: finansies, ekonomiese sake, maatskaplike dienste, onderwys en veiligheid en sekuriteit. Aan hierdie bene van 'n regering word hy getoets en hy moet gedurig na aanleiding van hierdie bene onder die soeklig geplaas word.

Die sukses van goeie regering word gestruktureer deur en gemeet aan die noukeurige ondersoek van hierdie pilare. Toe ek die Openingsrede van die agb Premier bestudeer het, het ek in die versoeking gekom om die sukses van die Provinsie aan hierdie pilare te meet.

Wat ons finansile beheermaatrels betref, is ek van mening dat die beheer oor die finansies van die Provinsie goed en bevredigend is. Natuurlik sal die ANC my nie ondersteun nie, maar as ons onsself aan die ander ANC-beheerde provinsies meet, sal hulle in hul diepste wese met my moet saamstem dat hierdie Provinsie se finansies in 'n goeie toestand verkeer.

Hoewel ons ekonomiese sake in die hande van die DP is, ons koalisievennoot, doen die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme sy bes om 'n sukses daarvan te maak. Daar is altyd ruimte vir verbetering, wat toerisme en sakebestuur betref. Ek is van mening dat daar nie genoeg gedoen word ten opsigte van werkskepping nie, maar ons weet vir 'n feit dat ons land onder die vloek van werkloosheid gebuk gaan. Kyk hoe stil is hulle, want dit is hulle wat dit veroorsaak! Ons weet almal dat die werkloosheidsyfer in die omgewing van 35% tot 40% is. Ek vertrou dat die voorspellings van Wesgro bewaarheid sal word en dat dit nie net le woorde sal wees nie. Ons sien reeds dat duisende matrikulante deur die strate swerf en probeer om werk te kry.

Dan moet ons goeie regering meet aan die verskaffing van maatskaplike dienste of gemeenskapsverwante dienste. Ek verwys nie net na maatskaplike toelaes nie, maar ook na die behuisingsaspek, want dit val alles binne die bestek van maatskaplike dienste. Dit is op hierdie pilaar wat die maatskaplike onderbou van 'n gemeenskap gevorm word. As daar nie goed gesorg word vir die maatskaplike aspek nie, sal dit aanleiding gee tot verskeie maatskaplike probleme. Hiervan het ons baie. Ek wens dat die Kabinet dit prioriteit no 1 wil maak.

Ons jeug gaan ten gronde. Daar is oneindig baie jeugdiges daar buite wat worstel met sosiale probleme. Ons sit met jeugmisdaad, straatkinders, dwelms en Vigs. Daar is 'n hele lys wat ons kan aanhaal. Ons sit ook met ho syfers van mense met tering. Ek is egter seker dat die Wes-Kaapse Kabinet nie hierdie dinge sal laat verbygaan nie.

Ek maak nie die beskuldiging dat daar niks gedoen word nie. Ek vra net vir 'n meer energieke, lewenskragtige en aggressiewe program. As die jeug ten gronde gaan, dan gaan 'n volk ten gronde. 'n Jeug met 'n lae moraliteit lei tot 'n volk met lae morele waardes.

Die vierde been is onderwys. Die onderwysprobleem kom al aan van die dae van die driekamerstelsel. Dit kom van die dae toe onderwysers langs die pad gestaan het met plakkate wat lui, "Don't interfere with my bread." Ek kan nie glo dat ons vandag met klasse van 64 kinders het nie. In die driekamerstelsel het ons 30 kinders vir elke onderwyser het. Sedertdien het die situasie versleg. [Tussenwerpsels.] Gaan kyk na ons skole. By elke skool is daar twee of drie le klaskamers. By elke skool word daar van tyd tot tyd onderwysers afgedank. Dit is 'n jammerte dat 'n onderwyser met 60 tot 70 kinders in 'n klas moet sukkel. Duisende van die onderwysers wat destyds hierdie Regering bygestaan het, het 'n klap in die gesig gekry. Hulle loop vandag in die straat rond.

Mnr A ISMAIL: Nou kom Kader weer terug!

Mnr N M ISAACS: Nou kom die nasionale Minister van Onderwys. Ek hoop hy het 'n Damaskus-ervaring gehad en besef nou dat ons besig is om ten gronde te gaan.

Ek wens die agb Premier geluk met die aanstelling van me Helen Zille as Minister van Onderwys, veral oor die sukses wat sy tot dusver behaal het. Ek moet vir haar 'n lansie breek. Sy skroom nie en weier om te wankel voor die druk van die ANC. Sy herinner my aan Helena van Troye. [Tussenwerpsels.]

Een van my versoeke is dat wanneer daar beloftes aan skole gemaak word, hoe gering ook al, dit nie le beloftes moet wees nie. Ons kom al 'n lang pad saam met 'n onderwysdepartement wat almal op hol jaag met beloftes wat op uiteindelik net le beloftes is.

*Mnr die Speaker, die vyfde pilaar is veiligheid en sekuriteit. Ek het gister geluister om te sien of die ANC dit sou ondersoek, maar al wat hulle gedoen het, was om te kritiseer en te kyk watter middele ons met betrekking tot veiligheid en sekuriteit het. Ek onthou dat ons in die Provinsiale Regering in een stadium die saak na die Konstitusionele Hof geneem het. Ons het die insig gehad om te besef dat, tensy meer bevoegdhede aan ons polisie verleen word, hulle daar sal sit soos tandelose bulhonde. Gee daardie bevoegdhede aan die polisie. Gee aan die Provinsie daardie gesag. Gee aan die Provinsie die spierkrag wat hy nodig het, sover dit veiligheid en sekuriteit betref.

Dit is snaaks hoe dinge verander. Die agb Minister wat daarvoor gestry het, sit vandag aan die ander kant en hy kritiseer dit. [Tussenwerpsels.] Hy lek net sy lippe af. In Animal Farm, toe die diere die plaas oorgeneem het, het die vark wat die leier geword het, onmiddellik die boer se bulhonde ontplooi en langs hom laat sit. As 'n mens nie sekuriteit en wetstoepassing het nie, kan jy nie die wed op die sukses van elk van die programme wat jy in werking wil stel nie. 'n Mens kan nie in 'n wettelose staat enige veranderings aanbring nie.

Ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gelukwens met sy onselfsugtige pogings om 'n sukses van veiligheid en sekuriteit te maak. Sy deeglike en hardwerkende benadering tot hierdie belangrike portefeulje gaan nie ongemerk verby nie, en boonop met 'n beperkte begroting.

*Mnr G R STRACHAN: Hy is nie hier nie.

*Mnr N M ISAACS: Die agb lid mnr Strachan moenie bekommerd wees nie. Hy luister my af. Tans word ons gekortwiek deur misdaad, korrupsie en stedelike terreur. Nogtans, selfs met so min middele tot sy beskikking, het die agb Minister daarin geslaag om te help om goeie regering in die Wes-Kaap te hou. Ek vertrou dat ons binnekort die vrugte sal geniet van verskeie spitsberade wat hy oor die afgelope ses maande genisieer het en dat Chrysalis die vrugte van sy edele oogmerke sal dra.

Ek wil 'n ernstige beroep op alle verantwoordelike openbare verteenwoordigers doen. As dit by veiligheid en sekuriteit kom, moet ons eerlik wees met mekaar en partypolitiek opsy skuif. Ons moet hande vat in die stryd teen misdaad en van die Wes-Kaap die beste provinsie maak.

Mnr die Speaker, ons word altyd daarvan beskuldig dat ons nie goed vaar ten opsigte van die ANC se barometer van deursigtigheid, rekenpligtigheid en transformasie nie. As ons toesien dat daardie elemente aanwesig is, bring hulle integrasie by. As hulle ons daaraan meet, sal hulle nie vind dat ons tekort skiet nie.

Ek wil op die agb lid mnr Ozinsky reageer. Dit is 'n absolute skande dat hy die OVK gebruik het en hulle by politiek betrek het. [Tussenwerpsels.] As die OVK bevind dat daar enige onrelmatighede is, het hulle die reg om beswaar aan te teken en hulle tot die hof te wend. Die OVK is 'n onafhanklike liggaam. Indien die OVK, as 'n onafhanklike liggaam, nie verwerp wat die Wes-Kaap gedoen het nie, wie is daardie agb lid om iets daaromtrent te s?

*Mnr M OZINSKY: Het hulle dit versoek?

Mnr N M ISAACS: As die OVK dink daar was onrelmatigheid of inmenging, hoekom het hy nie genoeg ruggraat om te s ons is besig om in te meng nie? [Tussenwerpsels.]

Die skande van die dag is dat daardie agb lid die OVK in 'n politieke debat betrek en die OVK laat hom deur daardie agb lei. Hoe kan die OVK aan die neus gelei word om deel te word van 'n politieke debat?

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb lid mnr Ozinsky het nooit in sy verwysings ges dat hy die OVK hierheen genooi het nie. Trouens, hy het ges hy het nie.

Die SPEAKER: Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie. Dit is 'n mening wat die agb lid mnr Isaacs uitspreek. Hy kan die saak stel soos hy dit graag wil doen. Al het die agb lid mnr Ozinsky bepaalde standpunte gestel, sal dit in 'n debat reggestel moet word en nie by wyse van 'n punt van orde nie. Dit spyt my, maar die agb lid mnr Isaacs se tyd is verstreke.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van opklaring: ...

*Die SPEAKER: Orde! 'n Agb lid mag slegs 'n punt van orde stel. Ek sou egter graag wou hoor wat die agb lid mnr Ozinsky te s het.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n persoonlike verduideliking gee. Ek het gemerk ...

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Daar is 'n manier waarop persoonlike verduidelikings hanteer word. Ons is tans besig met 'n debat en die party van die agb lid het nog ander sprekers oor. Dit sal op die voorgeskrewe wyse gedoen moet word; andersins sal die agb lid die Speaker moet nader. Die agb lid me Ntwantanambi mag voortgaan.

*Me N NTWANAMBI: Mnr die Speaker, ek sal u moet leer om my van korrek uit te spreek!

Mnr R J KING: S dit vir ons.

*Me N NTWANAMBI: Ntwanambi.

*Die SPEAKER: Ja.

*Me N NTWANAMBI: Mnr Uys kan u leer hoe om my naam uit te spreek. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Ntwanambi.
*Me N NTWANAMBI: Mnr die Speaker, dit het my verras dat studente verlede Dinsdag uit hul klaskamers geneem is om 'n erewag vir die agb Premier te vorm. 'n Paar maande gelede, toe onderwysers 'n item in die Burgersentrum opgevoer het, is hulle deur die agb Minister van Onderwys berispe. Ongelukkig is die agb Minister van Onderwys nie tans in die Huis teenwoordig nie, maar die ander agb lede kan dit aan haar s.

Die agb Minister van Onderwys is weer besig om 'n skool in Guguletu te verdeel. Sy stel nou haar eie komitee as die beheerliggaam vir daardie skool aan. Sy beweeg tussen Kaapstad en Guguletu, wat lei tot onenigheid by daardie laerskool. Die agb Minister, en niemand anders nie, moet geblameer word vir die gebrek aan gehalte onderwys in daardie skool.

Mnr die Speaker, die agb Premier het ges dat die Wes-Kaap 'n pragtige provinsie is - ja, dit is, maar vir wie? Dit is net vir die minderheid 'n mooi provinsie, en ek wil graag aan die agb Premier s waarom ek dit s. Waarom word grond nie in die Blaauwberg munisipale gebied beskikbaar gestel vir laekostebehuising nie? Waarom word mense genooi om huise in daardie munisipale gebied te bou, meer as in enige ander munisipale gebied as in die Kaapse metropolitaanse gebied? Waarom word strande slegs vir sekere dele van die bevolking uitgehou en waarom moet party betaal en ander nie? Hierdie geriewe behoort aan ons almal, nie net aan 'n sekere paar wat in Table View of waar ook al woon nie.

Mnr die Speaker, die agb Premier het geen melding van die MIV/Vigs-epidemie in hierdie provinsie gemaak nie. Mense van die provinsie is besig om aan MIV/Vigs-verwante siektes te sterf. 'n Mens kan nie maak asof jy dit nie raaksien as mense doodgaan nie. Dit is ongelukkig dat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme ges het dat dit niemand se verantwoordelikheid is nie. Ek wens hy wil dit aan die arm mense s, want hy het aangehou om die armes te noem.

Ek wonder of die agb Minister weet wat dit beteken om arm te wees. Ons praat van die armes, want ons weet wat dit is om arm te wees. Ons is in arm gebiede gebore en ons is die beste wanneer dit kom by weet wat armoede is - nie die agb Minister nie.

Die agb Premier wil provinsiale polisiringsbevoegdhede h sodat hy kan aanhou om sy eie veiligheid en di van sy kliek te verseker. Die waarheid van die saak is dat indien 'n mens na die ontleding kyk van watter gebiede tans goed deur die polisie bedien word, daar 30 aan Seepunt toegeken sou wees en 10 aan Guguletu. Ons moet dit regstel, en dan kan ons aangaan met die debat oor sekuriteit. Alle burgers van die provinsie moet sekuriteit geniet, nie net diegene wat in die beter gebiede woon nie. Sekuriteit is die nodigste in die agtergeblewe gebiede, nie in die bevoorregte gebiede nie.

Na die tornado in Augustus verlede jaar het die agb Premier Manenberg en Surrey Landgoed besoek. Het hy van Guguletu vergeet, of was dit omdat niemand in Guguletu vir hom gestem het nie? Was dit sy idee dat die media slegs op Manenberg moes konsentreer? Tambo Village is langs Manenberg - hulle is iets soos 5 meter weg van mekaar. Daar was geen besoek aan daardie gebied nie. As 'n mens na Guguletu wou gaan, sou jy nog 'n brug moes oorsteek; maar wat van die huise reg langsaan Manenberg?

Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier graag vra waarom hy aanhou om die mense van die provinsie te verdeel. Waarom het hy na die omstandighede van so min mense gekyk? Waarom het hy nie na die omstandighede van al die slagoffers van die tornado gekyk nie? Ek praat, want ek is ook geraak. Ons het nie nou 'n huis nie. Dit is onregverdig om mense te verdeel. Die agb Premier behoort die leier van al die mense te wees, nie die leier van 'n paar nie.

Dit is 'n grap as 'n agb lid na 'n "veelparty demokrasie" verwys as daardie agb lede die meerderheid uitgesluit het en besluit om die pre-1994 koers in te slaan. Ek weier om te aanvaar dat hul koalisieregering in die belang van die armes en die werkersklas van die provinsie is; dit is nie. Dit is ook nie waar dat die koalisie goed werk nie - hulle is verdeeld. Hulle steek weg wat ons weet. Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het aangehou om 'n beroep op die mense op die galery te doen, in plaas van om die Huis toe te spreek, want hy wou gehad het dat die gehoor hom moes hoor toe hy ges het dat hulle hul bes doen; hulle het nog niks gedoen nie. Ons moet nog sien watter werk deur hulle verrig is!

As die koalisie nie verdeeld is nie, waarom het die Sunday Times berig dat hy sy Ministers na 'n spesiale vergadering geroep, en 'n paar uur later is die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding ontslaan? [Tussenwerpsels.] Waarom?

Ek is 'n te trotse Suid-Afrikaner om teen enigiemand van enige provinsie te diskrimineer. As hulle Kap ... - wat noem hulle dit?

AGB LEDE: Kapenaars.

Me N NTWANAMBI: Kapenaars. As hulle Kapenaars is, beteken dit dat hulle geen ander persoon as hul Kapenaars hier wil h nie. [Tussenwerpsels.] Terwyl ander provinsies, soos die Noordelike Provinsie en die Oos-Kaap, met hul apartheid-tuislande moes saamsmelt, is die Wes-Kaap nie daardeur geraak nie, omdat dit reeds as 'n blanke tuisland gebruik was. Dit het al die hulpbronne gehad. [Tussenwerpsels.] Ja, dit was so. Onthou daardie agb lede die soort huise wat hulle vir ons, die Afrikane, in hierdie provinsie gebou het? Ons was verplig om in treinwaens te woon, terwyl hulle vir hulself huise gebou het. Hoe kan ons dit vergeet?

Hulle weet dat hulle steeds seker maak dat hierdie provinsie aan hulle behoort. Ons wil aan hulle bewys dat die Wes-Kaapse mense tydens die Junie 1999-verkiesing gewys het dat hulle deur die ANC regeer wil word. Dit is slegs vanwe die koalisie dat hulle nou die provinsie regeer. Hulle het nie die verkiesing gewen nie. Die ANC het die vorige verkiesing gewen - nie die Nuwe NP nie, nie die DP nie en nie hul ander boesemvriende, soos die ACDP, nie. Hulle sal nie weer wen nie; ons sal hulle wys. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, dit is jammer dat ... [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb lid moet toegelaat word om met haar toespraak voort te gaan.

*Me N NTWANAMBI: Mnr die Speaker, dit is jammer dat die agb Minister van Behuising in sy toespraak weer na een spesifieke bevolkingsgroep verwys het. Ander mense is aangemoedig om huise in die provinsie te koop.

Laastens, in ander provinsies is daar kantore vir die status van vroue in die Kantoor van die Premier. Waarom het ons dit nie tot dusver in hierdie Provinsie gehad nie? Die agb Minister in die Kantoor van die Premier het ges dat sy direkteurs aangestel het; direkteurs om wat te doen? Waar is hul sakeplan? Watter soort kommunikasie het sy met die vroue van hierdie provinsie? Wanneer het die agb Minister met ons gekommunikeer? [Tussenwerpsels.] Hulle doen dit nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag 'n punt van orde ophaal ingevolge Rel 69(1) van die Reglement, wat bepaal, en ek haal aan:

'n Verduideliking tydens 'n debat word toegelaat slegs indien 'n wesenlike deel van 'n lid se toespraak verkeerd aangehaal of misverstaan is, maar so 'n lid word nie toegelaat om nuwe sake aan te roer nie, en geen debat word oor die verduideliking toegelaat nie.

Mnr die Speaker, ek dink dat dit wel van toepassing is op die punt wat ek graag wil maak, as u my sal toelaat.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid sal dit eers met die Stoel moet uitklaar. Hy sal begryp dat indien ons lede toelaat om self te besluit wanneer hulle tydens 'n debat wil opstaan om iets reg te stel wat hulle ges het, ons eindelose punte van verduideliking sou h. Ek sal die agb lid toelaat om my oor die middagete-tydperk te kontak, en ons sal dan besluit, op grond van die inligting wat hy aan die Stoel beskikbaar stel, of ek hom sal toelaat om 'n verduideliking te gee.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, hierdie koalisieregering werk. [Tussenwerpsels.] Hierdie koalisieregering werk goed. Die mandaat van hierdie Regering is om aan die mense te lewer en ek glo vas dat ons besig is om daardie mandaat uit te voer.

Ons rekord van lewering is inderdaad so sterk dat die ANC nie sy aanval op hierdie aspek toegespits het nie, maar sy visiere daarop ingestel het om die koalisie deur rassistiese retoriek te verbreek. Ons ervaar reeds betekenisvolle nuwe steun van die gemeenskap vir die koalisieregering, gegrond op ons vertoning oor net ses maande. [Tussenwerpsels.] Die onlangse ondersteuning en lidmaatskap van prominente Moslems is 'n aanduiding hiervan. Spits die ANC hom miskien daarop toe om die koalisie te verbreek omdat hy bang is om selfs nog meer steun te verloor as gevolg van die vertoning van hierdie Regering?

Mnr die Speaker, mense ontvang reeds tasbare voordele van die Regering op 'n wyse waarop hulle dit nooit voorheen ontvang het nie, selfs toe dit 'n Regering van Provinsiale Eenheid was. In Omgewingsake alleen sal R850 000 aan toerisme-ontwikkeling langs die Weskus bestee word, R75 000 is toegeken aan 'n soortgelyke projek by De Hoop aan die ooskus en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad sal onafhanklik optree en toegelaat word om 'n inkomsteskeppende instelling te word, wat indiensneming en toerismegeleenthede sal bevorder.

In kultuur is transformasie aan die orde van die dag. Vanjaar alleen sal ons drie biblioteekprojekte in minderbevoorregte gebiede buite die stadsgebied van Kaapstad voltooi. Die Wes-Kaapse Kulturele Kommissie en die Wes-Kaap Taalkommissie is ingestel en hulle het die mandaat gekry om die begroting te bestuur wat ons aan kulturele en taalkwessies sal bestee. Hierdie kommissies weerspiel die demografie van die provinsie en sal verantwoordelike regering verseker. Die 30 000 mense wat by die onlangse Kaapse Klopse Karnaval betrokke was, sal dit beaam. Die Omgewingskommissaris sal tydens die termyn van hierdie Regering aangestel word.

Mnr die Speaker, sterker klem op omgewingskwessies is noodsaaklik. Die natuurlike omgewing van hierdie provinsie is sy mees waardevolle bate, maar die Omgewingsportefeulje word ernstig onderbefonds. Dit het tyd geword dat daar 'n verbintenis is om hierdie portefeulje op te hef van 'n aspoestertjie-portefeulje na een met rang en belangrikheid, wat 'n gepaste gedeelte van die begroting ontvang.

Ek het reeds 'n paradigma-verskuiwing in my portefeulje gemaak deur dit te verskuif van klem op bewaring na klem op menseregte en sosio-ekonomiese kwessies. Ingevolge die veranderinge wat op 1 April 2000 in werking sal tree, sal die bewaringsfunksie in die onafhanklike Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad vestig, wat my Ministerie met 'n groter kapasiteit sal laat om aandag te gee aan bruin kwessies en impakevaluerings. Dit is tasbare voorbeelde hierdie, wat aan die mense 'n beter lewensgehalte sal besorg.

Dit is duidelik dat ons niks het om van die kritiek van die ANC weg te steek of te vrees nie. As hulle my wil aanval omdat ek nie daarin slaag om te lewer nie, sal ek met graagte hul kritiek aanhoor en dit in berekening bring. [Tussenwerpsels.] Ek sal so ver gaan as om te s dat ek hulle sal verwelkom indien hulle met hul griewe na my kom en dat ek ernstige aandag aan hulle sal gee. Ek het dit aangedui in my toespraak toe ek my belangrikste meetbare oogmerke tydens die agb Premier se 100-dag inisiatief geskets het, en ek bly staan by hierdie oopdeur-beleid.

Mnr die Speaker, armoedeverligting kan nooit die uitsluitlike verantwoordelikheid van een Ministerie wees nie. My gesindheid, en di van my party, is dat iedere en elke agb lid van die Huis, van watter party ook al, uiteindelik die mandaat het om die lot van die mense van die Wes-Kaap te verbeter. Niemand in hierdie Huis kan s dat, omdat hulle in opposisie is, dit hul werk is om te verseker dat die Regering misluk in die verbetering van die welsyn van die mense nie. [Tussenwerpsels.] Ons het daarom 'n gemeenskaplike doelwit en gemeenskaplike oogmerke, maar ons menings, strategie, beleid en metodes om hierdie doelwitte te bereik, kan verskil. Ek respekteer dit en ek stel daarin belang om te luister.

Die koalisievennote het ook hul verskille in benadering en het nie noodwendig altyd dieselfde mening oor hoe om resultate die beste te behaal nie. In die DP erken ons dat daar verskillende regeringstyle is. Wat die styl van regering ook al is, die grondliggende beginsel bly dat dit goeie regering moet wees, en dit is wat hierdie Regering verteenwoordig.

Die mense van die Wes-Kaap is moeg vir die retoriek van die ANC. Hulle kerm aanhoudend oor rassisme, maar dan, terselfdertyd, maak hulle hulself skuldig daaraan. Dit lyk asof hulle dink dat dit in orde is om rassistiese opmerkings te maak solank hulle op 'n morele platform staan. Rassistiese opmerkings, ongeag of dit vir 'n goeie of slegte doel gemaak word, bly sleg en is swak smaak. [Tussenwerpsels.] Die ANC kerm aanhoudend daaroor dat hulle nie 'n volstrekte meerderheid gekry het nie, terwyl dit duidelik is dat die mense teen hulle gestem het. Die rede is baie eenvoudig: dit is omdat hulle die intelligensie van die kieserskorps beledig.

As daar grootskaalse korrupsie is; as hulle deur hul beleid vyandig is teenoor die indiensneming van mense en werkgeleenthede in 'n ongehoorde tempo verlore gaan; as ons vissers honger bly en moet toesien hoe hul meelopers dit alles vir hulself neem; as ons skole in duie stort as gevolg van klugtige nasionale beleid, wat nou gedeeltelik ongedaan gemaak word; as die regstelsel ineenstort; en as misdaad die voordele van menseregte en demokrasie vanwe die onbekwaamheid van die ANC tot niet maak, verwag hulle nog steeds dat ons mense vir hulle moet stem. As die mense vir ons stem, beskuldig hulle die kiesers daarvan dat hulle rassisties is, wat hulle beledig en hul intelligensie beledig. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, hierdie Regering is gebou op die geloof dat die meeste mense ons ingestem het om 'n alternatief aan hulle te verskaf. Die agb Premier se Openingsrede het daardie alternatief geskets. Die ANC se reaksie is om die intelligensie van hierdie Huis te beledig. Natuurlik weet ons dat armoedeverligting die knelpunt van die dag is. Natuurlik weet ons dat Vigs besig is om pandemies te word. Ons het dit in elke Minister se portefeulje geprioritiseer as deel van die 100-dae inisiatief, en hulle weet dit ook alte goed. [Tussenwerpsels.] Daar is ander vraagstukke waarmee hierdie Regering stry en wat ons in die Huis sal debatteer. Moet nie rassistiese retoriek gebruik om die agb Premier se Openingsrede of hierdie koalisie aan te val nie - val ons optrede aan. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, as ek mag, wil ek graag vir 'n oomblik reageer op die agb Leier van die Opposisie se toespraak gister. Hy het ges dat ons nie eens die moeite gedoen het om Langa te besoek toe die brande uitgebreek het nie. Kom ek s aan hom dat sowel die agb Premier as ek Langa besoek het. Ek het persoonlik klere en boumateriaal aan die mense van Langa geskenk. Waar was die ANC? [Tussenwerpsels.] Ek wil ook s dat die mense van Langa - die ou inwoners in die gevestigde huise - my genader het toe ek daar was en hul pleidooi teenoor my was om iets omtrent die onwettige plakkery op hul voorstoepe te doen, want daardie mense gebruik hul water en elektrisiteit. Nou, is dit rassisme? [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil afsluit deur te s dat ons almal trots is op ons provinsie. Ons is almal patriotte en trots daarop om Suid-Afrikaners te wees en ons kan almal erkenning aanvaar vir die prestasies van die Wes-Kaap. Ons erken dat 'n doeltreffende opposisie een van die belangrikste elemente van 'n doeltreffende regering en demokrasie is. Dit het tyd geword dat die ANC ophou neul oor die koalisie en 'n doeltreffende opposisie word ten einde gesonde regering in die provinsie te bevorder.

*Me M G VANTURA: Me die Speaker, wat vir my treffend is in die Openingsrede van die agb Premier is die feit dat hy by meer as een geleentheid 'n beroep op al ons burgers doen om soos wenners te dink. Hoewel ek met sy gedagtes saamstem, hoe is dit moontlik om, van waar hy sit, ons burgers aan te moedig om soos wenners te dink en op te tree, terwyl hy aan die hoof staan van 'n koalisieregering van verloorders?

Uit die inhoud van die Openingsrede van die agb Premier blyk dit baie duidelik dat die koalisieregering geen werklike plan het om werk te maak van die behoeftes van die mense of die armstes van die armes nie.

Me die Speaker, ek wil die volgende weglatings in die Openingsrede van die agb Premier beklemtoon. Ten eerste wil ek graag na kinders en die beskerming van hul regte verwys. Die agb Premier meld nrens in bre trekke kinders nie, veral nie kinders wat hulself in staatsondersteunde bewaarplekke bevind nie.

Hoewel dit lofwaardig is dat die agb Premier die probleem opgehaal het van bejaardes wat met mishandeling te kampe het, is ek bevrees dat hy die probleem waarmee hierdie kwesbare kinders te doen het, eers weer sal ophaal na nog 'n Carte Blanche-uitsending oor kindermishandeling dalk uitgesaai is.

Jare lank het ons in die ANC, in die NROs en in al ons strukture gestry vir die regte van kinders, bejaardes en gestremdes, maar daar is nie gehoor gegee aan ons oproepe nie. Ek hou rekening daarmee dat 'n sekere bedrag geld toegewys is om 'n databasis oor straatkinders daar te stel.

Ek hoop dat die inligting wat deur hierdie proses ingesamel word, sal help om die probleem te verlig en dat dit nie nog 'n slenter sal wees om geld aan navorsing te bestee om die probleem op te los nie. Organisasies soos Molo Songololo, St Patricks, Ons Plek en The Salesians is groot organisasies. Hulle doen uitstekende werk in hierdie verband en is aktief betrokke by die regstel van party van die maatskaplike onregte wat gepleeg word teen kinders, wat daagliks met kinders te doen het en moet ondersteuning van die Provinsiale Regering geniet.

Me die Speaker, die volgende punt waaraan ek wil aandag gee, is die kwessie van vroue. Hoewel die agb Premier in die algemeen na misdaad verwys het, neig hy om een aspek uit die oog te verloor, naamlik misdaad teen vroue. Dit het 'n nasionale probleem geword, maar veral in die Wes-Kaap, waar die hoogste getal verkragtings- en huishoudelike geweldsvoorvalle plaasvind.

Traumasentrums vir verkragtingslagoffers is by party polisiestasies ingestel. Hierdie sentrums is ingestel deur vroue wat sukkel en wat hul tyd afstaan om dit te bedryf, maar daar is geen werklike ondersteuning vir hierdie sentrums sigbaar in die planne van die agb Premier as dit by vroue kom nie.

Me die Speaker, ons wil voorts graag sien dat 'n paar konkrete en sigbare stappe gedoen word, nie net deur die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding nie, maar ook deur die Provinsiale Regering, om die onderhoud- en kindersorgsentrums wat deur die nasionale Minister van Justisie ingestel is, te ondersteun en te onderhou. Ons kan nou vir die eerste maal in ons geskiedenis daarvan verseker wees dat stappe gedoen kan word om die lot van vroue in hul stryd om hul kinders groot te maak, verlig word. Mans wat jare lank onderhoud ontduik het, of geweier het om dit te betaal, sal opgespoor word en verantwoordelik gehou word vir die sorg van hul kinders.

Ek is baie jammer dat die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding uit sy pos ontslaan is. Ek het voorsien dat ons saam werk in die bestryding van armoede, nie net op die Kaapse Vlakte nie, maar oor 'n groter terrein - op die plase en in die landelike gebiede. Ek en die voormalige Minister het planne gehad om idees op te stel oor hoe ons hierdie sake gaan oplos.
Mnr die Speaker, ek wil graag aan die agb Minister in die Kantoor van die Premier s dat sy nie selektief moet wees in wat sy in die provinsie doen nie, veral op die Kaapse Vlakte. Sy is selektief deurdat sy haar program en haar organisasies waarmee sy werk, uitsoek. Die agb Minister behoort uit te reik na al die gemeenskappe en al die gestremde mense in die Wes-Kaap, waar hulle hulself ook al bevind. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: [Onhoorbaar.] ... u moet na my kom. [Tussenwerpsels.] U moet na my toe kom, want u moet u behoeftes identifiseer.

*Me M G VANTURA: Mnr die Speaker, ek praat nie van myself nie; ek praat van die mense daar buite wat die bystand van die Provinsiale Regering nodig het. [Tussenwerpsels.] Hulle het hulp nodig en ons moet nie kieskeurig wees wanneer ons ons werk doen nie. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.]

Me M G VANTURA: Ons behoort uit te reik. [Tussenwerpsels.] Dankie, mnr die Speaker. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: U weet nie waar u behoeftes l nie. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is hierdie straatgeveg toelaatbaar in die Huis?

Die SPEAKER: Orde! Ek moet die agb lid mnr Williams se punt van orde handhaaf. Dit is ontoelaatbaar. Wanneer 'n agb lid klaar gepraat het, dan moet die geveg ophou sodat ons met 'n nuwe geveg kan begin!

Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek wil saam met my voorgangers die agb Premier gelukwens met sy Openingsrede. Net soos hy en 95% van ons land, dink ek ook ons is gelukkig om in die Wes-Kaap te kan woon. Dit is inderdaad een van die beste en pragtigste streke ter wreld, een waarop ons almal tereg trots kan wees. Dit is dan ook ons plig om daarvoor te sorg.

Wat betref die geweldige toestroming van mense waarna die agb Premier verwys het, ek stem saam met hom dat ons daarna moet kyk. Ons kan nie toelaat dat mense woon en bestaan sonder basiese regte en die voorsiening van dinge soos water, elektrisiteit, behuising, sanitasie en onderwys nie. Die toestroming oor die grense heen is nie net 'n probleem vir die Wes-Kaap nie, soos die agb lid me Vantura berig het. Dit is 'n probleem in al die provinsies.

Die druk op die provinsiale begroting vir gesondheid, welsyn, behuising en so meer, is groot. Ons moet iets doen aan die migrasie oor die grense van die provinsies heen. In Belgi, as iemand verhuis na 'n ander adres, moet hy of sy hul nuwe adres gaan aangee in daardie munisipale gebied. Die opstel van sodanige wetgewing is dus uiters nodig.

*Die groeiende plakkerskampe veroorsaak groot probleme. In Franschhoek het ons sedert Oktober 1999 drie brande in die Langrug-plakkerskamp, Tjotjombeni, gehad. Tydens die eerste een is sewe hutte afgebrand. Die tweede een het 12 hutte vernietig. Tydens die laaste brand, twee weke gelede, is 27 hutte vernietig en 79 volwassenes en 40 kinders is haweloos gelaat. Die amptelike verslag het die oorsaak van die brand aangedui as kinders wat probeer het om kos te maak. Iets moet gedoen word.

Ek hoop Operasie Brandstop sal ook voorsiening maak vir die opleiding van lede van die plakkergemeenskap as burgerlike brandbestryders. Hierdie mense, wat meesal werkloos is en 24 uur per dag in die kampe is, sou opgelei kon word as 'n vigilante groep wat die verantwoordelikheid aanvaar vir die ontruiming van hoogs ontvlambare items, soos gasstowe en oliestowe, terwyl hulle vir die brandweer wag om op te daag. Hierdie mense sal sekerlik die omvang van verliese tydens brande kan beperk. Ek het hierdie inisiatief ook in 'n onlangse brief aan die burgemeester van Franschhoek voorgestel.

Dan is daar MIV/Vigs en tuberkulose. Om in plakkerskampe te woon, vererger die probleem en maak dit oneindig moeiliker om die siekte te bestry. Die agb Premier het verwys na "die daad by die woord" ten opsigte van misdaadbestryding, vrede en versoening en die Afrika Renaissance Opleidingsakademie. As dit by MIV/Vigs kom, moet ons die daad by die woord voeg.

Waarom word 'n MIV-navorsingsentrum nie, benewens die malariasentrum wat beplan word, gestig nie? Om die daad by die woord te voeg ten opsigte van MIV/Vigs beteken ten eerste om standaardbedryfsprosedures daar te stel.

Ten tweede beteken dit dat dieselfde stellings in die eenvoudigste taal gemaak word.

Ten derde behoort 'n oogmerk van die navorsingsentrum te wees om die MIV/Vigs-voorkomingsboodskap regoor die provinsie te verenig. Tans kry mense te veel inligting wat alles dieselfde s, maar dit op verskillende wyses doen.

Ten vierde moet ons boodskap van voorkoming herhalend wees ten einde doeltreffend en doelmatig te wees. Per slot van rekening is dit nie die Ministers en die welgesteldes wat na MIV/Vigs-treine uitgenooi word en wat opgevoed moet word nie. Mense moet besef dat MIV/Vigs by almal in die gemeenskap is. Dit is nie so ver van hulle as wat hulle glo nie; dit is op die treine, busse, taxi's, in Pick 'n Pay's, Spurs, en so meer. Kom ons verseker dat die Wes-Kaap se boodskap vir voorkoming, sorg en ondersteuning konsekwent op dieselfde wyse oorgedra word, sodat jonk en oud daarmee kan identifiseer.

Ten vyfde moet aandag gegee word aan die wyd verspreide maatskaplike stigma en baie vorms van diskriminasie.

Ten sesde het ons 'n bygewerkte databank nodig en, ten sewende, behoort koerante en tydskrifte in 'n gereelde en volgehou tempo toepaslike, gestandaardiseerde boodskappe te druk wat inligting bevat. Vir die ongeletterdes moet inligting in prentjieformaat beskikbaar wees.

Min mense met MIV word enige geleenthede deur die gemeenskappe gebied. Ons in Suid-Afrika is gelukkig. Ons wetsontwerp op gelykheid verseker dat die waardigheid van ons mense gewaarborg word, en daarvoor is ons dankbaar.

Mnr die Speaker, ons in die Provinsiale Parlement moet ook die daad by die woord voeg. Ons moet departementele samesprekings op 'n gereelde grondslag aanmoedig oor sake soos die uitwerking van MIV/Vigs op ons lewens en op di van ons kollegas.

Ek wil die agb lid mnr Marais bedank vir sy voorstel tydens verlede week se Nacosa-slypskool vir 'n afsonderlike begrotingspos oor MIV/Vigs. Dit is ook 'n stap in die regte rigting.

Wat betref die nasionale Regering se onwilligheid om AZT aan swanger moeders te verskaf, kan ek maar net by Aartsbiskop Tutu aansluit in sy kritiek op die Regering se plan om vegvliegtuie, korvette, helikopters en duikbote ter waarde van $5 miljard van Kanada, Frankryk, Duitsland, Swede en die Verenigde State aan te koop. Hy het ges, en ek haal aan:

Our country needs teachers and books, clean water and clinics. Billions spent on fighter aircraft should be spent on the upliftment of our people.

Mnr die Speaker, ek wil hierby voeg: ons land het ook behandeling nodig vir pasinte wat met MIV/Vigs besmet is. MIV/Vigs is besig om ons mense uit te wis. Ek verstaan nie die logika om 'n ler uit te rus as die moontlikheid bestaan dat daar binnekort nie meer soldate kan wees om daardie ler te beman of al daardie duur, gesofistikeerde toerusting te gebruik nie.

Daar is 'n spreekwoord dat te veel kokke die brei bederf. Staan die nuutste kok miskien bekend as die Nasionale Vigsraad, of die NVR? Ek hoop nie so nie. Ek wens die raad voorspoed toe met sy geweldige verantwoordelikheid. Ons vertrou op die raad om toewyding te openbaar. Veel meer as die dra van rooi MIV-knopies en -spelde sal nodig wees.

Mnr die Speaker, ek wil afsluit deur te verwys na die daad en die woord rakende armoede. Daar moet na die lot van ons soldate gekyk word. Ek verwys na daardie soldate wat in Namibi gestasioneer was. Daar word vir my ges dat baie van daardie soldate uit die Wes-Kaap gekom het. Daardie bataljons en afdelings is tussen 1980 en 1997 ontbind. Dit blyk dat nie een van daardie soldate in aanmerking gekom het vir 'n pensioen nie, selfs nie na 12 of meer jare diens nie. Daardie mans, soos my Rastafariese vriend, swerf rond - arm en probeer om te oorleef. Ons moet iets daaromtrent doen. Ons moet vir hulle ook die daad by die woord voeg.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, dit is 'n eer om op die agb lid dr Van Zyl te volg. Die agb lid moet oppas dat hulle haar nie weer in die bek ruk nie! Sy moet onthou dat sy opmerkings gemaak het oor sake wat sy nie ondersteun nie, en dit is sake waarvoor haar party in die Nasionale Vergadering gestem het. Sy moet nie toelaat dat hulle aan haar doen wat hulle aan die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding gedoen het nie.

Een ding is meer as duidelik genoeg - die ANC in hierdie provinsie kan sy kop hoog hou. Wat oor die afgelope paar jare gebeur het, het ook in die vorige Parlementsitting gebeur - die Nuwe NP het verslaan daar uitgekom, besig om hul wonde te lek. Hulle was reg toe hulle onlangs in hul vergadering ges het dat hulle die ANC onderskat het, en gevolglik het hulle almal soos dwase gelyk.

Mnr die Speaker, die koalisieregering het weer eens bewys - soos hulle verlede week gedoen het - dat hulle nie oor die mense beskik om 'n debat met die ANC in die Huis te voer nie. Die kiesers daar buite het 'n mosie van wantroue in die koalisieregering heelhartig ondersteun. Daardie kiesers wat voorheen die Nuwe NP ondersteun het - met inbegrip van die kiesers aan die suidkus- en die Weskus-gebiede wat tradisioneel belangrike NP-vestings was - het almal die rug op hulle gedraai en vir die ANC gestem, en die ANC toegelaat ... [Tussenwerpsels.] ... om van oorwinning tot oorwinning in een verkiesing na die ander te gaan. [Tussenwerpsels.] Hierdie bewys van hoe die mense daar buite dink, is vir my baie duidelik.

Die ANC het nie slegs die nasionale verkiesing en die verkiesings in die ander provinsies gewen nie, maar hulle het ook die verkiesing in hierdie provinsie gewen. [Tussenwerpsels.] Die DP het ges dat hulle 'n groot klomp nuwe steun gewen het, maar die bewys van ondersteuning l by tussenverkiesings. Sedert die algemene verkiesing in Junie 1999 was daar tot dusver 16 tussenverkiesings in hierdie provinsie en die Nuwe NP het 14 van daardie 16 tussenverkiesings verloor. Die een verkiesing wat hulle wel gewen het, het hulle met slegs 19 stemme gewen. Die agb Premier is 'n absolute skande vir die samelewing en hulle het reeds 'n mosie van wantroue aan hom gegee.

Die DP het van al hulle steun gepraat. Besef hulle dat 87% van die mense in die afgelope verkiesing teen die DP gestem het? Hulle het nie 'n mandaat nie. [Tussenwerpsels.] As hulle toesprake vir die galery maak, dan moet hulle die waarheid oor die sake praat. [Tussenwerpsels.] Agb lede aan daardie kant van die Huis ... [Tussenwerpsels.] ... is besig om 'n verlore stryd te ondersteun. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr P C MCKENZIE: Hulle het in onguns by die gemeenskap verval.

Sowel die agb Premier as die agb lid mnr Louis het by vorige geleenthede oor perdry gepraat, en agb lede sal onthou dat die agb Premier ges het dat hulle soos Horse Chestnut was. Het hulle vergeet dat Horse Chestnut 'n been gebreek het en klaar is met wedrenne?

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, is die agb lid bereid om 'n vraag te neem?

Mnr P C MCKENZIE: Ek sal 'n vraag neem sodra ek my toespraak gelewer het.

*Die Nuwe NP het nie net sy been gebreek nie, ... [Tussenwerpsels.] ...

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr P C MCKENZIE: ... maar hy is tans disfunksioneel, met swak, moe leiers wat sonder 'n visie voor hul mense uitloop. My liewe vriende in die Nuwe NP het die kluts kwyt geraak! Die Mail & Guardian was reg toe hulle ges het dat die agb Premier die verveligste persoon is. [Tussenwerpsels.]
Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit toelaatbaar vir 'n agb lid om in die Huis koerant te lees?

Die SPEAKER: Orde!

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ...

Mnr N M ISAACS: Is dit toelaatbaar?

Die SPEAKER: Orde! 

*Mnr P C MCKENZIE: ... vier stemme en dit is klaar met hom. Vier stemme - as hulle dit nie wil weet nie ...

Die SPEAKER: Orde! Orde! Ek moet eers 'n beslissing gee. Die punt van orde gaan daaroor dat alle agb lede moet toesien dat ons te alle tye die waardigheid van die Huis behou en dat ons by die debat betrokke moet wees. Dit is daarom altyd genterpreteer dat 'n lid wat in die Huis koerant lees nie werklik deel in die debat nie. Dit geld ook in die geval van tydskrifte, en so meer. Daar is natuurlik 'n grensverskil. Wanneer 'n lid 'n gedeelte uit 'n koerant, 'n tydskrif of wat ook al wil aanhaal, is dit wel aanvaarbaar.

*Ons moet almal omsigtig wees in die wyse waarop ons koerante en tydskrifte in die Huis gebruik, sodat ons nie 'n refleksie op die waardigheid van die Huis werp nie. Ek doen 'n beroep op alle lede om daardie Rel te eerbiedig. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek vra om verskoning indien die indruk by die Huis of die agb lid mnr Isaacs geskep is dat ek besig was om die koerant te lees.

*Die SPEAKER: Orde! Ons verwag nie 'n verskoning van die agb lid nie. Die agb lid mnr McKenzie mag voortgaan.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, die agb lid is reg, want hy sal aan die debat deelneem. Dit is 'n feit dat die ANC slegs vier stemme nodig het en dan is die koalisieregering uit! [Tussenwerpsels.] Dit is waarom hulle bang is vir 'n geheime stemming, want hulle weet dat hulle baie van hul eie lede nie kan vertrou nie. [Tussenwerpsels.]

Die feitelike toedrag van sake is dat die Wes-Kaap, onder die Nuwe NP en die swak, moe leierskap van die agb Premier nie daarin geslaag het om rassisme in hierdie provinsie uit te roei nie; onder die swak, moe leierskap van die Wes-Kaap slaag hulle nie daarin om aandag te gee aan armoede in die provinsie nie; en onder die swak, moe leierskap van die agb Premier het die Wes-Kaap nie daarin geslaag om aandag te gee aan die kwessie van die veiligheid en sekuriteit van ons mense nie.

Ons het vandag bewys dat indien 'n swartman sy oog verloor, dit nie vir die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nodig is om iets daaromtrent te doen nie. Die feit van die saak is dat indien een persoon in Constantia doodgemaak word, die agb Minister daar aangetref sal word. As vier mense in Bonteheuwel doodgemaak word, sal hy nie daar wees nie. [Tussenwerpsels.] Dit is die soort sekuriteit wat die Nuwe NP aan die mense van die provinsie gee.

Mnr die Speaker, die koalisieregering weet dat hulle nie geskik of bekwaam is om die provinsie as 'n regering te lei nie. Hulle het die kiesers van die provinsie in die steek gelaat. Die kiesers se o het oopgegaan.

Mnr R J KING: Soos in Bonteheuwel?

Mnr P C MCKENZIE: Ja, hulle aangewysde kandidaat het oorgestap, en toe begin die telefoonoproepe. Wil hulle h sy moet nou weer met die agb Premier kom praat oor hoe hulle haar hanteer? [Tussenwerpsels.]

*Jan Alleman en die sakegemeenskap van die provinsie - en agb lede sou hiervan in vanoggend se koerant gelees het - die kerkleiers, skoolhoofde en sportliggame vra nie meer wat met die koalisie aan die gang is nie. Die koalisieregering het van die agenda in die provinsie verdwyn. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Nee, hulle vra wat in die ANC-takke aan die gang is; dit is wat hulle vra. [Tussenwerpsels.]

*Mnr P C MCKENZIE: Nee, wat hulle wel vra, is: hoe sal die ANC die provinsie bestuur? [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb Minister in die Kantoor van die Premier is besig met deurlopende kommentaar. Word dit in die Huis toegelaat?

*Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Nee, dit is nie in orde nie. Die agb Minister het 'n stadium bereik waar sy haarself in toom moet hou. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, dit is nie 'n probleem nie; ons weet die agb Minister is so. As sy maar net haar Kantoor bestuur het soos sy in die Huis praat! [Gelag.] As sy maar net groot genoeg kon wees om nie vir 'n direkteur in 'n maatskappy te wag om ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde! [Gelag.]

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, hulle vra nie meer wat die Nuwe NP gaan doen nie; hulle het van die politieke agenda verdwyn. Hulle vra nou waarvoor die ANC staan. As ons met die mense daar buite praat, vra hulle ons hoe die ANC gaan regeer wanneer hulle oorneem. Hulle vra die ANC hoe hulle aandag aan die sake sal gee. Hulle vra nie regtig wat die Nuwe NP gedoen het nie, want die geskiedenis van hoe die mense vir die Nuwe NP gestem het, wys dat hulle nie weer na die Huis sal terugkeer nie. Die mense het die Nuwe NP afgeskryf.

Mnr die Speaker, hulle s dat ons altyd op die snaar van rassisme tokkel. As die Nuwe NP aan ons kant was ten opsigte van kleur, sou hulle geweet het hoe dit voel. By een van die grootste hotelle in die stad het 'n blanke Afrikaner Saterdagoggend uit die toeristebus geklim wat hy bestuur het en ges, "Ek sal elke k... opf... in di provinsie." [Tussenwerpsels.] Dit is reg. Dit is hoe hy gepraat het.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, kan ek vir die agb lid mnr McKenzie vra of hy die saak gerapporteer het?

Mnr P C MCKENZIE: Ja, mnr die Speaker.

Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb lid mnr Gelderblom is buite orde om vrae te stel. Die agb lid mnr McKenzie mag voortgaan.

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek wil graag s wat gebeur het. Die gevolg was dat die blanke Afrikaner begin baklei het met die swartmense wat by daardie hotel werk, en daar was groot drama buite die hotel, voor die toeriste wat hy vervoer het.

*Die Nuwe NP weet nie wat in die provinsie aan die gang is nie. Dit is waarom 'n Minister in die Huis kan s dat sy nie weet wat aan die gang is nie, "Julle moet na my toe kom met probleme, want ek weet nie van die probleme nie." [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, dra die Nuwe NP daarvan kennis - en die agb Leier van die Opposisie was reg - dat 'n swart persoon net in die straat af nie 'n artikel in 'n winkel sal kan koop nie? Dit is die neiging, en dit is die gesindheid wat deur die koalisieregering in die provinsie uitgestraal word - as 'n mens swart is, het jy geen toekoms in die provinsie nie. [Tussenwerpsels.]

Voordat ek die Nuwe NP verlaat het, het ek gaan sit en 'n gesprek met die agb Premier en die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding, die Adjunkleier van die Nuwe NP, in sy kantoor gehad. Ek het aan hulle ges, "Here, julle sal aan my geen keuse laat nie, want die party is besig om na regs te verskuif en julle weet dat ek nog altyd links was in my politiek." [Tussenwerpsels.] Ek het dit aan die agb Premier ges, en hy sal dit erken. Die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding sal dit ook s. [Tussenwerpsels.] Dit is presies wat ek ges het. [Tussenwerpsels.] En sy woorde aan my tydens daardie vergadering hier onder in sy kantoor was, "Patrick, ons kan nie bekostig om jou te verloor nie." [Tussenwerpsels.] Dit was sy woorde. [Tussenwerpsels.] Ek is so bly dat die agb lid dit ges het, want ek het dit saam met die aantekeninge vir die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme neergeskryf. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het gister hier opgestaan en ges dat die ANC besig was om uit te werk wie in hul kabinet sou dien. Voor daardie agb lid nog daarvan gedroom het om na die DP te gaan, het die agb Minister samesprekings met my en die agb Minister van Gesondheid gevoer. [Tussenwerpsels.] Ek was die persoon wat dit stil gehou het, totdat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme dit gister opgehaal het, toe hy ges het dat die ANC reeds hul kabinet saamgestel het. Vra die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme of hy nie dokumente gehad het wat die mense gelys het wat in sy kabinet sou dien nie. Vra hom! Die agb Minister van Gesondheid sal dit bevestig en ek sal dit ook doen! [Tussenwerpsels.] Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme moet dus versigtig wees met wat hy s. Dit was om daardie rede dat ek nie bereid was om na daardie party te gaan nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb Premier dink so baie van die mening van die armes, di wat onder armoede gebuk gaan, in die provinsie, dat hy nie eens in sy Openingsrede die aantekeninge wat deur die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding aan hom gegee is, gebruik het nie. Dit is wat hy van die armes in die provinsie dink. Dit is waarom hy kan omdraai en s, "Ek het nie genoeg tyd om oor die arm mense in die provinsie te praat nie", nadat hy niks anders ges het nie.

En, mnr die Speaker, al die agb lede van die koalisie is skuldig deur assosiasie, want hulle staan nie op en laat hoor van hulle as hulle nie saamstem met hoe die agb Premier oor armoede voel nie. Ek het 'n jaar gelede aan die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding ges - en die agb Premier dra kennis hiervan - toe ons samesprekings gevoer het toe ons op die punt was om te loop, "Peter, 'n jaar na die verkiesing sal Gerry Morkel jou soos 'n warm patat laat val." Die agb Premier is nie die soort leier wat sterk mededinging teen hom kan aanvaar nie, en dit is waarom daar geen mededinging is nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek s aan die agb Premier ... [Tussenwerpsels.] ... gaan net terug en kyk na wat die neiging in die gemeenskap is.

Die SPEAKER: Orde! 

Mnr P C MCKENZIE: Hulle moet na die kiesers teruggaan en begin om na hul hartklop te luister. Hulle moet na hulle teruggaan en hulle sal terugkom met 'n heeltemal nuwe houding. Dit is nie vir hulle te laat om nie net te begin werk in ooreenstemming met wat hulle in gedagte het nie, maar om 'n bydrae tot die vryheid van die mense te maak, sodat die mense kan verander nie. Hulle het dit in hulle om te begin om hul harte te glo en kan nog hul leenmanstrou verander. En hul mense sal hulle vergewe vir wat hulle gedoen het.

Mnr die Speaker, hulle kan nie aan die ander kant van die Huis sit sonder om skuldig te voel omdat hulle deel van die uitverkoop van hul gemeenskap is nie. In politiek is daar 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. As die agb Premier 'n goeie politikus is, sal hy weet wanneer dit tyd geword het om te gaan.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, dit is vir my vandag 'n voorreg om die agb Premier geluk te wens met sy Openingsrede. Ek wil na een aspek verwys wat soos 'n goue draad deur sy toespraak geloop het, naamlik samewerking, en in die besonder samewerking met die gemeenskap daar buite en die uitreiking na hulle.

Ek wil die agb Premier gelukwens met sy inisiatief om die Kabinet na die gemeenskap te neem. Ons het hier in die Wes-Kaap duidelik 'n voorbeeld gesien van iets wat ons nog nie by die nasionale Regering en die ANC gesien het nie. [Tussenwerpsels.] Hierdie Kabinet het na die Suid-Kaap gegaan en gepraat oor die toekoms van daardie gemeenskap. Ons het na hulle geluister en die insette wat hulle gelewer het, is ook saamgevat in die implementeringsplanne van die Kabinet.

Ek glo die besoek aan die Suid-Kaap was 'n groot sukses. [Tussenwerpsels.] Ek wil darem vir agb lede s daar was ook 'n ernstige wanklankie daar, naamlik 'n groep ANC-gesindes. Hulle was onder die leiding van - ek moet eerder s onder die invloed van - die agb lid mnr Dugmore. Hulle het 'n bietjie konfrontasie probeer afdwing. [Tussenwerpsels.] Die mense van die Suid-Kaap het baie gou vir hulle ges, "Ons soek julle nie hier nie en dit is nie die mense wat ons wil h moet deelneem aan daardie proses nie." [Tussenwerpsels.] Weet agb lede wat hy toe gedoen het? Hy het sy eie leierskap in die Suid-Kaap daarvan weerhou om vrae te vra en ten minste hul standpunt te stel sodat hulle die agb Premier en die Kabinet se antwoord daarop kon hoor. Dit was die burgemeesters van plekke soos Knysna en George wat hy daar uit die vergadering gelei het, en dit onder groot applous. Dit was nie omdat die mense gedink het dit was goed nie, maar omdat hulle werklik bly was dat hulle in daardie stadium die saal verlaat het. Dit is wat gebeur het.

Nou kom die ANC en s dat hulle uitvoerende burgemeesters wil h. Die burgemeesters kon daardie dag nie eens hul gemeenskappe verteenwoordig nie, en dit terwyl dit hulle verantwoordelikheid was om vrae te vra, na die Kabinet te luister en die Kabinet onder kruisverhoor te neem voor die media en die gemeenskap van die Suid-Kaap. Hulle het die kans laat glip. Hulle het dit nie gebruik nie. Hy het die burgemeesters daar uitgelei en dit is waar ons nou staan. Nou wil hulle h daardie mense moet uitvoerende burgemeesters word en besluite namens die hele gemeenskap neem. Dit is seker omdat hulle nie die gemeenskap self kan verteenwoordig nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb Premier het hom nie van stryk laat bring nie. Daar is openlik en positief gereageer op die vrae wat die gemeenskap gestel het. Ek dink dit was 'n baie groot sukses en daar is wyd oor berig.

Wat ons die afgelope week hier gesien het, wek kommer. Dit is 'n tendens wat by die ANC ontstaan het. Hulle het rassisme nommer een op hul verkiesingsagenda geplaas. Dit is 'n groot bron van kommer. Wat wil hulle doen? Die eerste reaksie wat die agb Leier van die Opposisie gehad het op die toespraak van die agb Premier was, "Hulle kom met die swart gevaar." Dit was nrens nie, maar so het ons die goue draad van rassisme reg deur die hele ANC gesien. [Tussenwerpsels.]

Laat ek egter aan agb lede s wat in die Kaapstadse Stadsraad aangaan, waar die ANC die beheer het. Ek noem net een of twee punte. Ek wil op 'n baie beperkte wyse daarna verwys. Daar is 'n "African support group" in die Stadsraad. Miskien weet die ANC nie eens daarvan nie. Daardie groep moes hulle op President Mbeki beroep. Wat s hulle?

Mnr C M DUGMORE: Wie is hulle? Hoeveel is hulle? Twee?

Die MINISTER: Nee, luister nou daar! As 'n mens een of twee ongelukkige mense het, dan luister jy na hulle. Dit lyk my die agb lid s as hulle een of twee is, dan moet ons hulle ignoreer. Dan gee ons nie om nie. [Tussenwerpsels.]

Ek wil aan agb lede s wat hulle vir President Mbeki s. Daar word ges:

They took their grievances to President Mbeki after years of frustration with the ANC.

Dit is hul eie mense, maar hulle is gefrustreerd, want daar is beloftes aan hulle gemaak. Ek gaan voort:

In their letter to President Mbeki they stated that the actions of Mfeketo and Mowzer are benefiting a few individuals ...

Dit sien ons mos elke dag by die ANC. Dit is 'n klein groepie wat voordeel trek. Gee hulle werklik om oor die armoede en vir die mense in die gemeenskap? Waar het hulle dit gewys? Hulle wys dit nie. [Tussenwerpsels.] Dit is 'n klein groepie uitgesoektes. [Tussenwerpsels.] Dan gaan hulle verder:

... together with the people who protect them.

Ek wil net nog 'n geval aandui. Dit is 'n brief wat op my lessenaar beland het. Dit is nie dieselfde groep nie. Hierdie is van 'n groep senior amptenare. Hulle noem hulself "senior amptenare van die voormalige Ikapa Munisipaliteit". Hulle s:

Following the amalgamation of local authorities in June 1996, the integration of staff from the Ikapa Municipality with the Cape Town Municipality was not carried out in the spirit of the proclamation issued. Therein it was stated that all should be treated equally.

Dit het nie gebeur nie. Dit is waarom daar groot ongelukkigheid by hierdie mense bestaan.

Ek wil agb lede verwys na die memorandum wat aan die Stadsraad voorgel is. Daarin s hulle:

None of the former Ikapa staff has been appropriately placed in the Cape Town Municipality.

"None", s hulle. [Tussenwerpsels.] Dan gaan hulle voort, en dit sluit presies aan by die verkiesingstema van die ANC:

Racism and discrimination against staff of the former BLAs are continuing. Generally former black local authority staff are not given fair consideration of appointment to vacant posts. Staff are not given promotions, merits on salaries, advancement and no training development opportunities.

So kan ek voortgaan.

Mnr S E BYNEVELDT: Nie 'n enkele swart aanstelling in terme van die topbestuur nie. Jy is van Oostenberg; praat van Oostenberg.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, die agb lid hier het nie sy mond oopgemaak toe die agb lid mnr McKenzie gepraat het van die verkiesingsuitslae nie. Waar was hy die aand in Blue Downs toe die Nuwe NP hom geklop het? Daar was trane in sy o, want hy het vir sy mense belowe hulle gaan wen. [Tussenwerpsels.] En weet agb lede wat het gebeur? Hy het twaalfuur daardie aand verdwyn. [Tussenwerpsels.] Dit was in Blue Downs, die gebied wat di agb lid verteenwoordig wat so baie te s het. [Tussenwerpsels.]

Ons kan verder gaan oor hoe hulle die demokrasie minag. Die agb lid mnr Ismail het gister uitgewys wat met die Ministers gebeur. Ons kan kyk na die Nasionale Raad van Provinsies. Nege Ministers moes vrae beantwoord, maar hoeveel het opgedaag? Twee het opgedaag. Hul eie kollega, die huidige nasionale Minister van Verdediging, moes hulle aanspreek en vra wat hulle aanvang. Die Ministers is net nooit beskikbaar om vrae te beantwoord nie. [Tussenwerpsels.] Is dit die manier om die gemeenskap te dien?

Mnr die Speaker, dan wil ek kom by die samewerking wat hierdie Provinsie nastreef met die Departement van Binnelandse Sake en die OVK. Ek is bitter teleurgesteld in die agb lid mnr Ozinsky. Wat het hy gedoen? Hy het die OVK daarby betrek. Wat dink hy van die integriteit van die OVK-voorsitter in die Wes-Kaap? Wat dink hy van daardie persoon? Dink hy vir een oomblik daardie persoon gaan hom deur enigiemand laat boelie? Dat hy daardie persoon vandag hier kon beledig, is 'n vernedering vir hierdie Huis. [Tussenwerpsels.] Het hy werklik gedink daardie onafhanklike persoon ... [Tussenwerpsels.] Dit is 'n absolute skande!

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek is baie ontsteld oor die opmerkings van die agb Minister. [Tussenwerpsels.] Ek wil noem dat ek reeds die feit opgehaal het dat daar 'n waninterpretasie aan daardie kant van die Huis oor die aangeleentheid is. Dit word op hierdie tydstip herhaal.

*Die SPEAKER: Orde! Ek kan nie die agb lid se punt van orde handhaaf nie. Die agb Minister mag voortgaan en aan enige saak aandag gee in sy toespraak. As die agb lid mnr Ozinsky oortuig was dat daar iets is wat ges moes word, moes hy die daaropvolgende spreker van sy party gebruik het om een of twee aspekte te boekstaaf. Ek kan nie die debat beperk deur nie die agb Minister toe te laat om in hierdie stadium voort te gaan nie.

Die MINISTER: Dankie, mnr die Speaker. Nie een agb lid het in hierdie hele debat die naam van Courtney Sampson hier in die gedrang gebring nie. Niemand het dit gedoen nie. [Tussenwerpsels.] Ek beskou daardie persoon se integriteit as bo die verdenking wat vandag daarop geplaas is.

Die agb lid het baie selektief uit artikel 181(3) aangehaal. [Tussenwerpsels.] Wat hy nie vir ons ges het nie, is dat daar ook staan dat ander staatsliggame, wat munisipaliteite en die Provinsie insluit, hierdie instansie deur middel van wetgewing en ander maatrels moet bystaan. Het hy dit beklemtoon? Wat beteken "bystaan"?

Hy het die indruk geskep dat amptenare in die Kantore van die Direkteur-generaal en die Premier fisiek die werk van die OVK en die Departement van Binnelandse Sake gaan oorneem. Dit is mos nie waar nie. Wat wel waar is, is dat daar fondse aan die Departement van Binnelandse Sake beskikbaar gestel word. Net hulle mag die vingerafdrukke neem. Net hulle mag die identiteitsdokumente uitreik. Net hulle mag die aansoeke ontvang. Die OVK is verantwoordelik vir die registrasie. Hul integriteit moet nie in twyfel getrek word nie. Daar moet nie gedink word hulle sal nie die registrasie doen nie. Natuurlik sal hulle dit doen. Niemand anders sal die registrasie doen nie. Ons moet weer ernstig hierna kyk.

Ons moet vandag vra waarom die beswaar oor die registrasie telkemale van die kant van die ANC kom. Waarom het hulle 'n probleem? Die een probleem kan 'n mens duidelik sien. Hulle het di probleem in September 1998 ook gehad. Hulle is bang te veel mense word geregistreer, want hoe staan ons met die registrasiesyfer in die Wes-Kaap? Ons was verlede jaar by 67%. Dit is nou seker af na 55%, as gevolg van die agtienjariges wat bygekom het en die mense wat verhuis het, maar wat hoor ons? Ons hoor dat daar aan hulle kant 'n probleem is met die feit dat daar ondersteuning gegee word. Die probleem is nie dat daar werk oorgevat word nie, maar dat daar ondersteuning en bystand gegee word.

Ek wil vra dat hulle nou die integriteit van die Departement van Binnelandse Sake en die OVK hier sal erken en nie moet dink daar sit 'n klomp pap mense wat outomaties sal spring as ons s hulle moet spring nie. [Tussenwerpsels.] Ek het volle vertroue in daardie mense se integriteit en wat hulle daar doen. [Tussenwerpsels.] Ons moet dit vandag duidelik vir mekaar s. [Tussenwerpsels.] Dit gaan mos daaroor dat ons vir hulle die geld gee. Ons gaan mos nie die werk doen nie. [Tussenwerpsels.] Ons het twee of drie personeellede wat die gee van die geld kordineer vanuit Kaapstad. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, hierdie Provinsie is darem ook verantwoordelik as dit kom by die besteding van geld. Ons kan nie net geld gee vir enige ander staatsinstansie en dan word daardie geld op die ou end wanaangewend nie. [Tussenwerpsels.] Die geld moet mos reg aangewend word en daar moet ordentlike beheer oor die aanwending van daardie geld wees. Daarom is dit uitstekend dat hierdie Provinsie ges het hulle gaan die geld vir die arm mense gee - R15 vir 'n stel foto's en R5 vir die identiteitsaansoek. Hoekom moet mense in Suid-Afrika betaal om aansoek te doen vir 'n identiteitsdokument? [Tussenwerpsels.] Hoekom moet hulle betaal? 

Ek wil verder gaan en die agb Premier gelukwens met sy inisiatief. Hy was versiende genoeg om te s ons moet voortgaan met hierdie proses. Wat het oor die naweek gebeur? Die nasionale Minister van Binnelandse Sake het aangekondig dat alle mense die nuwe staafgekodeerde identiteitsdokument moet h. Was dit nie 'n tydige aankondiging van die agb Premier nie? Het hy nie die visie en insig gehad om te sien dit is wat gaan gebeur nie en ons moet gereed wees om bystand en ondersteuning te gee? Die proses kan getoets word. Daardie agb lid kan self gaan besoek afl waar dit plaasvind. Hy kan gaan kyk wat daar gebeur. Ons kan met groot sekerheid s daar sal geen probleme van ons kant af kom nie.

Mnr die Speaker, ek wil net 'n beroep doen op ons plaaslike owerhede en die media. Hulle moet nie hierdie storie skeeftrek nie. Gee liewer ondersteuning en help met die adverteer daarvan. Moedig ons mense eerder aan om identiteitsdokumente te kry. [Tyd verstreke.]

*Mnr Z C STALI: Mnr die Speaker, ek wil graag die volgende punt eens en vir altyd duidelik maak: die agb lid mnr Ozinsky het nie vandag vir eerw Sampson van die OVK na die Huis genooi nie. [Tussenwerpsels.] Die agb lid verseker my ook daarvan dat hy nog nie eens vanjaar met eerw Sampson gepraat het nie. Ek hoop tog ek het daardie punt duidelik gemaak. [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Agb lede moet die agb lid mnr Stali toelaat om met sy toespraak voort te gaan.

*Mnr Z C STALI: Me die Speaker, ek wil die Huis graag toespreek oor die prestasies waarvan die agb Premier gepraat het toe hy sy Openingsrede gelewer het. Die agb Premier het oor die prestasies van die Provinsiale Regering gepraat, maar hy het ges dat die mense hom vra waarom hy hulle nie omtrent hierdie prestasies ingelig het nie.

Dit laat baie vrae oor die Provinsiale Regering ontstaan. Wie het die voordeel getrek uit hierdie prestasies en watter gemeenskappe is of word steeds bevoordeel deur hierdie prestasies?

In alle eerlikheid kon dit nie die agtergeblewe gemeenskap van die Wes-Kaap gewees het nie. Hulle sou nie die agb Premier kon vra om oor hierdie prestasies te praat as hulle die begunstigdes daarvan was nie. Hoe sou hulle hom kon vra om reklame vir die Regering te maak as die Regering gedoen het wat hulle voorgee hulle gedoen het? Die mense moet in 'n posisie verkeer om self daaroor te praat. Is dit nie vreemd dat die mense die agb Premier vra om te praat oor die prestasies wat hulle kan sien nie?

Me die Speaker, die waarheid is dat dit die elite is wat die Regering prys; hulle is in die verlede bevoordeel en hulle trek tans steeds voordeel uit die onheilige koalisie. Ek is daarvan oortuig dat selfs die kieserskorps van die agb Premier dit sal betwis. Dit is 'n feit dat die koalisieregering nie 'n vinger verroer het ten opsigte van dienslewering aan ons mense nie. Die agb Premier maak bloot aanspraak op maklike oorwinnings. Ons sien nog steeds daarna uit dat die agb Premier die Wes-Kaap lei om werk vir die mense te skep.

Die mees kommerwekkende faktore in die Openingsrede van die agb Premier is dat 'n inkopielys van sy sogenaamde prestasies aan ons gegee is, waarmee besluit is om die mense van die Wes-Kaap doelbewus te mislei om te dink dat die Provinsiale Regering beter is as die nasionale Regering. Dit is die ANC-regering wat die proses geloods het om huise vir die mense te bou wat deur die apartheid-NP-regering verwerp en van hul menslikheid ontneem is. Dit is ook ironies dat dieselfde NP wat ons hawelose mense deur plakkerskampe kasty het, nou opportunisties daarop aanspraak maak dat hulle die beste is ten opsigte van die verskaffing van behuising aan ons mense.

Toe die agb Premier in gebreke gebly het om aandag aan misdaad te gee, wat endemies in ons provinsie blyk te wees, het hy die verantwoordelikheid na die nasionale Regering verskuif. Hierdie Provinsie het al die hulpbronne tot sy beskikking om misdaad te hanteer. Die enigste element wat kortkom, is die politieke wil aan die kant van die Regering om aandag aan die saak te gee.

Me die Speaker, die agb Premier het ges dat werkloosheid in die Wes-Kaap die helfte is van di in die res van die land. As dit so is, waarom is die misdaadsyfer so hoog? In gemeenskappe waar werkloosheid hoogty vier, is die vlak van misdaad baie laag. As die Regering daartoe verbind is om aandag te gee aan misdaad, is ons nie veronderstel om onderwerp te word aan stedelike terreur, bendelede wat ons skole plunder, dwelmhandel en motorkapings nie.

Me die Speaker, het die agb Premier 'n plan? Wat het die agb Premier gedoen om aandag te gee aan hierdie netelige sake? Watter hoop, behalwe om te kla, gee die agb Premier aan die mense van die Provinsie? Tot wanneer sal ons gebuk gaan onder 'n paar korrupte senior polisieamptenare wat nie respek vir die wet het nie? Ons mense verloor hul vertroue in diegene wat weens dronkbestuur in hegtenis geneem word.

Me die Speaker, ons mense stel nie belang in die getal afgevaardigdes wat deur die agb Premier toegespreek is in Beiere, Oostenryk en Frankryk nie, maar is eerder bekommerd oor die ho vlak van misdaad, werkloosheid en haweloosheid. Die agb Premier het self ges - en ek stem met hom saam - dat die provinsie ten opsigte van hulpbronne beter daaraan toe is as enige ander provinsie. Die agb Premier moet egter verder as dit gaan en daardie hulpbronne omskakel in 'n verbetering in die lewens van ons mense.

'n Mens kan nie oor ho lewenstandaarde in die provinsie praat as die mense van Manenberg, Khayelitsha, Mitchells Plain en baie ander arm gebiede nie sien wat die agb Premier beweer aan die gang is nie. Die agb Premier moet onthou dat hy die mense van die Wes-Kaap toespreek, nie 'n groep toeriste en beleggers wat nog hul fortuin in hierdie provinsie soek nie. Ons is Wes-Kapenaars en ons weet dat die meeste van die aansprake wat die agb Premier gemaak het, onwaar is.

Me die Speaker, die agb Minister van Onderwys wip en spring en skarrel ook oor die hele Skiereiland rond en besoek skole, terwyl sy dink dat sy die woordvoerder van die nasionale Minister van Onderwys is. Ons moet nog enige verandering in die onderwys sien. Ons stel belang in mense wat veiligheid aan ons kinders en onderwysers op skool verskaf. Slegs agtergeblewe gemeenskappe, waarin die Provinsiale Regering nie belangstel nie, beleef hierdie kriminele elemente op skool.

Ons wil graag 'n Provinsiale Regering sien wat daartoe verbind is om ons skole te help en nie op die no 1-posisie aanspraak maak sonder om daarvoor te werk nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr A R WINDE: Me die Speaker, die agb Premier van die Wes-Kaap het verlede week die Tweede Sitting van die Parlement geopen, en in sy Openingsrede het hy na hierdie wonderlike, lewenskragtige, moderne en gesofistikeerde provinsie verwys - 'n wen-provinsie en 'n provinsie waarop hy trots is. Ek is ook trots op hierdie provinsie, en alles wat hy daarvan ges het, is waar.

Die Wes-Kaap is inderdaad 'n ware roos onder die dorings wanneer ons dit vergelyk met die ander provinsie in hierdie land, soos die ANC-beheerde Oos-Kaap, met sy verbrokkelende infrastruktuur en sy onbeheerde, ongebreidelde korrupsie. [Tussenwerpsels.]

As 'n mens die boek, The Bisho Letters, lees, sal jy begryp waarom so baie moeders na die Wes-Kaapse hospitale kom om geboorte te skenk aan hul kinders en waarom so baie kinders na die Wes-Kaapse skole kom om 'n opvoeding te probeer kry. Daar is vir hulle niks in die Oos-Kaap oor nie. Ons provinsie is die genadige reddingsboei van daardie arm mense, 'n vleugie hoop in hierdie "'n beter lewe vir almal"-land van ons.

Me die Speaker, hoewel ek en die agb Premier albei trots is op hierdie provinsie, was ek bly dat hy melding gemaak het van 'n paar, om sy woorde te gebruik, "aaklighede", soos die onaanvaarbare behandeling van ons bejaarde burgers, die misbruik van dwelms deur ons jeug en die stygende misdaadsyfer.
Misdaad is besig om hierdie provinsie te l en almal ly as gevolg daarvan. Ons gebrekkige strafregstelsel en ons ondervoorsiene en gedemotiveerde Polisiediens sit vergete en wag, terwyl hulle op die nasionale leierskap van hierdie land wag om die regsorde af te dwing. Hoe lank moet ons wag? Hoeveel meer kan ons verduur? Watter prys moet ons betaal as buitelandse beleggers hul beleggings na groener weivelde neem? Ons weet almal dat disinvestering beteken dat daar geen werk is nie, dat armoede toeneem en dat die misdaadsyfer verder styg. Ons moet optree om hierdie bose kringloop te verbreek voordat dit te laat is. Ons kan misdaad nie langer duld nie.

Watter stappe kan ons in hierdie provinsie doen om die bevoegdheid van ons Polisiediens te verbeter? Nie te lank gelede nie, is daar by ene mnr Niel le Roux van Tuine, Kaapstad, ingebreek. Hy het die polisie geskakel om die misdaad aan te meld en is meegedeel dat hulle nie iemand kon uitstuur nie, omdat hulle nie 'n voertuig gereed gehad het nie. Hy het toe na die aanklagkantoor gery om 'n verklaring af te l en ontdek dat dit nie gedoen kon word nie, omdat hulle nie ink vir hul stempelkussings gehad het nie, asook geen penne en geen papier om 'n verklaring af te neem nie.

Me die Speaker, hy het toe na 'n skryfbehoeftewinkel gegaan en 'n doos penne, die stempelkussing en die skryfbehoeftes gekoop om die verklaring te laat afneem. Hoe kan enige polisiebeampte gemotiveer en doeltreffend wees? Hoeveel maal moet ons hoor dat die Polisiediens ondervoorsien word in alles, van skryfbehoeftes tot voertuie en selfs die brandstof vir hul voertuie?

Me die Speaker, ons in die DP weet dat die privaatsektor 'n geweldige groot bydrae te maak het in die uitwissing van misdaad en dat baie sakeondernemings en individue oor hulpbronne en vaardighede beskik wat die polisie nodig het. Hierdie vaardighede en kundigheid word gedeeltelik deur Sakelui Teen Misdaad saamgesnoer, maar die DP glo dat hierdie verhouding uitgebou kan en moet word. Party van die terreine waar sakelui vennote van die polisie kan word om misdaad te bestry, is observasietoerusting, mikroskyfie-opspoorstelsels vir voertuie, bestuursvaardighede en opleiding en die verskaffing van motorvoertuie. Twee van hierdie punte is reeds hier in Kaapstad bewys.

Me die Speaker, wat ek s, kom daarop neer dat ons alle nie-wesenlike polisiefunksies aan die privaatsektor moet uitbestee.

Nog 'n punt wat die agb Premier genoem het, was die rasseverdeling en die kleurlyn-politiek in hierdie provinsie en land. Ek ondersteun sy beroep op agb lede om versigtig te wees met wat hulle s en die maak van kwetsende, onsensitiewe of opruiende stellings te vermy, want dit help net op rasseverdeling aan te blaas. [Tussenwerpsels.]

Die DP is volkome verbind tot die uitwissing van rassisme in hierdie land, en ek is seker dit geld vir die meeste van die burgers. Hoe jammer is dit daarom dat die ANC aanhou om die rassekaart op te diep en te speel. Waarom moet vrae of stellings in terme van swart en blanke lyne beantwoord of gemaak word?

In November verlede jaar het 'n ANC-LP, me Kamfer, terwyl sy 'n openbare vergadering by Kranshoek net buite Plettenbergbaai toegespreek het, 'n vraag beantwoord oor die verswakkende gesondheidsorg in die gebied deur te s, en ek haal aan:

This is due to white doctors going overseas or refusing to work in rural areas. 

Sy het toe haar weergawe gegee van hoe ... [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Agb lede moet asseblief die agb lid mnr Winde toelaat om sy toespraak te lewer.

*Mnr A R WINDE: Me die Speaker, sy het toe haar weergawe gegee van waarom ons soveel werkverliese in die mynbedryf beleef, en ek haal weer aan:

	Mines are closed at will by owners and the Government can do nothing to stop them as it has no black mining engineers to reopen these mines.

Het me Kamfer enige idee van die skade wat sy aanrig as sy sulke antwoorde verstrek, wat bloot dien om haar onkunde en rassisme te ontbloot?

Ons, as openbare verteenwoordigers, word verplig om te lei deur 'n voorbeeld te stel. [Tyd verstreke.]

*Mnr E ISAACS: Me die Speaker, dit is inderdaad 'n trotse oomblik om die geleentheid gebied te word om aan hierdie debat deel te neem. Ten eerste wil ek graag die agb Premier bedank vir die visie wat hy vir die provinsie het. Hier aan die punt van die kontinent gele, bied die 122 000 km uiteenlopende en opwindende beleggingsgeleenthede wat gevestigde en nuwe groeisektore insluit, sowel as verskeie belangrike projekte wat in werking gestel of in die beplanningstadium is. Die Wes-Kaap is die gasheer vir party van die mees opwindende groeipunte in die hele Afrika, met inbegrip van landbou, toerisme, vervaardiging en handel. Die aantreklikhede is sodanig dat daar reeds meer as 260 buitelandse maatskappye in Kaapstad is.

Die Wes-Kaap beskik oor 'n baie bre ekonomiese basis, met baie sektore en subsektore, waarin goeie vooruitsigte vir verdere uitbreiding gebied is. Sodanige uitbreiding kan gekoppel word aan binnelandse markte of uitvoere. In albei gevalle sal dit beleggingsgeleenthede verskaf en werk skep.

Ontwikkelingspogings deur die Provinsiale Regering l die klem op groeistimulasie in sowat 'n dosyn belowende groepe. Onder die ander sleutelareas van die Wes-Kaap lok die toerisme-infrastruktuur geweldige groei en beleggings. Die verskeidenheid van die streek se topografie, met 'n kombinasie van berge en riviere en see, skep een van die wreld se mees aanloklike toeristegebiede. Van Mei 1996 tot vandag is sowat R2,3 miljard in nuwe hotelle en ander bates in die metropolitaanse gebied bel. Dit help om voorsiening te maak vir besoekers aan wat nou beskou word as een van die 10 beste stede in die wreld om te besoek.

Ander voordelige komponente van plaaslike infrastruktuur sluit drie goed ontwikkelde nasionale padnetwerke in wat Kaapstad aan die res van Suid-Afrika verbind.

Die Wes-Kaap se 4,3 miljoen mense verteenwoordig nog 'n enorme bate, met die hoogste persentasie mense in Suid-Afrika met naskoolse kwalifikasies en tegniese vaardighede. Die arbeidsmag van sowat 1,8 miljoen neem jaarliks met omtrent 40 000 toe, en werkloosheid staan tans op sowat 17% in vergelyking met die nasionale vlak van 28%.

Misdaad word egter steeds as 'n probleem beskou. Die onlangs gestigte Sakelui Teen Misdaad-organisasie sluit die ondersoek na 'n paar projekte in. Dit behels almal geslote baan televisie, en so meer. Sakelui raak baie betrokke by misdaadbestryding.

Dit is duidelik dat die agb Premier se visie die behoefte aan 'n gedesentraliseerde polisiediens insluit, wat rekenpligtig sal wees teenoor ons gemeenskappe in die Wes-Kaap. Die Provinsiale Regering se bestaan word geregverdig deur sy vermo om die botoon te voer oor georganiseerde geweld en sy mag om sy burgers te beskerm. In Kaapstad word slegs 20% van die blankes snags in hul buurte bedreig, terwyl die syfer vir swart en bruin Kapenaars 50% is.

Om mense te vra wat hulle van die polisie dink, is egter nie die beste manier om die invloed van die strafreg op die daaglikse lewe te bepaal nie. 'n Nuttiger ontleedmetode sou wees om te vra wat mense omtrent misdaad doen. Hoe herwin die strafregstelsel sy eie terrein? Hoe vervang dit vigilante geregtigheid en hoe begin dit met wetstoepassing?

Ironies dui die feite dat so baie misdade in die armer gemeenskappe bekendheidsmisdade is en dat magtige vigilante-bewerings beheer oorgeneem het, op 'n oplossing. As oortreders aan slagoffers bekend is, kan hulle gedentifiseer en aangekeer word. As gemeenskappe in opstand kom teen oortreders, beteken dit dat gewone mense bereid is om oortreders te identifiseer. As dit intelligent gekanaliseer word, is dit die bestanddele van suksesvolle polisiring.

Wat nodig is, is 'n diens met 'n personeel van ernstige beroepslui, speurders wat hulself verdiep in die daaglikse politiek van die gemeenskappe wat deur hulle gepolisieer word. Kortom, wat nodig is, is 'n nuwe soort speurder, wat homself beskou as 'n skakelpunt tussen maatskaplike onderbou en die inrigting van wetstoepassing.

Sukses sou die ontwikkeling van 'n nuwe etiek in polisiring wees; een wat gegrond is op gesofistikeerde inligting en bekwame speurwerk; een wat polisie verg wat die vertroue van die gemeenskap geniet.

Om die baie vrae te beantwoord, verg 'n evaluering van die vertoning van die Suid-Afrikaanse strafregstelsel, daardie groep staatsinstellings wat die taak het om die wet toe te pas.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Die agb lid moet afsluit.

*Mnr E ISAACS: Me die Speaker, ek bedank die agb Premier omdat hy nooit in gebreke gebly het om aandag te gee aan die vereistes van Hoofstuk XI, artikel 198(a) van die Grondwet nie, waaruit ons kan aflei dat sekuriteit die gesamentlike verantwoordelikheid van alle vredeliewende burgers regoor die politieke skeidslyne heen is en wat die maksimum polisiringsbevoegdhede aan die provinsies impliseer.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Speaker, ek is nie daarvoor bekend dat ek daardie groot kommunikeerder Ronald Reagan dikwels aanhaal nie, maar ek was onlangs in die versoeking om dit te doen toe my seun my gevra het soos wie hy homself kon opmaak om na 'n maskerbal te gaan. Ek het aan hom ges, "Smeer 'n klomp eier op jou gesig en gaan as Premier Morkel." [Gelag.]

Me die Speaker, ons aan hierdie kant van die Huis beskuldig die agb Premier en sy Kabinet van 'n toesmeerdery, onbevoegdheid, misleiding van die Huis en nalatigheid.

Maar voordat ek daarmee begin, my eerste indruk van die debatte oor die afgelope paar dae was een van hartseer, want die een man aan daardie kant van die Huis wat werklik toegewy was aan anti-armoede, is verneder. Dit is hartseer, selfs vir ons aan hierdie kant van die Huis, dat iemand soos die agb lid mnr Marais so onseremonieel in die rug gesteek, verneder en uit hierdie Huis gedryf is. [Tussenwerpsels.] Die Peter Marais wat ons ken, is egter nie iemand wat sal toelaat dat hy platgeslaan bly nie. Hy sal terugkom en ons wens hom voorspoed toe met hierdie oogmerk.

Ten eerste beskuldig ons die Kabinet van 'n toesmeerdery. Dit is interessant dat die Leier van die Nuwe NP op die dag toe die agb Premier aangekondig het dat kieserregistrasie sy "belangrikste projek" is, aangehaal is waar hy ges het dat die belangrikste ding vir die Nuwe NP 'n veldtog is om ongeregistreerde kiesers vir die munisipale verkiesings te registreer. Dit is duidelik dat daar 'n toesmeerdery en politieke inmenging is. Om aan te voer dat ons Courtney Sampsom gevra het om hierheen te kom en druk op hom toegepas het, is 'n ernstige belediging vir die integriteit van Courtney Sampson en die OVK. [Tussenwerpsels.] Nee, nee!

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Ek sou u graag aan 'n poligraaf wou koppel.

*Mnr G R STRACHAN: Ek moet die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning meedeel dat ons nie met hom gepraat het nie.

Me die Speaker, hierdie Kabinet is daaraan skuldig dat hulle blanko tjeks vir 'n verkiesingsveldtog uitskryf. Ons weet nog steeds nie hoeveel personeellede ontplooi is en waarheen nie. [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Agb lede moet die agb lid asseblief toelaat om sy toespraak te lewer.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Speaker, ons weet nog steeds nie hoeveel personeellede van hierdie Administrasie gebruik is, waarheen hulle ontplooi is, met inbegrip van die onderwysers, en wat die gevolge daarvan was nie. [Tussenwerpsels.] Ons is nie ingelig nie. Ons weet nog steeds nie waarom die mense betaal is en waarom vrywilligers nie gebruik is nie. Ons weet nog steeds nie waarom departemente verskillende bedrae aan die personeel betaal het nie. Party het R1 000 ontvang, en ander R1 000 plus 'n reis- en verblyftoelaag. Ons wil antwoorde op hierdie vrae h, en ons wil weet waarom hierdie Administrasie die foto's van en inligting oor daardie kiesers wil h. [Tussenwerpsels.] Ons kan raai waarom, maar ons wil antwoorde h.

Ten tweede, die Kabinet het ekonomies met die waarheid te werk gegaan. Hulle was nie in staat om die vrae oor finansies te beantwoord nie. Party, soos die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake, het ges dat hulle slegs kon spekuleer. Ander het die Huis mislei. Vyf Kabinetsministers het die Huis mislei. Hulle het ges dat fondse na 'n sentrale inkomsterekening oorgedra is, terwyl dit inderdaad nie gebeur het nie. Hulle is 'n verskoning aan hierdie Huis verskuldig. Andere, soos die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, het bloot ligsinnigheid en eenvoudige grappies gebruik om hulself te verdedig.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: U is 'n grap!

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ons wil h dat 'n kommissie op hierdie hele aangeleentheid moet ingaan.

Ten derde beskuldig ons hierdie Kabinet van onbevoegdheid. Die agb Minister in die Kantoor van die Premier het geen sakeplan gehad nie, dus moes sy R1 miljoen vir kieserregistrasie laat oorplaas. Die enigste antwoord wat sy kon verstrek, was dat sy 'n tekort aan personeel en direkteure gehad het om daardie sakeplan op te stel. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: U feite is verkeerd. Ek hoop u lees die Hansardverslag. U is besig om die Huis te mislei!

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ons beskuldig die Kabinet van nalatigheid. Hulle het in gebreke gebly om aandag te gee aan kernbelangrike sake, of om dit selfs te noem. MIV en tuberkulose is maar twee daarvan. [Tussenwerpsels.]

Die belangrikste is dat ons die Kabinet van rassisme beskuldig. Daar is rassisme in hierdie provinsie - op die strande, in die winkels en selfs in die annale van mag. Ons sien uit na die agb Minister van Onderwys se antwoord later vandag. Hierdie rassisme is 'n pes in hierdie provinsie en ons sal nie stop voordat dit uitgeroei is nie.

Mnr die Speaker, as die agb Premier oortuig is dat hierdie aanklagte ongegrond is; as hy oortuig is van die steun van sy party; as hy oortuig is van die steun van die DP, selfs al s Tony Leon, die Leier van die Opposisie in die Nasionale Vergadering, dat hy nie wind of lug in 'n sterwende party wil inblaas nie; as hy oortuig is dat die aanklagte van nalatigheid, misleiding van die Huis en onbevoegdheid ongegrond is, dan moet hy 'n stemming met stembriefies oor die mosie van wantroue toelaat.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, voordat ek met my voorbereide toespraak begin, wil ek 'n regstelling maak aan iets wat my kollega hier aangehaal het. Die R1 miljoen was nie vir registrasie nie, maar vir die rampfonds wat gestig is uit die begroting van die agb Minister in die Kantoor van die Premier.

Mnr die Speaker, die afgelope twee, drie dae wat ons hier in sessie, het ons geluister na kritiek van die ANC. Een draad loop egter deur hierdie debat, en dit is die draad van rassisme waarvan hierdie kant van die Huis beskuldig word. Ek maak ten sterkste beswaar daarteen. Hierdie tegniek dra nie by tot die bevordering van goeie samewerking tussen die onderskeie groepe in hierdie Huis nie.

As agb lede s dat apartheid leef, dan leef hy inderdaad, maar dan leef hy aan daardie kant van die Huis. [Tussenwerpsels.] Ja, as agb lede s korrupsie leef, dan leef hy aan daardie kant van die Huis, by die ander provinsies, by die ANC.

Ek wil s dat ons aan hierdie kant van die Huis gesien het watter koers die ANC vir die munisipale verkiesing wil inslaan. Ons verstaan ook waarom dit so is, want as 'n mens kyk na die verslae van die ANC se strukture oor die naweek, is een ding duidelik: die ANC se strukture is besig om hier in die Wes-Kaap uitmekaar te val. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil terugkom na die toespraak wat die agb Premier vroer vandeesweek gelewer het. Ek wil hom gelukwens met sy weldeurdagte Openingsrede. Sy Openingsrede hou baie pitkos in vir parlementarirs, en daar is baie positiewe beleidsaspekte waaroor ons almal baie opgewonde kan raak. Die boodskap wat uitgestuur is, is een van hoop en vertroue in die Provinsie Wes-Kaap. Dit is ons verantwoordelikheid as leiers om hierdie boodskap van positivisme met moed en oortuiging oor te dra aan ons onderskeie kierserskorpse daar buite.

Die suksesse van die afgelope jaar kom duidelik na vore in die boodskap van die agb Premier. Die harde werklikheid is dat die o van verantwoordelike regerings dwarsoor die wreld gerig is op die Provinsie Wes-Kaap, enersyds om te sien of die koalisieregering in staat is om demokrasie hier in stand te hou en andersyds om te sien of die Wes-Kaapse Regering konstruktief kan saamwerk met die Sentrale Regering. Ek is oortuig dat, wat voormelde aspekte betref, die Wes-Kaapse Regering sedert 2 Junie 1999 by uitnemendheid daarin geslaag het om met die fondse tot ons beskikking die buitewreld tevrede te stel oor ekonomiese groei, die aanspreek van armoede, behuising, onderwys en gesondheidsdienste. Goeie samewerkende koalisieregering verseker dat die sake wat aandag van Kabinetslede verdien, doeltreffend en nougeset uitgevoer word. Ek wens alle agb Kabinetsminister geluk met hul toewyding, asook die agb lid mnr Marais vir die rol wat hy in die verband gespeel het.

Mnr die Speaker, wat samewerking met die Sentrale Regering betref, gaan dit ook goed, soos ons koalisiekabinet vir ons terugvoering gee. In sy Openingsrede verwys die agb Premier na deelname en die deelname van gemeenskappe. Ek interpreteer hierdie denkrigting as dat die agb Premier meer insette van die publiek daar buite verwag. Dit is duidelik dat die Provinsie die ware demokrasie van ons mense te alle tye in stand wil hou en terselfdertyd wil toesien dat daardie waardes, waar daar nog nie sukses behaal is nie, dringend en spoedeisend aangespreek word.

Die sukses van hierdie Provinsie gaan grootliks afhang van of ons in ons verskillende departemente, ons omgewing daar buite en in ons persoonlike daaglikse lewe die norme en standaarde van ordentlike en beskaafde waardestelsels sal kan bly eerbiedig, respekteer en handhaaf.

Waardestelsels vra nie of 'n mens ryk of arm is nie. Dit vra nie of 'n mens wit of swart of bruin is nie. Dit vra nie waar jy woon en waarvandaan jy kom nie. Ordentlike waardes vra of jy ordentlik en beskaafd teenoor jou medemens kan optree.

Ware demokrasie is en bly die Wes-Kaap se belangrikste bemarkingsproduk. Ware demokrasie is die sleutel tot 'n veilige en voorspoedige Wes-Kaap. Ware demokrasie se groot bate is juis daarin gele dat die gewone sakeman, die administratiewe beampte, die man op straat, die werker en die professionele persoon die geleentheid gegun word om die waardes wat vir hom belangrik is, te sien vestig vir sy toekoms in hierdie Wes-Kaap, wat ons almal wil sien groei en mooi bly.

Hierdie vryheid en die reg van individue tot deelname vorm die grondslag van vreedsame voortbestaan. Dit skep die geleentheid vir ekonomiese groei en vooruitgang. Dit skep voorts die geleentheid vir individue wat voorheen nie voorregte gehad het nie om nou deel te kan h aan die geleenthede wat tot hul beskikking is. Alle ekonomies-bydraende burgers van die land sal besef dat sekere maatskaplike dienste aan die voorheen benadeeldes en algemene opheffingswerk van die uiterste belang is vir 'n welvarende en vreedsame toekoms vir die Wes-Kaap.

Indien ons die voormelde waardestelsel in plek wil hou, sal dit ook wenslik wees dat ons ons kerke van verskillende geloofsoortuigings meer konstruktief betrokke kry. As gelowige Christen respekteer ek alle ander geloofsgroepe in hierdie Provinsiale Parlement. My vraag is of die tyd nie ryp is daarvoor dat die Wes-Kaapse Regering sy kerkleiers meer dinamies moet betrek by die oplossing van gemeenskaps- en maatskaplike vraagstukke nie. Na my mening sal die ware demokrasie van die Wes-Kaap grootliks in stand gehou word deur kerkondernemings te inkorporeer en hulle aktief deel te maak van die oplossing van maatskaplike en sosio-ekonomiese probleme. Daarom versoek ek die agb Premier om leiding te neem met die totstandkoming van 'n gespreksforum van die kerkgroepe wat hierdie gevoel met ons deel, met spesifieke tydskale en opdragte om sosiale en ekonomiese probleme aan te spreek.

WERKSAAMHEDE OPGESKORT OM 13:02 EN HERVAT OM 14:21.

OPENINGSREDE VAN PREMIER

(Debat hervat)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, in die minute wat ek vandag tot my beskikking het, wil ek graag elke lid van die Nuwe NP uitdaag om baie ernstig na te dink oor wat die agb Premier verlede week in sy Openingsrede oor die toestand van die koalisieregering ges het. Daardie bespreking en die gevolgtrekkings waartoe gekom is, sal 'n baie wesenlike invloed op die toekoms van die mense in die provinsie h.

Agb lede wat in die loop van die oggend die Cape Argus gelees het, sou gesien het dat mense hierdie kwessie wil afskaal tot 'n blote sake van vier stemme. Waaroor dit egter wesenlik gaan, is 'n besluit wat niemand behalwe die Nuwe NP kan neem nie - waarheen hulle as 'n party gaan en wat hulle glo vir hulle belangrik is in die manier waarop hulle bydra tot die bou van 'n nuwe Suid-Afrika. Ek wil elkeen van hulle graag uitdaag om oor die agb Premier se evaluering van die toestand van die koalisieregering en na te dink oor wat hulle glo die Nuwe NP in hierdie stadium van ons geskiedenis behoort te doen.

Mnr die Speaker, ek glo dat ons in 'n fase van heropbou en lewering verkeer, waarin al die hulpbronne van ons Regering, burgerlike samelewing, die sakesektor en arbeid daarop gemik moet wees om armoede uit te wis en rassisme eens en vir altyd te beindig.

Die oproep deur President Mbeki in sy toesprake op 8 Januarie en 4 Februarie vanjaar, dat ons die probleem van die kleurlyn moet oplos, is een waarop alle politieke partye moet reageer. Tydens my toespraak sal ek graag na party aspekte van hierdie stelling moet verwys, en ek wil ook graag die bode vra om hierdie afskrifte aan agb lede beskikbaar te stel. Ek het etikette daarop geplak - hoofsaaklik ter wille van die agb Ministers van die Nuwe NP, want dit is eintlik op hulle dat ek vandag hierdie beroep doen.

Mnr die Speaker, ek wil graag die agb lede van die Nuwe NP uitdaag om hulself die volgende vraag af te vra: glo ons dat ons beter in staat sal wees om hierdie land te herbou deur saam te werk - sowel as 'n vennoot en 'n opbouende kritikus - met die ANC-regering of met die DP? Dit is eintlik die vraag waarmee hulle te kampe het. Dit is nie 'n vraag waarvoor die ANC te staan kom nie; dit is 'n vraag wat die agb lede van die Nuwe NP moet beantwoord. Dit is die uitdaging wat ek graag tot hulle wil rig.

Mnr die Speaker, in plaas van probeer om deel van die bou van nasionale konsensies te wees, het die DP - wat die huidige vennote in die koalisieregering is - verkies om President Mbeki aan te val omdat hy die rassistiese opmerkings van 'n ingenieur aangehaal het. In teenstelling daarmee, het die nasionale Leier van die Nuwe NP gekonsentreer op wat positief was en ook sekere swakhede genoem, maar nie op 'n manier reageer wat daarop neergekom het dat nasionale konsensus nie gesoek is nie. Die DP het geweier om die behoefte vir die bou van nasionale konsensus te aanvaar en aangevoer dat die rol van opposisie daardeur gekompromitteer sou word.

In 'n brief aan die Sunday Times trek 'n sekere R Taljaard te velde teen diegene soos Kallie Knoetze en Pik Botha omdat hulle by die ANC aansluit, en voer aan dat 'n sterk ANC gevaarlik is vir demokrasie. Mnr die Speaker, dit is hierdie blanke Afrikaners wat besluit het dat hulle wil bou en 'n bydrae tot hierdie land wil lewer en hul hande sal vuil maak.

Dit beteken nie dat ons aanvoer dat elke enkele persoon dit wil doen nie. Agb lede van die Nuwe NP moet egter weet dat daar baie blankes - Afrikaners wat deur armoede geraak word - in baie gemeenskappe is wat hulle tot die ANC wend. Hierdie blankes begryp en aanvaar ook dat armoede die oorgrote meerderheid van bruinmense en Afrikane raak, en hulle is bereid om met die ANC saam te werk om op 'n daaglikse grondslag aandag aan hierdie sake te gee.

Mnr Frikkie Muller van Stilbaai het besluit om by die ANC aan te sluit. Ek s nie dat die agb Ministers van Plaaslike Regering of van Landbou, of die agb lid mnr Gelderblom noodwendig nou by die ANC moet aansluit nie. My vraag aan hulle is: is dit vir 'n party beter om saam met die ANC deel te neem aan die opbou van die land, of is dit vir hulle beter om hulself in 'n hoek te plaas en te s hulle moet net 'n opposisierol vervul?

*Mnr die Speaker, my uitdaging aan hulle is: wat is die manier waarop ons die beste kan bydra? Ek doen 'n beroep op diegene, soos die agb lid mnr Gelderblom en die agb Minister van Landbou. Hulle sien nie die lyding van die mense in Lawaaikamp, D'Almeida, Dysselsdorp, Haarlem en KwaNonqaba nie - hulle dra kennis van hierdie sake. Hulle ken ook die leiers van die ANC in daardie gemeenskappe. As hulle eerlik is, sal hulle toegee dat hulle weet dat die potensiaal daar is om hierdie probleme gesamentlik op te los in gebiede soos die Klein-Karoo en die Suid-Kaap. [Tussenwerpsels.]

Ons moet die volgende vrae aan hierdie twee here stel: kan hulle hul indink wat 'n inklusiewe Provinsiale Regering regtig in die provinsie kan bereik deur bruinmense, Afrikane en blankes te verenig? Sien hulle die potensiaal in wat daar is en kan hulle hul die werklike eenheid voorstel wat regtig gebou kan word as ons saamwerk?

Ons het in die provinsie 'n situasie waar die DP, deur die agb Minister van Onderwys, baie vroulike Afrikane beledig het, nie net in die Huis nie, maar ook in die Nasionale Vergadering, toe sy ges het dat baie mense bloot na konferensies gaan en hul enigste bydrae is om met "kos" daar weg te gaan. Dit is beledigend omdat dit in gebreke bly om daaraan erkenning te gee dat iemand wat van Mpumalanga kom en nie Engels kan praat nie, 'n bydrae in hierdie Huis of in die Nasionale Vergadering kan maak. Hul bydrae is miskien nie so welsprekend of so gesofistikeerd soos die bydrae van die agb Minister van Onderwys nie, maar hulle lewer 'n bydrae en ons het daardie bydrae nodig.

Die inherente rassisme van die DP se liberalisme en die manier waarop hulle dit toepas, het eintlik 'n kloof tussen mense geskep wat verenig in die provinsie behoort te wees, maar wat tans nie verenig is nie. Dit is daardie soort rassisme wat 'n doeltreffende regering daarvan weerhou om aan die armstes onder die armes in die provinsie te lewer.

Mnr die Speaker, ek doen 'n beroep op hulle om hulself nog 'n vraag af te vra: kan ons, op die vasteland van Afrika, 'n situasie bekostig waar die Kabinet nie 'n enkele Afrikaan insluit nie? As die agb Premier daarna kyk en hy sien die feite direk onder o, kan dit nie aanvaarbaar wees dat daar in 'n provinsie soos di van ons, geen Afrikaan in die Kabinet dien nie. Dit maak nie saak of hulle s dat hulle dit vir ons aangebied het en dat ons dit nie aanvaar het nie, of wat die storie ook al is, dit is 'n toedrag van sake wat die vermo van die koalisie om te regeer, wesenlik raak. [Tussenwerpsels.]

Die ANC het 'n mosie van wantroue voorgestel, maar dit is regtig nie 'n debat wat in die Huis uitgeklaar moet word nie. Die agb Nuwe NP-lede moet self in hul eie koukus en in hul federale raad besluit wat die koers is wat hulle wil inslaan ter ondersteuning van die visie van die President en die ANC. Dit beteken nie dat hulle skoothondjies moet word nie; dit beteken nie dat hulle die ANC moet ondersteun nie; dit beteken dat hulle vir nasionale konsensus moet stry en moet probeer om 'n visie verder te voer wat onder baie moeilike omstandighede voor 1994 ontwikkel is.

Ongelukkig het ons tans 'n koalisie wat verdeel in plaas van verenig. Ek wil aanvoer dat ons oor die potensiaal beskik. As die Nuwe NP besef dat hulle ten opsigte van doeltreffendheid en lewering aan die mense van die provinsie ...

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, is die agb lid bereid om 'n vriendelike vraag te neem?

Mnr C M DUGMORE: Nee, meneer.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Dugmore is nie bereid om 'n vraag te neem nie, en sy tyd is ongelukkig verstreke.

Orde! Ek sien die agb lid mnr Ozinsky. Ek het die versoek deur die agb lid om my op 'n punt van verduideliking toe te spreek, van die hand gewys, want ek was van mening dat dit 'n presedent sou skep. Ek het teenoor hom voorgestel dat sy party tyd aan hom beskikbaar moet stel en aan hom die geleentheid moet bied om weer te praat, wat 'n normale debatsrel is.
*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Isaacs en die agb Minister van Plaaslike Regering het in hul toesprake ges dat ek eerw Sampson van die OVK na hierdie Huis uitgenooi het en dat ek hom en die OVK by politiek ingesleep het.

Ek wil dit graag duidelik stel dat ek vanjaar nog nie eens met eerw Sampson gepraat het nie en dat ek nie weet wie hom na die Huis uitgenooi het nie. Ek is in 'n baie laat stadium gevra om oor hierdie aangeleentheid te praat, toe ons reeds in die Huis was, nadat ons party-Sweep bewus geraak het van sy teenwoordigheid in die Huis en besef het dat hierdie aangeleentheid in sy teenwoordigheid aandag verdien.

Ek dink die agb lid mnr Isaacs en die agb Minister van Plaaslike Regering is aan my en die Huis en eerw Sampson 'n apologie verskuldig.

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, baie dankie vir die geleentheid om aan hierdie debat deel te neem. Ons het baie dinge in hierdie debat gehoor. Ek wil graag terugkeer op wat die agb Leier van die Opposisie gister ges het. Ek haal aan uit Die Burger:

Rasool het met verwysing na die Premier se toespraak by die opening van die Provinsiale Parlement ges, "Morkel is slegs neerbuigend as hy praat van die provinsie se aandeel aan die Afrika Renaissance omdat sy Regering geen enkele swart mens bevat nie."

Mnr die Speaker, dit is vir my baie snaaks dat wanneer dit die ANC pas, word daar gepraat van swartmense; dan is hulle Afrikane, maar wanneer dit hulle nie pas nie is die agb lede me Brown, mnr McKenzie en mnr Gabru bruinmense. Hulle word dan in groepe geklassifiseer, maar wanneer dit hulle pas is dit almal swart.

Mnr Speaker, ek wil die agb Premier bedank vir sy rigtinggewende toespraak van verlede week. Die agb Premier het oor 'n wye spektrum van aangeleenthede gepraat wat hierdie provinsie raak, aangeleenthede wat hierdie provinsie en sy mense die belangrikste ag, naamlik ekonomiese ontwikkeling en voorspoed vir ons mense.

Toe die agb Premier sy Openingsrede gelees het, was daar reeds, volgens hierdie berig, struwelinge in die ANC. [Tussenwerpsels.] Die provinsiale kongres van die ANC het verlede week in die teenwoordigheid van Die Burger erken dat hul getalle afgeneem het en dat hulle PLs en PPLs nie opdaag by hul partystrukture nie. [Tussenwerpsels.] Dit is daar. [Tussenwerpsels.] Hulle soek nou 'n alliansie met die Nuwe NP; die agb lid mnr Dugmore soek nou 'n alliansie met die Nuwe NP ten koste van die DP. [Tussenwerpsels.] Ek sal saam met enigeen in alliansie gaan as dit my party se wens is.

Mnr Speaker, ek kan nie 'n posisie in die Huis skets asof niks daar buite gebeur nie. Die Nuwe NP is 'n geordende party; dit is 'n party met strukture en 'n party wat sy lede op grondvlak erken. As 'n besluit geneem word, word daardie besluit kollektief geneem, en nie hier in die Huis omdat die agb lid mnr Dugmore dit wil h nie. [Tussenwerpsels.]

Dit is jammer dat die agb Leier van die Opposisie so 'n negatiewe houding teenoor die agb Premier se Rede ingeneem het. Ek wil die agb Premier gelukwens met sy Openingsrede asook met die positiewe inisiatiewe wat hy genoem het. As hierdie inisiatiewe verwesenlik word, sal die mense van hierdie provinsie baie daarby baat en welvaart geniet.

Ek verwys graag na die agb Leier van die Opposisie se beskuldiging dat die agb Premier neerbuigend is, soos in my aanhaling uit Die Burger gerapporteer is. Die Nuwe NP en die DP wou so graag ook van hulle in die koalisieregering gehad het. Hulle het dit van die hand gewys; hulle het die agb Premier se toenadering met minagting bejen, en nou word daar weer voelers uitgesteek.

Die Nuwe NP het na die verkiesing mooi met hulle gepraat. Die Nuwe NP het ook die agb lid mnr Ramatlakane genader. [Tussenwerpsels.] Hulle wou hulle nie in die Wes-Kaap aan die demokrasie verbind nie. Hulle stel net daarin belang om alles in te palm en gebruik net die demokrasie wanneer dit hulle pas. Hulle stel nie daarin belang om hulle by die meerderheid van die kiesers se besluit neer te l nie. As hulle die meerderheidsteun nie kry nie, val hulle weer terug op die verlede en dreig met massa-optrede en boikotte - ook dit het die o van die mense oopgemaak.

Dit blyk duidelik uit die paar mense wat nou en dan opdaag, ... [Tussenwerpsels.] ... en hulle word ook maar betaal om hierheen te kom. [Tussenwerpsels.] Hulle word altyd hierheen aangery, en dan kom staan hulle met 'n paar plakkate voor die gebou ... [Tussenwerpsels.] Dit is ewe skielik belangrik vir hulle. Dit is tog duidelik dat as daar nie 'n betoging voor die Parlement plaasvind nie, het die ANC nie meer 'n stem nie. Ons gee hulle maar die geleentheid om tydens die openingseremonie te betoog.

Mnr C M DUGMORE: Wat van die tussenverkiesings wat julle elke keer verloor?

Die MINISTER: Wat van die verkiesings wat julle verloor het? [Tussenwerpsels.] 

Mnr P C MCKENZIE: Net twee!

Die MINISTER: O, twee! So die agb lid mnr McKenzie erken dit darem. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil liewer na die werklikheid terugkeer. Vanaf 1 Desember 1999 tot 11 Januarie 2000 het 94 mense op ons paaie gesterf, teenoor 143 sterfgevalle in die vorige seisoen. Ons het in die pas afgelope seisoen minder slagoffers op ons paaie gehad omdat ons die samewerking van alle verkeersowerhede in ons provinsie gehad het.

Ek het by elke geleentheid uitgegaan en met verkeersbeamptes gaan gesels; ek het by elke ongeluk gaan staan om die situasie te ontleed en ons mense aan te moedig om nog harder te werk.

Ek wil vandag in die Huis aan Nehawu erkenning gee. Ek wil my opregte dank oordra aan die Nehawu-lede in die Verkeersdepartement vir die bydrae wat hulle gelewer het. Hulle het 'n hele week lank gratis op die pad van die dood gewerk. Ek gee erkenning daaraan en bedank hulle opreg vir die diens wat hulle gelewer het. Ek wil vir hulle vra om ook in die toekoms met ons saam te werk. Hierdie moet nie 'n eksklusiewe geleentheid wees nie; kom ons werk in die toekoms saam om die slagting op ons paaie te verminder ter wille van die mense wat ons paaie gebruik.
Mnr die Speaker, ons ondersteun die nasionale Minister van Vervoer - en die agb Premier het dit ook gedoen - se herkapitaliseringsprogram. Ons wil daardie doodskiste van ons paaie afhaal. Elke nuwe voertuig wat vanaf 1 November 2000 op ons paaie ry, sal ons registreer sodat hulle ook hulle deel tot die Fiskus bydra. Taxi-operateurs betaal tans nie belasting nie; hulle steek die geld in hul sakke. Ons gaan hulle registreer sodat hulle belasting kan betaal; sodat hulle weet hulle deel het aan 'n georganiseerde organisasie.

Die Cape Argus van vandag rapporteer dat die nasionale Minister van Vervoer ges het hy sal sover moontlik help om rassisme in die taxibedryf uit te roei. En nou is dit Cata en Codeta - twee groepe wat dieselfde mense verteenwoordig - wat mekaar uitmoor. Ek vra die agb lid mnr Ramatlakane om met ons saam te staan wanneer ons Donderdag met hulle in gesprek tree sodat ons daardie punt by Cata en Codeta deurvoer. Ons kan nie bekostig dat ons mense mekaar uitmoor nie, dit oor 'n roete!

Mnr die Speaker, wanneer ons dit vir mekaar s, s ons vir mekaar ... [Tussenwerpsels.]

Mnr P C MCKENZIE: Maak 'n lekker toespraak!

Die MINISTER: Patrick, jy het jou geleentheid gehad. [Tussenwerpsels.] Meneer, die agb lid mnr McKenzie het gepraat oor Bonteheuwel; ek praat nie oor Bonteheuwel nie, ek praat oor die provinsie, die groter provinsie waarvan ek en die agb lid deel is. [Tussenwerpsels.] Hy het gekies waar hy wil wees en ek het gekies waar ek wil wees. Dit is sy reg om uit daardie stoel te s wat hy wil s, en dit is my reg om van die Nuwe NP se kant af te s wat ek wil s. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, kom ons kyk wat het gebeur. Die agb lid mnr Dugmore het so pas ges dat as die Nuwe NP en die ANC in 'n koalisie gaan, kan ons met mekaar saamwerk. Waarom kan ons nie nou met mekaar saamwerk, terwyl ons hier as lede van di Parlement dien nie? Waarom moet daar eers 'n koalisie wees? Wat het dit ...

Mnr C M DUGMORE: Die DP lei julle aan die neus rond.

Die MINISTER: Nee, ons laat ons nie aan die neus lei nie. Ons het oor al die jare ons eie pad geloop. Ek wil dit vir die ANC s, die agb Premier het 'n beroep op al die partye in die Huis gedoen, insluitende die ACDP en die UDM, om verby politieke grense te kyk en eerder na die mense van hierdie provinsie om te sien en te bepaal wat ons vir die mense van die provinsie kan doen, eerder as om politieke vlie van mekaar af te vang en vir mekaar te s wat is beter of wat is slegter - die Nuwe NP is sleg en die ANC is beter.

Mnr die Speaker, die agb Premier het na instroming verwys, en toe hy van instroming praat, toe word daar 'n ketting om sy nek gehang deur 'n lelike woord in die Huis te gebruik. Ons is lankal verby daardie dae; ons is lankal verby die dae dat ons mense volgens ras etiketteer. In die Nuwe NP word dit nie meer gedoen nie. As dit gedoen word sal ek dit beveg.

Mnr die Speaker, die jaar l vir ons voor, en 'n verkiesing l vir ons voor. Ons gaan in hierdie verkiesingsveldtog met mekaar hard veg, maar vuilspel is nie nodig nie. Ons kan die politieke argumente goed gebruik, sonder om met mekaar die vloer te vee met persoonlike aangeleenthede.

Mnr die Speaker, ons staan aan die begin van 'n nuwe jaar. Ek vra dat ons almal sal saamwerk om die agb Premier te ondersteun en sodoende hom in staat stel om die provinsie tot beter hoogte te lei.

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, hoewel ek weet dat hulle hulself die Nuwe NP noem, is dit altyd vreemd om aan hierdie kant van die Huis te sit en luister na die agb NP-lede wat oor rassisme praat. Onthou hulle nie dat hulle eintlik die argitekte van rassisme en apartheid is nie? Hulle het dit in hierdie land en in hierdie provinsie laat gebeur. Boonop is die DP dieselfde party wat nie net jaar na jaar ingestem is nie, maar ook strooptogte oor die grens heen in Mosambiek goedgekeur het. Hulle het al hierdie dinge gedoen. [Tussenwerpsels.] Nou kom hulle hierheen met hul aangeplakte heiligheid en kryt ons uit vir rassiste! [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, vandag wil ek nie net reageer op die Openingsrede van die agb Premier nie, maar ook aandag gee aan die ware vraagstukke. Myns insiens het sy Openingsrede tekort geskiet aan enigiets wat met die ware vraagstukke in die provinsie te doen het. Wat is die ware vraagstukke?

Ek wil graag begin deur te reageer op wat die agb Minister in die Kantoor van die Premier in haar toespraak ges het. Dit is wonderlik om iemand in die Huis te h wat gebaretaal tolk. Ek rig dieselfde uitdaging aan die agb Minister as wat ek by die Telkom-vergadering gerig het - dit gaan nie daaroor dat iemand gekry moet word om bloot 'n eenmalige vertoning te lewer nie. Die punt is om dit vir gestremdes moontlik te maak om by die voordeur van die Provinsiale Parlement in te kom. Dit is nou ses jaar later en gestremdes kan nog steeds nie binnekom nie; hulle kom deur die BBP-afdeling binne.

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: [Onhoorbaar.] Waarom het die ANC nie voorheen iets gedoen nie? [Tussenwerpsels.] U het vyf jaar gelede in die posisie verkeer om iets te doen. Waarom het u dit nie eerder gedoen nie?

*Me L BROWN: Hulle is al ses jaar lank aan bewind.

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: U moes eerder iets gedoen het. [Tussenwerpsels.] [Onhoorbaar.]

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, my probleem met die Nuwe NP/DP-alliansie is dat hulle werklik graag hierdie vraagstukke onder die mat sou wou invee. [Tussenwerpsels.] Dit maak my hartseer om te dink dat die Nuwe NP deel geword het van die oproep van die DP om die praat oor rassisme in hierdie provinsie tot 'n rassistiese daad te verklaar. My probleem is dat hulle vandag hier ges het dat die vernedering en skande van rassistiese gebruike van die verlede - en selfs huidige vooroordele - gegnoreer moet word en onder die mat ingevee moet word.

Mnr die Speaker, ek verstaan as 'n wesenlik blanke party daardie stellings maak; ek verstaan as 'n wesenlik blanke party wat blanke voorreg bewaar, s dat ons bitter en verwronge is en op die verlede hamer. Ek verstaan dit. Hulle het apartheid nooit ervaar nie! Dit is waarom ek verstaan dat hulle nie daaroor kan praat nie.

Mnr die Speaker, hul oumas moes nog nooit na 1994 steeds by die agterdeur van 'n dokter se spreekkamer ingaan nie. As 'n politikus en 'n ANC-aktivis het ek probeer om my ouma te oorreed om dit nie te doen nie, maar sy is heeltemal bevrees vir blankes. 'n Blanke party sou dit nie verstaan nie.

Wat ek self nie verstaan nie, is dit. Die wreldgemeenskap - met inbegrip van die ANC en party agb lede aan daardie kant van die Huis - het teen die magte geveg wat die groot slagting van die Tweede Wreldoorlog veroorsaak het en ons onthou dit almal. Ons s dat dit nooit weer sal gebeur nie. Ons sien flieks oor die Tweede Wreldoorlog en verklaar jaar na jaar dat die slagting 'n belediging vir die baie Jode in hierdie land was.

Na ses jaar wil hulle egter h dat ons moet vergeet dat apartheid ooit in hierdie land bestaan het! Ses jaar later wil hulle h ons moet vergeet dat plaaswerkers - terloops, wat dikwels bruin en swart is - inderdaad geen regte het nie! Hulle wil h dat ons al hierdie vraagstukke moet vergeet. Ek s vandag met hartstog dat ek nie sal toelaat dat dit gebeur nie. Ek sal nie toelaat dat rassisme in hierdie provinsie onder die mat ingevee word nie!

Mnr die Speaker, ek wil graag die plaag van rassisme aan 'n ander plaag in hierdie provinsie koppel - die plaag van kindermolestering. Die verskriklike daad van kindermolestering maak die kind seer, en daardie kind word groot daarmee, want hy of sy kan nie daaroor praat nie. Die plaag word dan verder beskerm deur die gesin, wat nie daaroor en die verleentheid wat die gemeenskap getref het, wil praat nie. Dan ontstaan die situasie waar die persoon wat van molestering aangekla word, in die hof verskyn en hy of sy s, "Die rede waarom ek 'n kind molesteer het, is die feit dat ek as kind gemolesteer is."

Om daardie rede moet ons geheue ons nooit in die steek laat nie - dit gaan nie oor ons nie; dit gaan oor ons kinders. Ek wil nie h dat enige blanke kind na hierdie tyd moet grootword en dink dat hy of sy deel van die Herrenvolk is nie. Ek sal nie toelaat dat my kind grootword met die gedagte dat hy of sy minderwaardig teenoor enige kind is nie. Ek sal, saam met my party, stry totdat ons met veiligheid kan s dat hierdie plaag uitgewis is.

Mnr die Speaker, die agb Minister van Vervoer en Werke het vandag in die Huis ges dat die ANC rassisties is omdat hulle sowel bruinmense as Afrikane swart noem - hulle het nie geweet wie hulle was nie. Die agb Minister is heeltemal reg. Ek is nie heeltemal seker dat enigiemand vandag hier kan s, "Ek is trots op enigiets", nie, met die uitsondering van blankes.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Met die uitsondering van Suid-Afrikaners.

*Me L BROWN: Nee. As die agb Minister van Onderwys so gevoel het, sou sy nie twee keer daaroor gedink het om 'n Moslem-kind in die Horskool Herzlia, wat oorwegend Joods is, te plaas nie. Sy sou nie twee maal daaroor gedink het nie. [Tussenwerpsels.] Die agb Minister van Behuising het in die Huis ges dat die agb lid mnr Dugmore in sy nagklere hier sit. [Tussenwerpsels.] Die agb Minister sou ook nie twee maal daaroor gedink het nie, want hy sou die reg van iemand met 'n ander tradisie of begeerte om die Huis binne te kom, aanvaar en respekteer het. [Tussenwerpsels.]

Die agb lede aan die ander kant dink dat dit alles baie geringe sake is. [Tussenwerpsels.] Ek het Sondag by 'n winkel op Swellendam ingestap.

Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: [Onhoorbaar.]

Me L BROWN: Ek het gegaan om 'n tak te stig, vir die inligting van die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake. [Tussenwerpsels.] Ek was 'n uur te vroeg en het na die kafee gegaan om 'n koerant en vrugtesap te koop. Ek het in die winkel gestaan toe 'n blanke man en sy seun ingestap het. Ek het in die winkel gestaan en die winkelier was op die punt om my geld te neem toe hy weggedraai het om die blanke man te help. Dit was 'n Sondagoggend en dit was 'n baie mooi rit tot op Swellendam, ek was baie kalm en ek het toegelaat dat hy die blanke man help. Toe het ek hom gekonfronteer. Ek het ges, "Meneer, is daar iets verkeerd met my geld?" Hy het ges, "Nee. Gee vir my u geld." Ek het ges, "Waarom het u daardie man voor my gehelp?" Hy het na my gekyk en ges, "Waarom maak u 'n bohaai hieroor? Dit is my winkel hierdie."

'n AGB LID: Presies. [Tussenwerpsels.]

Me L BROWN: Presies! Dit is juis die punt. [Tussenwerpsels.] Dit is juis die punt. [Tussenwerpsels.] Dit is juis die punt wat ek besig is om te maak. [Tussenwerpsels.] Dit is juis die punt. Hy het ges, "Dit is my winkel hierdie." Ek het ges, "Maar dit is my geld en mense met dieselfde velkleur as ek kom hierheen en koop hier, net soos ek gemaak het." Toe het hy aan my ges, "U sien, dit was nog altyd my gebruik; ek help altyd blankes voor bruinmense."

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: En wat het u daaromtrent gedoen? [Tussenwerpsels.]

*Me L BROWN: Ek het dit onder sy aandag gebring en nou voel ek goed.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Het u hom by die Menseregte-kommissie verkla?

*Me L BROWN: Ek dink dat ek die bewussynsvlak van my blanke broer op Swellendam verhoog het. [Tussenwerpsels.] Dit is die punt wat ek wil maak.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Daar is geen waarheid in wat u s nie, want u het nie opgetree nie.

*Me L BROWN: Ek het daarin geslaag om die bewussynsvlak van my blanke broer op Swellendam te verhoog; dit is die punt. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: U kan nie die Huis so kom mislei nie!

*Me L BROWN: Ek gaan nie die man onder die sweep steek nie; ek sal dit nie doen nie. [Tussenwerpsels.] My titel is nie die Minister van Onderwys nie. Ek kasty niemand nie. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: U het so pas die Huis mislei.
Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, die agb Premier het vandag die kwessie van rassisme hier vanuit 'n ander hoek benader. Hy het ges dat hy rassisme sal hanteer deur enigiemand vas te vat wat enige rassistiese saak ophaal of enige rassistiese woord uiter. Ons weet hoe die agb Premier daardie sake hanteer het!

Ek wil graag 'n ander saak ophaal. Die President het in sy toespraak op 8 Januarie vanjaar ges dat een van die oplossings vir armoede is om die kwessies van rassisme en seksisme te hanteer. Die agb Premier het in gebreke gebly om te besef dat die armstes onder die armes in plakkersgemeenskappe en landelike gebiede woon, en op plase; dat die armstes onder die armes, enkelmoeders, die bejaardes en straatkinders is - diegene wat deur die net geval het. Hulle is nie uitsluitlik Afrikane en bruinmense nie, maar die meerderheid van hulle is. As die agb Premier dit besef het, sou hy nie deur sy hele toespraak kon gaan en toe ges het, "Ek kan nie oor armoedebestryding praat nie omdat ek nie genoeg tyd het nie."

Wat die agb Premier gedoen het om die rassekwessie te hanteer, was om die vorige voorsitter van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge af te dank omdat sy aandag gegee het aan die nie-verteenwoordiging van Afrikane en bruinmense in die Wes-Kaap. In wese vra die agb Premier dat ons die gesindheid van die DP in die Huis moet aanvaar en die kwessie van rassisme onder die mat moet invee en weier om dit te hanteer. Soos die gesin van 'n kind wat gemolesteer word, s die agb Premier, "Kom ons los daardie saak uit." [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ek verwerp die patetiese poging deur die ANC tot rasse- en sektariese mobilisasie met die minagting wat dit verdien. [Tussenwerpsels.] Die ironie is dat hulle my valslik beskuldig van sekte-ywer sodat hulle die Moslem- en Joodse stem kan opsweep. [Tussenwerpsels.] Dit is hul rassistiese en sektariese strategie. [Tussenwerpsels.] Hulle beklemtoon rasseverskille wanneer dit hulle pas en misken dit wanneer dit hulle pas. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, dit is nie rassisties om van ons skoolklinieke te verwag om sensitief te wees vir die godsdienstige ingesteldheid van studente en hul ouers nie. [Tussenwerpsels.] Ons waarborg godsdiensvryheid en vryheid van assosiasie. As Moslems verkies om na die Horskool Herzlia te gaan, sal ek hulle sterk ondersteun, maar as ons skoolklinieke Moslem-leerders na die Horskool Herzlia verwys, moet hulle uitvind hoe sterk hulle oor hul godsdienstige bande voel en hulle moet dieselfde met Joodse of Christen leerders doen. Dit dui op respek vir godsdiensvryheid. Ek is nie van plan om enige verdere tyd aan die patetiese sektariese strategie van die ANC te bestee nie. [Tussenwerpsels.] Dit is heeltemal toepaslik. [Tussenwerpsels.] Dit is heeltemal gepas ... [Tussenwerpsels.] ... dat die agb lid mnr Ozinsky daarvan hou om Goebbels aan te haal, wat blykbaar eenmaal ges het, "As jy 'n leuen dikwels genoeg herhaal, sal genoeg mense dink dat dit die waarheid is." Die agb lid en die ANC pas daardie leerstelling nougeset toe. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, wat die ANC egter nie besef nie, is dat iemand 'n bietjie slimmer en meer eties as Goebbels ges het, "you can not fool all the people all of the time", want die waarheid sal uiteindelik aan die lig kom.

Die grootste leuen wat die ANC laat voortleef, is dat die koalisieregering - en spesifiek die DP - nie vir die armes omgee nie. Ek is glad nie van plan om te probeer om die agb lede van die opposisie van die teendeel te oortuig nie. Dit sou 'n vermorsing van tyd wees, want hulle glo eerlikwaar dat hulle die monopolie oor waarheid en moraliteit het en is daarom onvatbaar vir redevoering. [Tussenwerpsels.] Dit is waarom hulle veroordeelde misdadigers, soos ontvoerders en beweerde moordenaars, op hul verkiesingslys verdedig.

Mnr die Speaker, vir die ANC is dit goed genoeg dat daardie mense lede van die ANC is. As 'n mens aan die ANC behoort, volgens hul logika, is jy outomaties goed en reg, ongeag jou kriminele rekord. [Tussenwerpsels.] Dit is 'n geval van "Four legs good, two legs bad." Individue en hul etiek en moraliteit is vir die ANC irrelevant; die organisasie oorheers alles. Goebbels sou dit goedgekeur het.

Hoewel dit sinneloos is om die ANC te probeer inlig, is gewone mense - veral die armes - veel meer redelik. Hulle sien toenemend deur die propaganda van die ANC en hulle doen dit vinniger as wat die armes in Zimbabwe deur Robert Mugabe se propaganda gesien het. Hulle begin gelukkig ook sover kom om deur hom te sien. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die armes in Suid-Afrika raak toenemend daarvan bewus dat lede van die DP, en spesifiek my kollegas op daardie banke en ons koalisievennote, elke dag skouer aan skouer saam met die armes werk.

*Me T ESSOP: Watter armes? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Ons hoor wat die armes s en ons probeer om skoon, rekenpligtige regering aan hulle te lewer. [Tussenwerpsels.] U weet nie eens watter armes nie. Ek is al vir 'n lang ruk 'n organiseerder. U moet ook daarheen gaan.

*Me N NTWANAMBI: U is so ... [Onhoorbaar.] Dit is waarom. [Tussenwerpsels.] Dit is presies wat ek doen.

*Die MINISTER: In teenstelling daarmee het die Sunday Times ges dat daardie agb lede nooit in hul kiesafdelings is nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, laat ons, weer eens in teenstelling daarmee, na net een voorbeeld kyk van hoe die ANC die armstes onder die armes dien. [Tussenwerpsels.] 

Die SPEAKER: Orde!

*Me N NTWANAMBI: U het ges, ... [Onhoorbaar.] ... die swart middelklas dit nie gaan kry nie.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, elkeen weet dat plattelandse mense van die armstes onder die armes is en dat hul kinders dikwels plaasskole bywoon. Die agb lid me Brown het pas daarvan gepraat. Nogtans moes die ANC-regering in die Oos-Kaap deur die Menseregte-kommissie gedagvaar word om die jaarlikse subsidie aan plaasskole te betaal nadat hulle drie jaar lank in gebreke gebly het om dit te doen. [Tussenwerpsels.] Dit het byna tot die sluiting van 700 van di skole gelei.

Die Mail & Guardian wat die ANC tydens die vorige verkiesing sterk ondersteun het, het soos volg kommentaar gelewer, en ek haal aan:

	The Human Rights Commission's intervention will restore the right to education to thousands of farm school pupils in the Eastern Cape.

Mnr die Speaker, die ANC wat daarop aanspraak maak dat hy 'n kampvegter vir die saak van die armes is, het inderdaad sy grondwetlike verpligting vir byna drie jaar versaak om 'n basiese opvoeding aan hierdie kinders te verskaf.

Die ANC-LUR vir Onderwys in die Oos-Kaap beweer dat hulle nie die geld gehad het om die subsidies te betaal nie, maar geld blyk geen probleem vir hierdie LUR te wees as hy 'n motor moet huur om van Johannesburg Lughawe na 'n vergadering in Pretoria te reis nie. Dit is inderdaad 'n insiggewende gesig om te sien hoe die ANC-LUR die grootste wit Mercedes Benz bestuur wat gehuur kan word, terwyl die sogenaamde elitistiese verteenwoordigers van die Wes-Kaap op die snelweg aanploeter in 'n Toyota Tazz omdat hulle dink dat dit onaanvaarbaar is om belastingbetalers se geld aan weelde-items te bestee. [Tussenwerpsels.] Dit is omdat ons omgee vir die armes. Ek wens die leerders van plaasskole in die Oos-Kaap kon daar wees om di toneel te aanskou. Of, noudat ek weer daaroor dink, hulle hoef dit nie te sien nie - hulle ervaar dit elke dag.

Mnr die Speaker, dit is waarom hierdie behoeftige kinders in hul duisende na die Wes-Kaap kom, desperaat vir 'n plekkie in die Wes-Kaapse skole. Ons verwelkom hierdie kinders en ons probeer om ons bes vir hulle te doen, hoewel daar tans aansienlike ruimte vir verbetering is. Oor die afgelope vier jaar het ons 24 skole gebou, waarvan baie was om hierdie uiters behoeftige, arm kinders te huisves. Hulle sal enigiets doen om 'n plek in 'n Wes-Kaapse skool te bekom, met inbegrip van die pleeg van bedrog deur 'n vervalste verslagkaart te kry - optrede wat die agb lid mnr Ozinsky waarskynlik sou goedpraat solank die bedrier 'n egte ANC-lidmaatskapkaart het. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit toelaatbaar dat die agb Minister van Onderwys insinueer dat ek onwettige of kriminele optrede sou goedpraat?

*Die SPEAKER: Orde! Ek dink nie dit is wat die agb Minister van Onderwys gensinueer het nie. Sy het na lidmaatskap van 'n politieke party verwys en die feit dat indien dit reg was, die agb lid mnr Ozinsky enigiets sou goedpraat. Dit is in algemene terme. Ek sal egter die aangeleentheid oorweeg en 'n finale beslissing gee. Ek kan dit nie buite die orde rel nie. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek sal u die moeite spaar. Ek het dit gensinueer en ek trek dit terug. [Gelag.]

Ek het tydens registrasie by 'n skool gesit en met party van hierdie arm studente gepraat. Ek het een jong meisie van Mt Fletcher in die Oos-Kaap gevra waarom sy 'n vervalste verslagkaart gekoop het. Sy het ges dat sy nie gedink het dat sy 'n kans gehad het om matriek in die Oos-Kaap te slaag nie en daarom desperaat was om by 'n skool in die Wes-Kaap in te kom. Die skoolhoof van die skool wat onlangs gebou is, het my meegedeel, "Ons bedien die Oos-Kaap in hierdie skool." Dit is die standpunt van baie ander skoolhoofde wat tydens 'n onlangse departementele opname ges het dat tot 95% van die leerders in hul skole uit die Oos-Kaap kom.

Ek sal met belangstelling luister na die manier waarop die agb lid mnr Ozinsky en die agb Leier van die Opposisie - en nou die agb lid mnr Gabru - verduidelik waarom hierdie kinders feitlik vlugtelinge gemaak word deur die ANC in die Oos-Kaap, wat blykbaar so sorgsaam en so toegewy aan die belange van die armes is. [Tussenwerpsels.] Dit sal nie lank wees voordat daardie mense die waarheid van hul situasie besef nie, net soos die kiesers van Zimbabwe begin om die waarheid van di van hulle besef. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, wat nog erger is, is dat terwyl ons probeer om hierdie kinders na die beste van ons vermo gepas te akkommodeer, die Oos-Kaapse regering 'n subsidie van die Sentrale Regering vir hulle ontvang. Waar is al hierdie geld? In die motorhuur-begroting van die LUR, in die begroting vir spookonderwysers, of waar? Wat nog erger is, is dat die Oos-Kaap oorloop van geleende finansiering. Ek het in een van die rade gedien en ek kan presies waarborg wat met die geld gedoen word. Kom ek s net: wat 'n skande! [Tussenwerpsels.] Wat 'n skande!

Mnr die Speaker, ek wil nader aan die Huis beweeg en na die ANC se klein Popcru-span in die Guguletu Polisiestasie verwys. Dit sal interessant wees om die ontleding van die agb lede mnr Ozinsky of me Essop, of enigiemand anders te hoor van hoe hierdie ANC-steunpilare die brandarm slagoffers van misdaad dien deur in die aanklagkantoor The Bold and the Beautiful te kyk.

*Mnr M OZINSKY: Ons het gevra dat dit hanteer word met ... [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Die agb lid mnr Ozinsky moet luister! Toe ek met die stasiebevelvoerder gepraat het, het hy in desperaatheid aan my ges dat hy die TV in die aanklagkantoor geplaas het om sy beamptes daarvan te weerhou om tydens werkure by die plaaslike sjebien na hul gunsteling programme te gaan kyk. [Tussenwerpsels.] Dit is ware diensetiek waardes daardie. [Tussenwerpsels.] Dit is hul bondgenoot, Popcru. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, ons het die plaaslike verkiesings op hande ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, is die agb Minister van Onderwys bereid om 'n vraag oor die Guguletu Polisiestasie te neem?

*Die MINISTER: Nee, ek sal nie.

*Mnr M OZINSKY: U is te bang om die waarheid te hoor. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Ek ken die waarheid. Ek was daar. [Tussenwerpsels.] Ek weet wat die waarheid is. Ek was daar. [Tussenwerpsels.] Ek was daar. Daardie agb lid was nie daar nie.

*Me N NTWANAMBI: U het ook TV gekyk.

*Die MINISTER: Sy was nie daar nie.

*Me N NTWANAMBI: Ja, ek het gesien hoe u The Bold and the Beautiful kyk. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ons het plaaslike verkiesings op hande.

*Me N NTWANAMBI: Ja, ek ken u! [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Wat het daardie agb lid gedoen om die armes in die polisiekantoor te beskerm?

Me N NTWANAMBI: [Onhoorbaar.] [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Ek was besig om hulle te help.

*Me N NTWANAMBI: Wat het u gedoen? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Ek was besig om hulle te help. Wat het die agb lid gedoen? [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Orde! Die agb Minister se tyd is gelukkig verstreke. [Gelag.]

*Me N C PHENDUKA: Mnr die Speaker, ek wil die Huis graag daaraan herinner dat wanneer mense slaap, hulle droom, en wanneer hulle wakker word, besef hulle dat hulle slegs gedroom het. Dit is nie iets werkliks nie. Ons in die Huis moet nie ons drome as werklikheid beskou nie. Dit is die boodskap wat ek vir die Huis het.

Ek waardeer dit dat ek vandag aan die debat kan deelneem. Die agb Premier het ges dat 95% van die bevolking van die Wes-Kaap tevrede is dat die koalisie hierdie provinsie regeer. Uit hierdie soort reaksie is dit vir my duidelik dat die agb Premier nie in voeling is met die vraagstukke nie. Hy wil nie na die gemeenskappe luister nie. Het die agb Premier die artikel van mnr Thabo Mabaso in die Cape Argus van 10 Februarie 2000 gelees?

*Mnr G R STRACHAN: Nee, hy het nie.

*Me N C PHENDUKA: Nee, ek dink nie dat hy die artikel gelees het nie. [Tussenwerpsels.] Ek sou graag daaruit wou aanhaal:

Close to 80% of senior managers in your government are white males ...

Is dit nie waar nie? Besef u dit? [Tussenwerpsels.] Ek haal verder aan:

... and only one is a black African.

Mnr die Speaker, ek wil my tema aan hierdie artikel ontleen. Verlede week het ons 'n parade van amptenare van die departemente gehad wat hul begrotings aangebied het. Daar was nie 'n enkele vrou in daardie parade nie. Kom ek vra die agb Minister in die Kantoor van die Premier of ons werklik na die kwessie van transformasie kyk. In die debat van 6 September 1999 s sy, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, deel 2, bl 135:

Dit is die verantwoordelikheid van my Kantoor om die transformasieproses in hierdie Provinsie te aktiveer, te kordineer, te moniteer en te evalueer ...

Is dit besig om te gebeur? Dit is nou agt maande later. Ons het nie eens gesien dat een verandering teweeggebring is nie. [Tussenwerpsels.] Ek betwis dit, want die agb Minister het nie eens 'n plan om dit te hanteer nie.

Mnr die Speaker, die agb Premier het die agb Minister van Onderwys geloof as die redder van die koalisie. Kan ons praat oor die werklikhede in die Huis en wat werklik in ons kiesersgemeenskappe aan die gang is? Is die agb Minister en die agb Premier bewus van die oorvol toestande in die skole in ons townships? Is hulle werklik bewus daarvan? [Tussenwerpsels.] Is hulle bewus daarvan dat daar steeds kinders is wat stoele van die huis af moet bring sodat hulle in die klaskamer iets het om op te sit? Hulle bring melkkratte om op te sit. Is hulle bewus van hierdie sake? [Tussenwerpsels.]

'n AGB LID: Praat oor die Wes-Kaap!

Me N C PHENDUKA: Mnr die Speaker, die agb Minister en die agb Premier het na die Wes-Kaap verwys. [Tussenwerpsels.] Die agb Premier het van 'n slaagsyfer van 92% gepraat. Hulle het net die rooskleurige sake op die tafel geplaas, asof dit die sake is wat die mense paniekerig maak. Party van die kinders wat onder die 92% val waarna die agb Premier verwys het, het wiskunde en wetenskap gedruip. Waarom? Dit is bloot omdat daardie skole nie oor toerusting beskik nie. Ons praat nog steeds oor die le laboratoriums.

Die agb Minister van Onderwys gaan rond saam met die pers om die boodskap by die mense tuis te bring dat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement iets doen. Absoluut niks gebeur in daardie skole nie. Hulle soek die skole uit wat reeds hul bes gedoen het om vir hulself fondse in te samel. Die agb Minister en die agb Premier maak aanspraak op maklike oorwinnings. Daardie prosesse is vir hulle 'n skande. Hulle weet nie eens hoe dit gebeur het dat daar rekenaars in daardie skole is nie. Die onderwyser het rondgesoek om die toerusting vir die skole te bekom. [Tussenwerpsels.] Wat is die rol van die agb Minister van Onderwys in die Provinsie? Waarmee is sy besig?

*Mnr S E BYNEVELDT: Sy is besig om die Oos-Kaap te bestuur.

*Me N C PHENDUKA: Sy bestuur die Oos-Kaap en sy wil alles verder bestuur. [Tussenwerpsels.] Sy kan nie maar net aanspraak maak op maklike oorwinnings nie.

Mnr die Speaker, die feit is dat die 5% waarvan die agb Premier gepraat het, diegene is wat ek nou genoem het. Hy het ges dat 95% van die bevolking tevrede was. Die mense van wie ek so pas gepraat het, is die 5% waaraan ek dink die agb Premier nie eens die moeite gedoen het om te dink nie.

Ek wil na die 100-dae program verwys. Hulle bendruk mense daar buite met hul rooskleurige programme en beleidstellings vir lewering, maar waar is die gevolge van die programme? Wat het hulle ingevolge daardie programme gelewer? Hoegenaamd niks nie! Hulle gebruik die belastingbetalers se geld vir praatvergaderings. Ons is moeg daarvoor. Hulle voer 'n veldtog vir die verkiesings en ander sake, en bestee die belastingbetalers se geld. Ons in die ANC sal dit nie toelaat nie. Ons sal 'n punt daarvan maak om te verseker dat die geld wat in hierdie Provinsie bestee word, korrek bestee word, vir die doeleindes waarvoor dit beoog was.

Mnr die Speaker, party agb lede het verwys na die trekpatrone na die Wes-Kaap en die implikasies wat dit inhou. Hulle het oor hulpbronne gepraat en ges dat die mense uit die Oos-Kaap kom na wat daardie agb lede as hierdie pragtige stad beskou, en hier 'n gemors kom maak. My standpunt oor hierdie saak is dat die hande van daardie mense wat uit die Oos-Kaap kom, die rykdom van hierdie land, al die rykdom van hierdie provinsie, vir ons almal gebou het. Dit is iets wat hulle nie besef nie en hulle kan dit nie erken nie. [Selfoon lui.]

Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

Me N C PHENDUKA: Daardie mense sit vandag in die boendoes vanwe die Nuwe NP, wat die blaam van hulself, hul eie hande, hul eie regering en hul eie skepping verskuif het en ges het dat die ANC die verantwoordelikhede moet dra. Hulle het ges dat dit die ANC se probleem is. Nee, dit is nie! Ons moet almal die situasie regstel. [Tussenwerpsels.] Ons was nie deel van die apartheidsregering nie. [Tussenwerpsels.] Ons was nie deel van die daarstelling van die Vlakplaas-situasie nie. Hulle was deel van daardie sake. [Tussenwerpsels.]

Ek wil iets regstel, naamlik die opvatting dat ons van die registrasiekwessie weghardloop. Ons s dat die geld wat daardie agb lede wil h om aan die verkiesings toe te wys, aan die OVK gegee moet word. Ons is nie teen die verkiesings gekant nie. Ons is nie teen registrasie gekant nie.

Ons vra egter wat hulle met die foto's gaan maak. [Tussenwerpsels.] Wat gaan hulle met die bedigde verklarings doen? Wat gaan hulle met die adresse maak? Ja, ons is bang. Iemand het gevra of ons nie bang is nie. Ja, ons is bang. Waarom is ons bang? Ons is bang omdat ons nie tot 'n paar jaar gelede geweet het van die bestaan van Vlakplaas en dat mense doodgemaak is nie. Ons weet nie of hulle mense daarheen oorgeplaas het nie. Ons weet nie wat hulle met die adresse gaan doen nie. Ons wil nie mense op hierdie wyse in gevaar stel nie. Ons s daarom dat geen adresse en geen foto's aan die Provinsie gegee word om daarmee te kan maak wat hulle wil nie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, toe ek jonk was, het ek na die sirkus gegaan. Ek onthou duidelik hoe die narre na die akrobate ingekom het. Na die narre is bekendgestel wat hulle "'n unieke individu" genaamd Die Beenlose Wonderwerk genoem het. My vader was so bekommerd dat ek deur die gesig ontstel sou word, dat hy my o toegedruk het omdat dit so grotesk en ruggraatloos was. Dit het my 30 jaar geneem om uiteindelik Die Beenlose Wonderwerk te sien!

Hier het ons die agb lid me Brown wat 'n kampvegter is vir burgerregte en die onderdruktes en wat teen rassisme of enige leerstelling hoegenaamd daarvan gekant is, en wanneer sy met rassisme gekonfronteer word, gebruik sy nie die middele tot haar beskikking nie, soos die Menseregte-kommissie wat haar party geskep en op die publiek afgedwing het.

Ek daag die agb lid me Brown uit, en ek versoek haar Hoofsweep om dit aan haar oor te dra, om haar klagte - vandag nog - by die Menseregte-kommissie aanhangig te maak. As sy wil, kan sy my Kantoor skakel en ek sal die nommer van die Menseregte-kommissie aan haar gee. Ek sal persoonlik saam met haar na daardie winkelier gaan om te verseker dat die klagte behoorlik ingedien word. As daardie persoon skuldig is aan 'n kriminele oortreding, sal ek persoonlik na die polisiekantoor gaan en verseker dat daardie persoon in hegtenis geneem word vir die daad. Dra asseblief my boodskap aan die agb lid me Brown oor.

Ek wil die agb Premier graag bedank vir die ondersteuning wat hy in sy Rede met betrekking tot misdaadvoorkomingsoperasies in hierdie provinsie gegee het. Meer spesifiek wil ek hom graag bedank vir sy onvoorwaardelike ondersteuning van die nasionale Minister in sy mondelinge poging om misdaad te bestry.

Ek wil hom ook graag bedank omdat hy in taamlike besonderhede melding gemaak het van die Chrysalis-program, wat daarop gemik is om jong volwassenes vir 'n beter lewe te probeer oplei en hulle daarom van misdaad weg te lei. Dit is 'n unieke projek. Dit het die ondersteuning van die nasionale Sekretariaat van Veiligheid en Sekuriteit geniet, en in so 'n mate dat hulle gevra het of hulle dit kan kom evalueer met die oog daarop om dit in ander provinsies te dupliseer. Ek is seker dat dit suksesvol sal wees.

*Mnr M OZINSKY: Ons het dit ook ondersteun!

*Die MINISTER: Die agb lid mnr Ozinsky het homself 'n bietjie voorgespring, want my volgende stelling het 'n bedanking ingesluit aan die lede van SKOF vir hul onverdeelde ondersteuning toe die departement die plan vroeg verlede week aan hulle voorgehou het. Ek wil hulle graag bedank vir hul ondersteuning. Ek glo dat dit aan hierdie Provinsie 'n werklike geleentheid bied om 'n poging aan te wend om misdadigheid uit te roei voordat dit begin.

Na die agb Premier se Openingsrede was daar 'n mate van kritiek in die media, volgens die Cape Argus. Ek wil graag 'n paar opmerkings oorvertel wat deur me Naledi Pandor gemaak is, wat toevallig die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies is. Sy het ons met haar teenwoordigheid vereer en was op die sprekerslys, maar het ongelukkig besluit om die uitnodiging van die hand te wys. Dit is jammer, want ek sou graag direk na haar wou verwys.

As 'n kampvegter vir die provinsies en synde die voorsitter, sou ek gedink het dat sy 'n neutrale posisie sou inneem en die provinsies sou ondersteun.

'n AGB LID: Sy behoort aan ons.

Die MINISTER: Ja, ek is bevrees dit is iets waarvan ons nie kan wegkom nie. As die ANC in 'n posisie kom wat tradisioneel veronderstel was om neutraal te wees, kan hulle nie hul subjektiewe gesindhede daar uithou nie. [Tussenwerpsels.]

Me Pandor het ges dat sy in die besonder verbaas was deur die agb Premier se swye oor die ware vraagstukke waarmee die Provinsie te kampe het, soos stedelike terreur. Dit is 'n algehele weerspreking van ander agb lede van die ANC, wat ges het dat hulle gedink het die belangrikste prioriteite was ander sake. Nadat sy dit ges het, het me Pandor ges dat stedelike terreur die belangrikste saak was.

Wel, miskien moes die agb Premier 'n bietjie gespog het. Ons kan nie aanspraak maak op erkenning vir wat die polisie doen nie, want hulle is 'n afsonderlike departement, maar bloot ter inligting van die Huis moet ek noem dat stedelike terreur in hierdie provinsie op hierdie tydstip met 63,3% afgeneem het. Pypbomaanvalle is 87,5% minder. [Tussenwerpsels.] As ek by me Pandor moet aansluit in 'n teregwysing van die agb Premier, sou ek dit bloot doen uit die oogpunt dat hy hierdie goeie punte moes gemeld het. [Tussenwerpsels.] Hy het nie, maar kom ons laat dit daar.

Me Pandor s dan dat die volgehoue gehamer op meer bevoegdhede - sonder om op besonderhede in te gaan - baie irriterend begin word. Dit is nie besig om baie irriterend te word nie. Ons beskik wel oor die bevoegdheid, soos voormalige ANC-politici, byvoorbeeld in Idoc en die Kantoor van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings onder Bulelani Ngcuka ook beskik. Hulle begaan so baie foute.

Me Pandor s dat die polisie flaters begaan deur sake te verloor, maar sy bly in gebreke om te s hoeveel sake mnr Ngcuka, voormalige ANC-politikus, Willie Hofmeyr, voormalige ANC-politikus, en Percy Sonn, wie se voorliefde vir die ANC algemeen bekend is, verloor. Nie 'n woord van kritiek nie! [Tussenwerpsels.] Ek sou gedink het dat indien sy die polisie wou aanval, wat 'n Sentrale Regeringsdepartement is, sy ook vrygewig genoeg sou wees om die Departement van Justisie aan te val, wat tans meer foute begaan ten opsigte van die verloor van sake. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede moet net die koerante lees.

Die Departement van Justisie betaal nie eens sy rekeninge aan diegene wat pro Deo optree om die armstes onder die armes te verteenwoordig nie. Ek het nie oor die afgelope 48 uur 'n verklaring deur die ANC gesien met betrekking tot die hoofopskrifte oor die nie-betaling van prokureurs wat die armstes onder die armes pro Deo verdedig nie. Daar is nie 'n enkele woord om te s dat dit sal voortduur sodat die armstes onder die armes regsverteenwoordiging kan h nie. [Tussenwerpsels.] Die ANC s nie 'n woord ter verdediging hiervan nie. Kom ons laat dit daar.

Komm Max het die Persklub verlede week toegespreek. Soos agb lede weet, is komm Max die eerste - by gebrek aan 'n beter woord - anderskleurige persoon wat 'n provinsiale kommissaris in hierdie provinsie geword het. Hy het 'n uitgebreide keuringsproses deurgegaan. Almal het deelgeneem en hy is verkies. Ek weet dat die ANC nie besonder bly is nie, want hul voorkeurkandidaat het nie die paal gehaal nie. [Tussenwerpsels.] Dit was egter 'n oop, regverdige en deursigtige proses en die beste persoon het die werk gekry. [Tussenwerpsels.] Luister asseblief, want dit is baie belangrik. Hulle s dat misdaad belangrik is, dus moet hulle luister.

By die Persklub het komm Max ges - en nie 'n woord van die ANC daarna nie:

At this point in time 21 out of 163 police stations in this province are closing at 16:00 because we do not have the manpower to run them.

Nie 'n woord van die ANC is in hierdie verband gehoor nie. Ek wil byvoeg dat nie een van daardie polisiestasies toevallig in 'n swart gebied is nie.
Hy s dan dat die polisie tans 40,44% onder-sterkte in hierdie provinsie is. Ek onthou nie dat ek 'n woord in die media van die ANC in hierdie verband gesien het nie.

'n AGB LID: Skande!

Die MINISTER: Dit is 'n skande! [Tussenwerpsels.]

Nadat ek dit ges het, wil ek die Huis graag meedeel dat die polisie ten spyte van die tekorte daarin geslaag het om in die ses weke van die feesgety die mees misdaadvrye naweke wat ons in 'n lang tyd ervaar het, te bewerkstellig, met inbegrip van die townships. [Tussenwerpsels.]

As die agb lid mnr Byneveldt 'n kort verklaring van gelukwense aan daardie mense gemaak het wat hul Kersfeesverlof gekanselleer het en oortyd gewerk het om 'n veilige Nuwe Jaar vir al die toeriste en die inwoners van hierdie provinsie teweeg te bring, sou dit verwelkom gewees het.

Wat egter nie help nie, is die feit dat die nasionale Regering ten spyte van die tekorte en die beperkinge weer eens kennisgewings van vrywillige skeidingspakkette uitgereik het. Hier het ons dit: "Vrywillige skeidingspakkette". Hulle gaan weer vrywillige skeidingspakkette aanbied. Ons gaan nog 'n uitstroming van polisiebeamptes h. Oor die afgelope vier jaar is slegs 107 nuwe rekrute na hierdie provinsie gestuur. Die polisie verloor elke maand tussen 40 en 60 lede as gevolg van die sterftes, bedankings en redes van daardie aard. Ons het dus 'n inset van 107 rekrute gehad.

Ek het egter 'n bietjie goeie nuus. Ek het 'n bietjie werklik goeie nuus. Ek wil hier verslag doen oor die Gemeenskapspatrolliebeampteskema. Agb lede weet dat ons verlede jaar 400 beamptes opgelei het teen R750 000. Aan die einde van verlede jaar het ons ook 20 van hulle opgelei om toegewysde toeristepolisie te wees. Ek kan nou verslag doen dat ek na hul eerste feesgety briewe van gelukwense van verskeie toeristeliggame en hotelle ontvang het, wat ges het wat 'n uitmuntende taak hulle verrig het. Ons het 20 van hulle opgelei en betaal ook hul salarisse. Dit het R460 000 gekos om hulle vir die eerste ses maande te betaal om toeristepolisie te wees.

'n AGB LID: Dit behoort nie ons verantwoordelikheid te wees nie.

Die MINISTER: Dit is die verbasende aspek. Ek sal waarskynlik voor die Ouditeur-generaal gedaag word omdat ek hierdie mense betaal, want ek is nie daarop geregtig om dit te doen nie. Is dit nie 'n ongelooflike saak nie? [Tussenwerpsels.] Maar ek is bereid om deur te druk met hierdie saak. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil oor iets praat. My perssekretaris s dat hy ongelukkig nie die naam van die persoon gehoor het wat gepraat het nie, en dit kon dus enigeen in hierdie Huis gewees het. Hy kon selfs verkeerd gehoor het, of dit kon iemand van buite gewees het. Daardie persoon het ges dat as vyf mense in Constantia geskiet word, ek soos blits daar is, maar as vyf mense in 'n swart gebied geskiet word, ek nrens te sien is nie. Ek wil graag boekstaaf dat ek nog nooit na Constantia gegaan het as iemand geskiet, verkrag, doodgeslaan of iets van daardie aard was nie. Maar ek het meermale na Guguletu, Langa, Nyanga, Bonteheuwel en Manenberg gegaan as wat ek 'n warm ontbyt gehad het.

Enigiemand wat enigiets tot die teendeel aan hierdie Huis s, is 'n leuenaar. [Tussenwerpsels.] Ek sal dit statisties bewys. Hulle is besig om die Huis doelbewus te mislei, net soos die nasionale Minister van Finansies die algemene vergadering van die Sakekamer verlede jaar mislei het. Toe ek hom gevra het waarom hy nie meer geld aan die polisie gee nie - en daar l vir hom nog 'n begroting voor, 'n ware toets - het hy my gevra waarom ons nie die hulpbronne beter herontplooi nie. Hy het ges dat daar meer polisievoertuie op Eendekuil is as wat daar in Bishop Lavis is. Hy het dawerende applous van die mense gekry, wat gedink het dat dit waar moet wees omdat Trevor Manuel dit ges het. Ek het egter 'n bietjie navorsing gedoen. Het agb lede geweet dat Bishop Lavis 22 voertuie het en Eendekuil drie, waarvan net een loop? [Tussenwerpsels.] Weet agb lede dat Bishop Lavis omtrent 100 lede het? [Tussenwerpsels.]

Kom ons praat oor hulpbronne. Ek wil 'n baie interessante staaltjie vertel, want dit weerspiel die ware aard van die ANC. 'n ANC-parlementslid het verlede week met my kom praat. Hy wou kla dat die polisie nie die dronkies aankeer nie. Dit van 'n ANC-parlementslid! Hy is toevallig 'n vurige kommunis, maar nietemin. Hy wou weet waarom die dronkies nie aangekeer word nie. Ek het ges dat indien die polisie in die omgewing is en iemand die wet oortree, hulle hom in hegtenis sal neem. Hy het ges: "Dit is nie goed genoeg nie. Hulle moet daar wees om dit te doen." Ek het aan hom ges dat daar net drie mense op enige gegewe tydstip by daardie spesifieke polisiestasie aan diens was en dat hulle 'n groot gebied het om te dek, nie net daardie klein parkie, wat hoofsaaklik vir die blanke gemeenskap in daardie spesifieke woonbuurt is nie.

Ek het ges dat ek 'n brief onder sy aandag wil bring wat ek van een van die landdroshowe ontvang het. Dit is in Afrikaans, maar dit s in wese: "Hou op om die dronkies in hegtenis te neem. Ons beskik nie oor die vermo om die sake te hanteer nie. Dit is in elk geval 'n maatskaplike welsynsprobleem." Dit kom van die hof. Ek het hom dus gevra of hy wil h dat ons daardie mense in hegtenis moet neem, vir twee of drie dae tydens die naweek aanhou, want dit is gewoonlik wanneer die mense dronk word, hulle voor die hof daag en polisiebeamptes en die voertuie daar besig hou, bloot sodat die aanklaers ons kan meedeel dat hulle nie die saak gaan aanvaar nie. Hy het ges dat dit nie 'n verskoning is nie; ons moet hulle in hegtenis neem.

Ek het toe ges dat die meeste van daardie mense brandarm is. Hul enigste troos in die lewe is om elke nou en dan 'n dop te steek, want hulle het hul werk verloor. Weet daardie agb lede dat een miljoen mense hul werk in hierdie land verloor het sedert hulle oorgeneem het? [Tussenwerpsels.] O, hulle weet dit! Daardie mense ly geweldig onder hierdie verskriklike las wat daardie agb lede op hulle geplaas het en hul enigste troos is om elke nou en dan 'n dop in die park te steek. Die feit dat dit toevallig 'n blanke park is en dat 'n ANC-lid voortdurend daaroor kerm en kla, is 'n blote randkwessie. Kom ons laat dit daar.

Hy het ges dat indien die Departement van Justisie daardie brief aan my gestuur het, hy dit onmiddellik met Eshaam Mohamed sou opneem. Eshaam Mohamed, terloops, is die hoof van Justisie in hierdie provinsie. Daardie agb lede weet dit, nie waar nie? [Gelag.] Hy het ges, "Hy is 'n huisvriend van my." Ek het aan hom ges, "Op die voorwaarde dat die ANC ... [Tyd verstreke.]

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek dink dat ek as deel van die transformasieproses vir u moet leer hoe om my van uit te spreek!

*Die SPEAKER: Mkulwana?

*Me K A MQULWANA: Ja, Mqulwana. [Gelag.]

Mnr die Speaker, tydens die Opening van die nasionale Parlement op Vrydag, 4 Februarie, het die President van die Republiek aangehaal uit korrespondensie waarop in die elektroniese pos by een van ons maatskappye afgekom is. Hierdie korrespondensie het van 'n Indir in die maatskappy gekom.

Die stryd teen rassisme verg van ons almal as politici en inwoners in ons onderskeie gemeenskappe om onsself weer te verbind tot die bestryding van hierdie siekte, die probleem van die kleurlyn in die Wes-Kaap. Wat in daardie korrespondensie vervat is, is 'n weerspieling van die dieper liggende probleem waaraan baie mense steeds onder die Administrasie van die agb Premier ly.

Dit duur voort, ten spyte van doelbewuste pogings deur die nasionale Regering om rassisme te bestry, en die verbintenis om 'n nie-rassige gemeenskap te bou. Bruinmense en Afrikane in die besonder word al lewenslank steeds aan hierdie toestand onderwerp. Baie duidelike voorbeelde hiervan is deur my kollegas verstrek, en ek gaan dit nie herhaal nie.

Ek wil na 'n onlangse voorval verwys, die skorsing deur die agb Premier van die agb lid mnr Marais uit sy Kabinet. [Tussenwerpsels.] Dit is nie vir ons 'n verrassing nie. Om die waarheid te s, dit is jammer om te sien dat dit gebeur het die oomblik toe hy sy sending voltooi het - hulle het hom tydens die verkiesingsveldtog nodig gehad om te verseker dat hy bruin stemme vir die Nuwe NP inbring. [Tussenwerpsels.]

Dit is al vir 'n lang tyd die tradisie van die Nuwe NP om te verseker dat indien hulle iemand nodig het, hulle hom/haar op 'n gegewe oomblik sal gebruik. Daarna bly hulle steeds by hul beleid van die handhawing van blanke heerskappy.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, tydens die Openingsrede van die agb Premier op 8 Februarie vanjaar het hy 'n glansbeeld van die provinsie voorgehou, spesifiek van Onderwys. Dit is nie 'n ware weerspieling van wat aan die gang is nie en dit het bewys dat hy nie in voeling is met die mense wat hy veronderstel is om te lei nie. Hy is nie veronderstel om 'n minderheid te lei nie, maar om die Premier van die hele provinsie te wees. Hy weet nie wat aan die gang is in Guguletu, Manenberg en ander gebiede nie. [Tussenwerpsels.]

Dit is duidelik dat die slaagsyferpersentasie waarop die agb Minister van Onderwys trots is, slegs gekonsentreerd voorkom in 'n paar skole. Die werklikheid is dat voormalige Model C-skole steeds goed vaar, terwyl die uitslae in skole vir bruines en Afrikane, vanwe 'n gebrek aan hulpbronne, steeds ...

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Onsin! Onder my kry hulle sewe maal meer!

*Me K A MQULWANA: Die agb Minister van Onderwys is verantwoordelik! [Tussenwerpsels.] Dit is heeltemal duidelik dat die beleid dieselfde bly. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, uit die agb Premier se Rede is dit duidelik dat hy nie die feit erken dat daar 'n nasionale oproep ten opsigte van MIV/Vigs was nie. Die siekte bestaan en is besig om mense dood te maak. Ek doen 'n beroep op hierdie Regering om nie bloot lippediens te bewys aan hierdie siekte, wat veral jong mense raak, nie. Ek is eintlik nie verbaas dat die agb Premier niks omtrent MIV/Vigs ges het nie. Dit is 'n duidelike aanduiding dat hulle nie verbind is tot die ontwikkeling van die jeug nie. [Tussenwerpsels.]

Kom ek gee 'n voorbeeld. Ek is nie seker of Philippi, waar die familie deur Vigs uitgewis is, deel van hierdie provinsie uitmaak nie. Ek het egter my eie gevolgtrekkings gemaak. Daardie gesin het 'n sekere velkleur, wat hy miskien nie erken as deel van sy wreld nie.

Voorts, mnr die Speaker, is dit uit sy Rede baie duidelik dat hierdie Regering, saam met die verantwoordelike persoon, nie bereid is om die Jeugkommissie in te stel nie.

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: U het by die konferensie uitgestap ... [Onhoorbaar.]

*Me K A MQULWANA: Hou u mond! Hou u mond! [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: [Onhoorbaar.]

Me K A MQULWANA: Hou u mond! [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Mnr die Speaker, ...

*Me K A MQULWANA: Hou u mond!

Die SPEAKER: Orde!

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Mnr die Speaker, ek maak daarteen beswaar.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid me Mqulwana mag nie aan 'n ander agb lid s om haar mond te hou nie. Sy sal dit moet terugtrek.

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek trek dit terug.

*Die SPEAKER: Die agb lid mag ander metodes gebruik om 'n ander agb lid te probeer stilmaak.

*Me K A MQULWANA: Ek trek dit terug, meneer.

*Die SPEAKER: Die agb lid het dit teruggetrek. Sy mag voortgaan.

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, dit is duidelik uit sy Rede, en die amptenare het dit bevestig, dat ons 'n agb Minister het wat nie in staat is om met 'n plan vorendag te kom nie.

*Me N C PHENDUKA: Sy beskik nie oor die vermo nie.

*Me K A MQULWANA: Sy beskik nie oor die vermo nie. Sy weet nie wat sy doen nie. Sy, as 'n leier wat verantwoordelik is vir die gestremdes en as 'n vrou, is veronderstel om 'n visie te h. [Tussenwerpsels.] Sy het dit nie. Sy s al langer as ses maande dat sy direkteure in hierdie verband aangestel het. [Tussenwerpsels.] Daar gaan egter niks aan nie. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek verwys nou na die agb Minister van Plaaslike Regering. Die ... [Onhoorbaar.] ... in sy PRK het 'n besluit goedgekeur dat daar op plaaslike regeringsvlak plaaslike jeugrade moet wees, wat sal ingaan op jeugbelange op daardie vlak. Dit is duidelik dat daar tydens die termyn van me Martha Olckers en nou onder die huidige agb Minister in die Kantoor van die Premier, wat net nog 'n me Martha Olckers is, eenvoudig nie 'n program is nie. [Tyd verstreke.]

Me A ROSSOUW: Mnr die Speaker, dit is vir my 'n besondere voorreg om vandag aan die debat deel te neem. Ek wil die agb Premier opreg gelukwens met die boodskap wat hy gebring het vir die inwoners van die Wes-Kaap.

Die agb lid mnr Louis het daarop gewys dat die Premier van 'n provinsie die verteenwoordiger en die verpersoonliking van die inwoners is, net soos wat die staatshoof van ons land dit is; dat die Premier 'n persoon is wat as gevolg van sy posisie op die agting en eer van sy kiesers kan staatmaak, ongeag aan watter politieke party hy behoort. Almal het met waardigheid en respek op 4 Februarie 2000 in die Opening van die Nasionale Vergadering gedeel. Het enige agb lid in hierdie Huis 'n betoging, georkestreer deur lede van politieke opposisiepartye, daar voor die Parlementsgebou waargeneem? Het enige agb lid enige vorm van disrespek waargeneem terwyl die President die Nasionale Saluut ontvang of die Volkslied aanhoor?

Wat het gebeur met die openingseremonie van die Wes-Kaapse Parlement? Met goedkoop propaganda is mense misbruik om te betoog, juis terwyl ons na die Volkslied geluister het. Terwyl die koor die Volkslied gesing het, het 'n ieder en 'n elk van ons hoendervleis gekry. [Tussenwerpsels.] En terwyl die agb Premier 'n erewag van die Uniting Reformed Church Youth Brigade genspekteer het, was daar 'n betoging aan die gang. Vir die mense wat aan die seremonie deelgeneem het, was dit 'n besondere voorreg om in 'n geleentheid soos di te kon deel, maar dit was absoluut met disrespek hanteer. Is dit die boodskap wat agb lede aan daardie kant van die Huis wil uitstuur om die simbole van ons land wat vir ons heilig is, soos ons Volkslied, op so 'n manier te onteer?

Die voorbankers aan daardie kant het die skare betogers nog verder aangemoedig. Is dit hoe ons lojaliteit teenoor die provinsie wil bevorder? Is dit die nasietrots wat ons in Suid-Afrika wil h? Wanneer sal die kollegas leer dat negatiewe politiek 'n gemeenskap en 'n nasie tot in sy siel vernietig? Is dit wat hulle uiteindelik wil bereik? Het ons nie in die apartheidsjare 'n duur les geleer met die ontwrigting van ons skole en die wanbetaling van dienstegelde, waarvoor ons nog lank 'n prys gaan betaal, nie?

Ons het 'n brose demokrasie van bykans ses jaar, maar as ons dit nie gaan voed met die nodige respek, nasietrots, die ruimte vir politieke meningsverskille en 'n wil om Suid-Afrika 'n wenland te maak nie, met al die opofferings wat daarmee gepaard gaan, sien ek rooi ligte flikker. Ongelukkig ervaar ons al hoe meer dat die ANC geen teenstand van enige aard duld nie. 'n Mens moet deel wees van die "broad church", ander is jy 'n rassis wat nog aan die verlede vasklou en het jy geen lojaliteit teenoor Suid-Afrika nie.

Kom ons wees eerder eerlik en erken dat rassiste in alle gemeenskappe voorkom. Kom ons wees eerlik en erken dat daar oor alle grense heen foute gemaak word, en spreek daardie foute met eerlikheid aan.

Die agb lid me Brown was gou om te vertel van die voorval wat sy beleef het. Ek wil nou vertel van die voorval wat ek beleef het. 'n Sondag of twee, drie gelede was ek op Piketberg by die huis, en het verskeie oproepe uit die gemeenskap ontvang. Die ANC was bevoorreg om die Adjunkpresident op Piketberg te ontvang. Die landing van di helikopter was 'n groot gebeurtenis. Wat ek egter vir ons ANC-vriende wil vra, is om ons gemeenskap te ken in di tipe relings. Die funksies was in die munisipale kantore gehou, maar gedurende kerktyd, en die hele straat was gesluit.

Mnr M L FRANSMAN: Dit was nie daar nie - by die skougronde!

Me A ROSSOUW: Dit is nie waar nie. Ek was daar.

Mnr M L FRANSMAN: Moenie vir ons jok nie.

Me A ROSSOUW: Ek was daar.

Mnr M L FRANSMAN: [Onhoorbaar.]

Me A ROSSOUW: Dit is nie die manier waarop ons werk ...

Mnr M L FRANSMAN: Die vergadering was om 12:00. [Tussenwerpsels.]

Me A ROSSOUW: ... om wrywing in die gemeenskap uit die weg te ruim nie. [Tussenwerpsels.] Dit was nie - hulle weet nie hoe laat die kerk begin nie! [Tussenwerpsels.] Dit is die hele probleem. Die ete kon om 12:00 gewees het, maar die pad was vanaf 09:00 gesluit.

Mnr die Speaker, ons in Suid-Afrika moet leer om mekaar in ag te neem, dan sal ons wen. Ons moet leer om ons bitterheid, wat nog so dikwels oorspoel, op die agtergrond te skuif. Ons moet ophou om die verlede lewendig te hou.

Die agb lid me Vantura het ges hierdie Provinsie is 'n "government of losers" . Die Provinsie Wes-Kaap het die toekenning gekry as die provinsie wat die beste regeer word. [Tussenwerpsels.] Op verskeie vlakke. As dit is hoe 'n provinsie van verloorders lyk, weet ek nie wat verloorders is nie.

Ons sien in die Nasionale Vergadering wil hulle nou die vraetyd van opposisiepartye begin inperk. Ons sien die President moet maar een maal per kwartaal verantwoording doen. Toe apartheid op sy hoogtepunt was, sou oud-president P W Botha nie gedroom of gewaag het om vraetyd in te kort nie, omdat dit 'n geleentheid is waarin die regering tot verantwoording geroep word. [Tussenwerpsels.]
Die ANC is besig om 'n gevaarlike spel te speel, om onmin, wantroue ... [Tussenwerpsels.] ... en verdeeldheid in Suid-Afrika te saai tussen werker en werkgewer in die landbou en in die vervaardigingsektor. Dit gaan so ver dat 'n groot maatskappy soos Volkswagen reeds dreig om sy mense in Suid-Afrika te onttrek. Sedert 1994 het ons meer as een miljoen werkgeleenthede in die vervaardiging- en die landbousektor verloor. En dan beskuldig die agb Leier van die ANC die agb Premier dat hy geen gevoel het vir die armes of vir die implikasies wat dit vir ons gemeenskappe inhou nie!

As die ANC werklik omgee vir mense wat minder bevoorreg is, hoe verklaar hulle die massa mense wat nou by die huis sit en nie kos het nie? Nogtans dreig Cosatu met massa-aksies deur die loop van die jaar.

Besoek ons die kusdorpe, hoor ons dieselfde uitroepe van die vissersgemeenskappe as verlede jaar. Daar is geen permitte nie en geen kwotas vir ons vissers nie. Daar geld "no work, no pay" meer as in enige ander gemeenskap. [Tussenwerpsels.] 'n Diepsee visserman kan nie na die Werkloosheidskommissaris gaan en om werkloosheidtoelaes aansoek doen nie. Die booteienaars kan finansieel nie langer uithou nie. Hulle moet al bykans drie maande lank hul bemanning aan die gang hou, en ontvang geen hulp van die Regering nie. Geen maatskappy kan op di manier voortbestaan nie. Hulle sou nie-kwota vis kon vang, maar daarvoor het hulle permitte nodig. As di permitte net toegeken was, sou hulle in staat gewees het om hierdie las te verlig. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, daar is baie gewag gemaak daarvan dat die agb Premier in sy Openingsrede nie gepraat het oor MIV/Vigs nie. Ek moet net s dit was onder sy leierskap dat dit een van die hoofdoelstellings van hierdie Regering geword het dat ons seker sal maak dat ons behoorlik hierna kyk.

Een ding wat ons werklik nie moet doen nie, is om hierdie dodelike siekte te verpolitiseer, want dan sal daar niks van ons programme kom nie. Dit is wesenlik en dodelik. 'n Agb lid het daarop gewys dat dit dodelik is. Dit is nie besig om af te neem nie. Inteendeel, dit neem toe en die situasie raak ernstig, ook in hierdie provinsie.

*Daar is tekens dat die gemeenskap in hierdie provinsie verby die ontkenningstadium beweeg het en begin het om die MIV/Vigs as 'n werklikheid te aanvaar. Dit is belangrik, want ons sleutelstrategie in die stryd teen Vigs is om mense aan te moedig om vrywillige toetse en berading te ondergaan. Slegs deur jouself sover te kry om jou bloed te laat trek vir toetse kom 'n mens by die volle aanvaarding van die harde werklikhede van MIV/Vigs uit. Met die volle aanvaarding van die siekte kom 'n afname in riskante gedrag en veranderinge in lewenstyl.

Die skakelpunt by berading bied ons ook die geleentheid om voorspraak te maak vir die gebruik van kondome en die doeltreffende behandeling van seksueel oordraagbare siektes verder te bevorder om die verspreiding van die siekte te beperk. Dit teiken vir die Wes-Kaap is om binne die volgende drie jaar 25% van die volwasse bevolking te toets.

Baie van die klinieke en gemeenskapsgesondheidsorgsentrums in die Wes-Kaap voer reeds gratis toetse uit, en bykomende toetspunte is gedentifiseer. Die vroe opsporing van MIV-infeksie en die verskaffing van 'n toepaslike beradingsdiens sal help om die verspreiding van die siekte te verminder en om die maatskaplike uitwerking wat gepaard gaan met die saamleef met MIV te versag. Dit is ook 'n waardevolle geleentheid om ons pasinte aan beskikbare hulpbronne te koppel.

Dit lei geen twyfel nie dat die voorkoms van MIV/Vigs besig is om toe te neem. Ongelukkig is die voorkomsstatistiek vir 1998-99 en die bevindinge van die 1999-nageboortelike opname nog nie beskikbaar nie as gevolg van probleme, veral in een provinsie. Daar is egter aanduidings dat die syfers in hierdie provinsie besig is om te styg. Dit sal tot ongeveer 7% toeneem.

Die departement oorweeg tans 'n voorstel van Mediine sans Frontiers, Dokters sonder Grense, wat daarop gemik is om die moeder-tot-kind-oordragprogram in Khayelitsha te versterk. Hierdie projek sal ook die bestuur van Vigs-pasinte wat by die Khayelitsha gemeenskapsgesondheidsorgsentrums aanmeld, die verskaffing van tuisversorging en die opleiding van mediese personeel in hoe om Vigs-pasinte te hanteer, verbeter.

Kliniese wetenskap en die mediese behandeling van MIV-positiewe persone ontwikkel vinnig. Relatief geringe en goedkoop ingrypings kan MIV-positiewe persone dikwels siektevry hou en, die belangrikste, die ho voorkoms van tuberkulose verminder.

Wat egter ook toenemend duidelik geword het, is dat die vroe en doeltreffende behandeling van seksueel oordraagbare siektes die oordragtempo beduidend verminder - volgens party studies met tot 40%. Dit is waarom ek gister in die strate van Khayelitsha was om oor die verantwoordelikheid van mans te praat. Die verantwoordelikheid l by mans om 'n kondoom te gebruik en te verseker dat hulle nie die dodelike infeksie van 'n seksueel oordraagbare siekte ronddra nie. Dit is interessant dat 'n mens 'n seksueel oordraagbare siekte kan dra, sonder dat daar enige fisiese tekens is. As 'n mens nie 'n kondoom gebruik nie, kan jy dit versprei. Ek dink dit is duidelik dat die doeltreffende behandeling van SOSe nou ononderhandelbaar geword het.

Die land - in hierdie provinsie sal dit die Mediese Navorsingsraad en die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad wees - sal vanjaar meer as R25 miljoen aan die ontwikkeling van 'n MIV-entstof alleen bestee, en daar word gehoop dat meer bekostigbare en meer doeltreffende teenvirus-middels ook beskikbaar sal word namate die mediese wetenskap vordering maak teen die siekte.

Mnr die Speaker, ek moet aandag gee aan die besteding in die Departement van Gesondheid. Wat begrotingsbeperkinge betref, was vanjaar die grootste toets waarvoor die Tak: Gesondheid ooit te staan gekom het. Na die vinnige afskaling in die vorige boekjaar, toe die tak met 'n tekort van slegs R3 miljoen op 'n begroting van R3 miljard geindig het, het ons vanjaar 'n begroting gekry wat in nominale terme presies dieselfde as di van die vorige boekjaar was. Gevolglik kon geen voorsiening gemaak word vir inflasie op verbruikersitems soos bloed en bloedprodukte, medisyne en diverse chirurgiese items nie, en daar was ook geen fondse om die geleidelike opwaartse beweging van die loonrekening te dek nie.

Teen daardie agtergrond was vanjaar se Begroting duidelik nie 'n realistiese toewysing nie en erkenning van hierdie feit word weerspiel in die toename in volgende jaar se MTEF-toewysing. Besonderhede sal binnekort deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning verstrek word. Ons sal dus vanjaar oorbestee. Dit is onvermybaar en, na my mening, was dit te wagte. Ons sou die omvang van die oorbesteding kon verklein, maar deur dit te doen, sou ons die ineenstorting van sekere dienste veroorsaak het, veral die dienste wat deur die Groote Schuur Hospitaal en ander primre gesondheidsorgklinieke verskaf word.

In die Oos-Kaap is 70% van die primre gesondheidsorgklinieke vandag oop, maar 30% is sonder enige medisyne en water. Die meeste van daardie klinieke is omliggend aan die Metropool en daar is nie 'n kans dat 'n mens in die landelike gebiede te voet na primre gesondheidsorgklinieke kan gaan nie. Wat is aan die gebeur by party van ons dagklinieke in die Plettenbergbaai-omgewing? By die Plettenbergbaai Daghospitaal kom 32% van die pasinte wat ons behandel, uit die Oos-Kaap. Ons het nie besware daarteen nie, maar daar is 'n probleem met die Oos-Kaap ten opsigte van die verskaffing van gesondheidsorg.

Ons het 3 435 nuwe lers vir mense uit die Oos-Kaap oopgemaak. Ons kry nie 'n sent daarvoor nie, maar in hierdie provinsie sal ons oorbestee om die armes te dien. Ek sal oorbestuur en dit dokumenteer om aan wie ook al te s dat ons die nodige planne sal maak om dit te hanteer.

Baie ander moeilike besluite moes deur die jaar geneem word. Een van die werklikhede waarvoor ons voorsiening moes maak, was dat daar absoluut beperkinge is op die tempo en skaal waarin 'n gesondheidsdiens afgeskaal kan word, sonder om die gevaar te loop dat dit heeltemal ineenstort. Omdat ons vir die armes is, het ons verkies om ons dienste ten alle koste aan die gang te hou en ons begryp ten volle dat enige oorbesteding in hierdie boekjaar in die sakeplanne vir die komende boekjaar geakkommodeer sal moet word. Ons begryp dit en beplan dienooreenkomstig.

Met die uitsondering van Groote Schuur Hospitaal, waar op die loonrekening oorbestee is, kom die oorbesteding hoofsaaklik voor by voorrade en lewende hawe, wat te wagte is omdat 'n gesondheidsdiens, juis vanwe sy aard, altyd 'n groot verbruiker van bederfbare items is.

Dit is interessant dat die meeste van die oorbesteding van R16 miljoen aan voorraad voorgekom het by die Gemeenskapsgesondheidsdiensorganisasie, wat verantwoordelik is vir die bestuur van klinieke en gemeenskapsgesondheidsentrums regoor die Metropool. Dit verg 'n mate van verduideliking. Verlede jaar se besteding aan voorraad in die GGDO het R63 miljoen beloop, wat op ongeveer R30 per pasint neergekom het. Ons het 2,1 miljoen pasinte in ons klinieke bedien. Vanjaar het ons reeds 2,5 miljoen pasinte bedien. Die getal is op met 400 000. Ons sorg vir die arm mense van die provinsie.

Die gemiddelde getal pasinte wat in die GGDO gespreek word, neem op 'n maandelikse grondslag toe. Dit het van 180 000 per maand tot 220 000 per maand toegeneem, 40 000 meer as in die vorige jaar. Maar ons sorg steeds vir hierdie mense en dit is waarom ons sal oorbestee.

Daar is ontelbare interessante geleenthede wat spruit uit ons ervaring in die bestuur van vanjaar se Begroting en 'n volle skriftelike ontleding van ons departement se prestasie sal aan die Huis beskikbaar gestel word kort na die afsluiting van die boeke vir hierdie boekjaar. Maar een van die sake wat hoog op ons lys van voorkeure is, is om meer eie inkomste te skep. 'n Omvattende en verbeeldingryke plan is ontwikkel en sal binnekort in werking gestel word.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, na aanhoor van die agb Premier se Openingsrede kan 'n mens belangrike vyande van die Wes-Kaap en sy mense uitwys, naamlik misdaad en werkloosheid. 'n Belangrike vergelyking behoort getref te word tussen die erns van die probleme en die behoefte aan die toepassing van drastiese oplossings. Ons moet ag slaan op die waarskuwings dat ons beslissend moet optree en die Gordiaanse knoop moet deurhaak. Dit het tyd geword dat ons beslissend moet optree. Ons kan ons nie langer oorgee aan tweeslagtige versigtigheid nie.

Ons moet 'n eerlike dialoog met die mense van die Wes-Kaap aanknoop. Dit is eenvoudig nie eerlik van ons om voort te gaan om Suid-Afrika se mense met drome, hoop en retoriese voorbeelde van 'n nie-bestaande Suid-Afrikaanse wonderwerk te voed terwyl al ons gesinne daagliks sien hoe die waarde van hul inkomste verminder weens inflasie nie.

Mnr die Speaker, dit is nie veel van 'n wonderwerk vir iemand om saam te leef met die voortdurende bedreiging om 'n slagoffer van 'n geweldsmisdaad te word nie. Ons het gesien dat niemand teen di bedreiging immuun is nie. As misdadigers uit die kantore van die Parlement van di land kan steel, hoe kan ons in enige plek veilig voel, hetsy in ons wonings, in die strate of in ons werkplekke?

Dit is ongelukkig so dat as dit by misdaad kom, daar 'n neiging is om die probleem voortdurend te herhaal en die verskriklike toestande van die huidige situasie te betreur, maar dit word nie opgevolg met doeltreffende voorstelle om die probleem op te los nie. By tye meen ek ons beklaag misdaad amper asof dit 'n onvermydelike natuurramp, soos droogte of 'n aardbewing, geword het. Ons moet wegkom van die gevoel van magteloosheid en dit baasraak deur die mag van die Staat en ons gemeenskappe en demokrasie in te span om misdaad die nek in te slaan.

Ek meen ons moet vandag ernstig oorweging skenk aan die voorstelle wat neerkom op 'n beleid van ferme optrede. Ons moet ook alle beskikbare polisiemanne herontplooi waar hulle die nodigste is - weg van posisies waar hulle klerklike funksies verrig. Waarom is dit nodig dat polisiemanne standbeelde moet bewaak, terwyl die lewens van die mense in ons gemeenskappe daagliks bedreig word?

Verder moet ons ag slaan op waarskuwings, dat die Grondwet gewysig moet word om die provinsies en gemeenskappe te bemagtig om misdaad in hul eie gebiede te bekamp. Mnr die Speaker, dit gebeur te dikwels dat ons weet wie die misdadigers is, en tog bly die polisie magteloos om op te tree omdat mense verswelg word deur die burokrasie wat deur sentralisering teweeggebring is.

Ons moet ook nie die potensieel plofbare aard van die misdaadsituasie onderskat nie, aangesien dit maar een van talle faktore van 'n vergelyking van toenemende frustrasie en ontevredenheid aan die kant van die mense van die Wes-Kaap is. Ons weet die frustrasie word vererger deur die feit dat uiters belangrike verkiesingsbeloftes nie nagekom is nie. Daardie beloftes het mense wat so diep deur die maatskaplike toestande verneder is, waartoe maatskaplike verontregting hulle verplaas het, tereg met hoop vervul. Mense het tereg gehoop op huise en 'n menslike samelewing wat daartoe in staat is om hulle na behore te versorg, wat diens lewer op die gebied van gesondheid, onderwys en welsynsdienste.

Ons het die beloftes gemaak, maar ons het nie daaraan gedink om met erns ondersoek in te stel na die administratiewe masjinerie wat nodig is om dit te lewer nie. Nou het ons weer eens te kampe met die vernedering van beloftes wat nie nagekom is nie. Ons moet vir goed 'n einde maak aan die kringloop van beloftes wat nie nagekom word nie. Ons kan nie toelaat dat beloftes wat nie nagekom word die bestuurstyl word in die nuwe nasie van ons nie. Ons is daartoe verbind om moraliteit en integriteit in die politiek te bewerkstellig.

Ek wil die hoop uitspreek dat die toekoms 'n nuwe tydvak sal inlei waar ons kan weg beweeg van woorde en illusies na die sfeer van harde werk en lewering. Die dringendheid van transformasie is nietemin besig om toe te neem. Die groot menigte van ons mense, en veral die werkers en studente, dring aan op verrykende verandering. Hulle erken dat die verkiesingsoorwinning van 27 April 1994 die politieke landskap verander het, maar dat die hirargiese rasse- en klassebestuur van Suid-Afrika onveranderd gebly het.

Diegene wat stink van die geld, om die uitdrukking te gebruik, is steeds meesal wit, terwyl diegene wat in die verskriklikste armoede leef, feitlik uitsluitlik swart is. Te veel van ons mense leef onder die armoedegrens. As daar een les is wat die bevrydingsbeweging die mense geleer het, is dit om nie hulle lot geduldig en gedwee te aanvaar nie, maar om die stryd te voer vir die beter lewe wat hulle beloof is en wat hulle nou met toenemende ongeduld opeis.

Die ou bestel van rasse- en klassevoorregte moet uitgeskakel word. 'n Nuwe Suid-Afrika van gelykheid en demokrasie is gebore, met al die pyn en vreugde wat gewoonlik gepaard gaan met 'n nuwe lewe wat in die wreld gebring word. Kom ons begroet die aanbreek van die nuwe dag met geesdrif. "'n Beter lewe vir almal" is 'n wonderlike slagspreuk. Kom ons maak dit 'n werklikheid.

Ons kan nie volgehoue groei in hierdie provinsie bewerkstellig tensy ons aandag gee aan al die maatskaplike agterstande en ontwikkelingsprobleme waarmee die meeste van ons mense te kampe het nie. Terselfdertyd kan ons nie op 'n volgehoue grondslag ontwikkeling en herverdeling bewerkstellig tensy ons ons ekonomie op 'n pad van volgehoue groei plaas nie.

Mnr die Speaker, ter afsluiting wil ek hulde bring aan 'n baie dapper, eerlike en moedige persoon; 'n man wat die moed het om die Provinsie se politieke bestel te verander te midde van teenstand; 'n man wat daarin glo om die mense van die Wes-Kaap eerste te stel - Peter Marais. Ek staan voor die agb lid mnr Marais, in nederigheid voor sy dapperheid. Hy is inderdaad my broer, my kameraad, my mentor en my vriend. God behoed ons ware renboognasie.

Me L N PHIKE: Me die Speaker, ek is dankbaar vir die geleentheid om aan die debat deel te neem. Ek wil 'n paar punte ophaal, waaroor ek voel ek antwoorde aan die agb Nuwe NP-lede kan gee.

Die Nuwe NP/DP-koalisie is geneig om te s dat die ANC moet stilbly oor rassisme. Hulle s rassisme bestaan nie. Dit is vir my duidelik dat hier in die Provinsie Wes-Kaap uitsprake in die Huis is, maar as 'n mens baie mooi daarna kyk, kan jy sien dat ons nie van rassisme daar buite werk maak nie. Ons praat net hier daaroor. Rassisme bestaan. By plaaswerkers kan 'n mens sien die boere verdeel nog altyd die bruin werkers en die swart werkers. Hulle bou nuwe huise vir die bruin werkers en bou niks vir die swart werkers nie. Die bruin werkers is bekommerd. Hulle laat hulle nie daardeur kul nie.

Die Minister van Behuising het gister ges dat daar 2 miljoen plaaswerkers in die land was, en nou is daar 500 plaaswerkers oor. Wat hy ges het, is dat die tegnologie nou ingespan word, want masjiene staak nie. Dit is nie werklik die punt nie. Die rede waarom daar van die tegnologie gebruik gemaak word, is dat die nasionale Regering besig is om almal se lewens te verbeter, tot di van plaaswerkers.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: In watter opsig?

Me L N PHIKE: Hulle is ...

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: In watter opsig?

Me L N PHIKE: ... besig met regstellende aksie; hulle is besig om 'n minimumloon te bepaal sodat die plaaswerkers ook gedek kan word. Dit is waarom die boere nou na tegnologie begin oorslaan. [Tussenwerpsels.]

*Mnr die Speaker, vandag staan ek nie op om die agb Premier te prys nie, maar om by te dra tot die preek by die begrafnis van die Nuwe NP/DP-koalisieregering, waarvan die agb Premier ook die begrafnisondernemer is.

Ons wat vandag hier sit, weet almal dat die agb Premier oor die suksesse van die Wes-Kaap gepraat het - die ekonomiese oplewing, toerismepotensiaal, lae werkloosheidsyfers daarvan, en so meer - toe hy op 8 Februarie 2000 sy Openingsrede gelewer het. Ons gee erkenning aan hierdie prestasies, nie omdat daardie agb lede die erkenning daarvoor moet kry nie, maar omdat dit die geweldige hoeveelheid welwillendheid en die werketiek van 'n rasgepolariseerde bevolking onderstreep, ondanks die feit dat 42% van die kiesers nie verteenwoordiging in hierdie Regering geniet nie.

Mnr die Speaker, 'n opvallende weglating in die Openingsrede van die agb Premier is die feit dat daar byna geen verwysing na armoede was nie, veral die vlakke van armoede waaronder die landelike armes in die provinsie gebuk gaan. Deur dit te doen, het hy die oortuiging bevestig van elke agb lid aan hierdie kant van die Huis oor die koalisieregering se nie-verbintenis om aandag te gee aan die lot en lewensomstandighede van die landelike armes.

Boonop het hierdie weglating gedien om die beheptheid van die agb Premier en sy koalisievennote met die estetiese en abstrakte te bevestig, soos, en ek haal aan:

... the children of the Cape Town High School who were the flower girls; ... the Cape Town Opera Chorus - what a wonderful choir;

- en so meer, sonder om aandag te gee aan die werklike vraagstukke waarvoor die provinsie te staan kom. Dit was 'n vertoning van tipiese Nuwe NP/DP-eurosentriese waardes - wat 'n verkwisting van woorde. Dit alles terwyl Rome brand! Ja, die melodie waarmee sy grootdoenerigheid en praal gepaard gegaan het, was 'n vertolking van rassisme en armoede deur die armes van die landelike gebiede en die Metropool.

Mnr die Speaker, ten spyte hiervan het die beleeurde agb Premier aangehou om na die lewensgehalte van die burgers van die provinsie te verwys. Na watter burgers het die agb Premier verwys? Dit moet sekerlik die koalisie se hor-middelklas kieserskorps wees. [Tyd verstreke.]

*Mnr D SILKE: Me die Speaker, ek sou vandag die grootste deel van my tyd aan kwessies van veiligheid en sekuriteit gewy het. Nadat ek gister egter geluister het hoe die agb Leier van die Opposisie priesterlik praat oor sy party se sorgsame houding teenoor die armes, het dit my aan 'n baie onlangse voorbeeld laat dink waar die ANC-regering die direkte oorsaak van armoede in die provinsie was. [Tussenwerpsels.]

Me die Speaker, in Kaapstad is daar 'n hoogs kreatiewe maatskappy genaamd Freeplay wat opwen-radio's vervaardig. Di radio's gebruik nie batterye nie, wat hulle ideaal maak vir armer gemeenskappe in landelike gebied. Hulle word met trots in elke groot kleinhandelwinkel oorsee verkoop, en as ek in die Verenigde State van Amerika of in Europa reis, is dit vir my baie aangenaam om die "Made in South Africa"-etiket te sien wat stewig op die kant daarvan aangebring is. Miskien moet alle goedere wat in die provinsie vervaardig word, s, "Made in the Western Cape".

Oor die afgelope naweek het die maatskappy egter aangekondig dat hy gedwing is om sy produksie van die Wes-Kaap na China te verskuif, want hulle kan die eenhede teen $6 goedkoper vervaardig. Dit het die verlies van bykans 200 werkgeleenthede of die helfte van die maatskappy se werkmag beteken. Hierdie hartseerverhaal kom in baie nywerhede in ons provinsie voor, maar dit is 'n aanklag teen die ANC-regering wat spog met hul besorgdheid oor die armes, maar nogtans hul koalisievennoot Cosatu toelaat om onrealistiese loonverwagtinge en arbeidswette voor te skryf wat tot geweldige werkverlies lei. [Tussenwerpsels.] Wat 'n lewering aan die armes!

Me die Speaker, ek kom nou by die sleutelkwessie wat groei en ontwikkeling vir almal in Suid-Afrika, en meer spesifiek in die Wes-Kaap, belemmer, naamlik misdaad. Diegene wat my ken, weet dat ek gereeld reis. Ek het pas van die Verenigde State van Amerika en Europa teruggekeer en ek is jammer dat ek aan die Huis verslag moet doen dat ek nog nooit so 'n negatiewe ...

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag weet of die mikrofone werk, want ek kan die agb lid mnr Ozinsky nie hoor nie. Hy praat die heeltyd, maar ek kan hom nie hoor nie.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie. [Tussenwerpsels.] Agb lede moet die agb lid mnr Silke asseblief toelaat om sy toespraak te lewer. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr D SILKE: Dankie, me die Speaker.

Nadat ek pas teruggekeer het uit die Verenigde State van Amerika en Europa, is ek jammer dat ek verslag moet doen dat ek nog nooit met so 'n negatiewe siening van hierdie land te doen gekry het as nou nie. Toeriste, potensile buitelandse beleggers, en diegene wat simpatiek teenoor Suid-Afrika staan, is eenparig in die standpunt: stryk misdaad uit en ons sal kom, maar as dit op hierdie manier voortgaan, is daar geen kans dat ons Suid-Afrika sal besoek of daar bel nie. Al wat die wetsgehoorsame mense van hierdie land wil h, is dat misdadigers aangekeer en in die tronk gesit moet word. As dit nie gedoen word nie, sal dit van Suid-Afrikaners die slawe van vrees en voortdurende armoede maak, maar daardie kant van die Huis preek vir ons oor armoedeverligting!

Me die Speaker, volgens die Suid-Afrikaanse Oorsig, 'n veiligheidsverslag deur die Instituut vir Rasseverhoudinge, is ons bo-aan die internasionale lys wanneer dit by geweldsmisdade soos moord, verkragting en gewapende roof kom. Suid-Afrika het in 1996 61 moorde per 100 000 van die bevolking gehad, en 1 uit elke 250 mense in hierdie land was in 1997 die slagoffer van seksuele wangedrag. Hierdie algehele gebrek aan persoonlike veiligheid bly een van die vernaamste redes waarom Suid-Afrika deur buitelandse beleggers as 'n beleggingsrisiko beskou word. As die agb Leier van die Opposisie aan armoedebestryding wil aandag gee, sal hy sien dat daar geen buitelandse belegging en geen werk is nie, en dat skokkende lewensomstandighede voortduur omdat sy party in gebreke bly om die lewens van alle Suid-Afrikaners te beveilig.

Ons is ernstig besorg daaroor dat die jongste misdaadstatistiek van die SAPD daarop dui dat misdaad nou op sy hoogste vlak sedert 1994 is. Hierdie skokkende syfers is 'n ernstige aanklag teen hierdie Regering se stryd teen misdaad - 'n stryd wat hulle blyk aan alle fronte te verloor. Dit is hoe die nasionale Regering die Wes-Kaap in die steek gelaat het deur in gebreke te bly om die veiligheid van ons bevolking te verseker.

Mnr die Speaker, slegs 12% van alle ernstige misdade wat in 1997-98 aangemeld is, het tot skuldigbevindings gelei. As dit 'n mislukking is in die beveiliging van almal, met inbegrip van die armes, dan is die ANC sekerlik te blameer vir hierdie nie-lewering. Een onaangename voorbeeld hiervan is die 14-jaar oue Valencia Farmer van Kleinvlei op die Kaapse Vlakte wat sewe maande gelede deur 'n bende verkrag en vermoor is; haar moordenaars moet nog voor die hof kom. [Tussenwerpsels.] Valencia is nou 'n statistiek van 'n regering wat sy mense in die steek laat.

Toe die DP Mitchells Plain besoek het, het ons ontdek dat hulle een polisiestasie en een satelliet-stasie het wat 2 miljoen mense bedien. Van die 323 polisiebeamptes wat aan Mitchells Plain toegewys is, verrig 218 slegs kantoorpligte, met inbegrip van 30 polisiebeamptes wat by die landdroshof werk. Op enige gegewe nag kan 'n mens verwag dat sowat 10 polisiebeamptes aan diens sal wees en verskeie beamptes met siekverlof afwesig is. Waar is al die groot beloftes van die ANC om hierdie toedrag van sake reg te stel?

Mnr die Speaker, daar was geen verbetering in die professionele bevoegdheid en doeltreffendheid van die Polisiediens nie. Daar was uiters min opleiding en dit raak gewone burgers elke dag; hulle is die slagoffers van verkragting en moord en kry nog te doen met growwe onbevoegdheid in die strafregstelsel.

Die oplossings wat verligting sal bring vir ons misdaadvoos mense is nie in 'n enkele silwer koel gele nie; dit is 'n reeks onderling verwante stappe. In teenstelling met die huidige regeringsgebruik om te bewe en niks te doen nie, en emosie op te wek deur openbare betrekkinge, moet elk van hierdie stappe energiek in werking gestel, streng geprioritiseer en op provinsiale vlak uitgevoer word, sonder vrees of begunstiging. Byvoorbeeld, ons moet die beswaarmakery van Popcru ignoreer en hoogs gekwalifiseerde bestuurders vir die SAPD werf; ons moet die lewenslot en -omstandighede van gewone polisiemanne en -vroue verbeter, en prestasieverwante diensvoorwaardes instel; ons moet polisiebeamptes agter kantoorlessenaars en van die bewaking van regeringsgeboue, soos hierdie een, wegkry en hulle op straat kry waar hulle behoort, deur alle nie-sleutel politieke funksies aan die privaatsektor uit te bestee, soos die agb lid mnr Winde in sy toespraak ges het. Ons moet ook enige dienaar van die strafregstelsel ontslaan wat nie sy werk doen nie, van die polisiekommissaris af, en ons moet munisipale wetstoepassingsagentskappe in elke munisipaliteit vestig waar dit noodsaaklik en bekostigbaar is, en sigbare polisiring verbeter.

Me die Speaker, misdadigers loop ook deur 'n oop deur in die strafregstelsel - 'n deur wat oop gelaat word wanneer slagoffers te gedemoraliseerd, verward of gentimideerd is om misdade aan te meld wat teen hulle gepleeg word. Ons moet slim raak oor misdaad. Eers as ons begin om misdadigers te laat tereg staan en daarin slaag om hulle suksesvol in 'n geregshof te laat skuldig bevind en hulle opsluit, sal gewone wetsgehoorsame Suid-Afrikaners weer veilig voel.

Ons is bekommerd daaroor dat die jongste misdaadstatistiek van die SAPD aantoon dat misdaad op sy hoogste vlak is. Dit is onaanvaarbaar en dit is duidelik 'n klag teen die sogenaamde armoedeverligting van daardie kant.

Me die Speaker, oor die afgelope twee dae moes ons luister hoe die ANC eindeloos hul skynheilige gebabbel voortbring dat net hulle weet hoe om te lewe. Al wat 'n mens hoef te doen, is om na die werkloosheid en vrees wat in die provinsie en elders bestaan te kyk - wat 'n lewering, wat 'n lewering!

Mnr M L FRANSMAN: Me die Speaker, terwyl ek na die agb lid mnr Silke geluister het terwyl hy van die ekonomie en dies meer praat, het ek besef dat wat die nasionale Regering s belangrik is, naamlik dat ons nooit mense se omstandighede sal kan verbeter as ons nie ekonomiese opheffing het nie. Ons het dus nie 'n probleem met ekonomiese opheffing en dies meer nie, maar ons bring egter die debat terug na die sleutelelemente wat die Wes-Kaap in die gesig staar.

Ek staan dus op om deel te neem aan 'n debat wat tot en met gistermiddag taamlik hol en niksseggend was. Ja, as 'n relatief jong en nuwe lid van die Provinsiale Parlement was dit baie moeilik om te konsentreer op die niksseggendheid van die Openingsrede wat die agb Premier op Dinsdag, 8 Februarie 2000 gelewer het. Tot my skok, en nadat ek na die toesprake van sy Ministers geluister het, het ek besef dat die woord "niksseggendheid" sy koalisieregering uitmuntend beskryf.

Ek wil die agb Leier van die Opposisie bedank dat hy die debat tot 'n hor vlak kon dryf. Die agb Premier het dit gerade geag om niks te s oor die lot, die welstand, die sosiale en maatskaplike omstandighede, asook die armoedeverligting van plaasmense in die Wes-Kaap nie. Nee, volgens hom en sy Minister word plaasmense in hierdie provinsie baie goed behandel. Ja, volgens hulle kan die Wes-Kaap 'n voorbeeld wees vir ander provinsies. Vir my en diegene wat die omstandighede van die plaasmense in die Wes-Kaap ken, respekteer en verstaan -en ek dink die agb lid me Witbooi sal dit ook doen, asook andere wat die toestande ken - sal gou reageer. Die enigste bekommernis is die boer op die plaas, sy gesin en sy hond.

Ek wil dit toelig met die onlangse ondervinding van 'n plaasbewoner. Ek verseker die agb lid mnr A J Williams, dit was nie 10 jaar gelede nie, en ek verseker die agb lid mnr Gelderblom dit was nie 20 jaar gelede nie. Dit was so onlangs as Januarie 2000. Op 10 Januarie 2000 het ene mnr Abraham Baadjies, wat vier jaar lank werksaam was op die plaas Parys naby Leipoldtville - die agb Minister van Vervoer en Werke sal weet waar dit is - die koue wreedheid van rassisme in die provinsie ervaar.

Ter inligting van die agb Minister van Landbou, daardie oggend het mnr Baadjies besluit om nie werk toe te gaan nie, maar om welke rede ook al besluit om na die winkels te gaan. Later daardie dag het hy saam met 'n mede-plaasbewoner huis toe gestap. Die plaaseienaar, ene mnr Slabbert, ...

'n AGB LID: Hy het nie werk toe gegaan nie.

Mnr M L FRANSMAN: ... - ja, as hy van die werk weggebly het, was hy nie by die werk nie - het by hom stilgehou, hul sakke deursoek en vir mnr Baadjies 'n vuishou in die gesig gegee. [Tussenwerpsels.] Mnr Baadjies se gesig was geswel, sy lip was stukkend, en ek sal glo op daardie oomblik was sy geloof en hoop in 'n nuwe Suid-Afrika verpletter. [Tussenwerpsels.]

Daarna is mnr Slabbert na die Graafwater Polisiestasie, waarna konst Van Lill mnr Baadjies gevange geneem het en hom vir ... [Tussenwerpsels.] Nee, dit baat nie ek gee vir daardie agb lede die besonderhede nie - hulle doen in elk geval niks. [Tussenwerpsels.]

Me die Speaker, konst Van Lill het mnr Baadjies vanaf kwart voor sewe tot halfelf in die vangwa gelaat. [Tussenwerpsels.] So hy was in die vangwa gelaat deur daardie agb Minister se amptenary. Dit laat 'n mens dink ...

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Me die Speaker, op 'n punt van orde: die agb heer het so pas die Huis mislei deur te s dat ek amptenare in die SAPD het ... [Tussenwerpsels.] Dit is onwaar.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit spyt my, maar dit is nie 'n punt van orde nie. Die agb lid mnr Fransman mag voortgaan met sy toespraak.

Mnr M L FRANSMAN: Me die Speaker, dit laat 'n mens dink aan die vangwa waarin Steve Biko in 1977, op daardie onvergeetlike nag van September, moes ry. Of s agb lede nog hierdie dinge het net voor 1994 plaasgevind?

Ek glo dat mnr Baadjies daar in die vangwa oor en oor die hoekoms en waaroms van die situasie bepeins het. Die enigste slotsom waartoe hy kon kom, was dat die woord van 'n witman baie meer krag dra as die woord van 'n bruin plaaswerker. [Tussenwerpsels.] Nadat mnr Baadjies daardie nag vrygelaat is, moes hy 'n tog van ongeveer 20 km terug huis toe aanpak. Dit was egter nog nie die einde nie.

Die volgende oggend is mnr Baadjies en sy ma, Anna, van die plaas afgesit. Vir 'n derde keer moes daardie gesin die harde werklikheid van rassisme en diskriminasie in hierdie wonderlike provinsie ervaar.

Die agb Premier het self ...

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Me die Speaker, ek wil graag weet of die agb lid mnr Fransman bereid is om 'n vraag te neem oor wat hy daaromtrent gedoen het.

*Mnr M L FRANSMAN: Nee, nee, nee.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Wat het jy daaromtrent gedoen?

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning moet sy sitplek inneem.

Mnr M L FRANSMAN: Me die Speaker, die rede waarom ek dit natuurlik nie opgeneem het nie, is omdat ons voorheen hierdie dinge opgeneem het en hulle niks gedoen het nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb Premier, sy Kabinet en sy party het mnr Baadjies en andere soos hy wat elke dag sodanige euwels ervaar, ... [Tussenwerpsels.] ... vanselfsprekend in die steek gelaat.

Ek het gehoor die agb lid mnr Gelderbloem het ges dat daar 'n Nuwe NP party is; 'n party wat weggebreek het van sy verlede.

Mnr R J KING: Me die Speaker, op 'n punt van orde: die agb lid mnr Fransman is nou die hoeveelste spreker aan daardie kant van die Huis wat dieselfde fout maak. Hier is nie 'n mnr Gelderbloem in die Huis nie, maar wel mnr Gelderblom.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie. Asseblief ...

Mnr M L FRANSMAN: Dankie, me die Speaker. Hulle mors tyd.

*Die ADJUNKSPEAKER: Asseblief ...

Mnr M L FRANSMAN: Kom ons kyk 'n bietjie verder.

*Die ADJUNKSPEAKER: Agb lid ...

Mnr M L FRANSMAN: Tans is daar 17 van hulle ...

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Sal die agb lid mnr Fransman my asseblief 'n kans gee om te praat? Hoewel dit nie 'n punt van orde is nie, versoek ek alle agb lede om asseblief te probeer om die van van die agb lid mnr Gelderblom reg uit te spreek.

Mnr M L FRANSMAN: Tans is daar 17 van hulle ... [Tussenwerpsels.] Ek wil h hulle moet vir hierdie Huis s hoeveel van hulle gehelp het om die planne van wreedheid, diskriminasie, rassisme en ons mense se pyn en leiding deur wetgewing te reguleer. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN LANDBOU: Me die Speaker, ek wil graag die agb Premier gelukwens en hom bedank vir die besondere Openingsrede wat hy gelewer het. Die agb Premier het vir ons gewys dat hy regtig omgee vir die mense van die Wes-Kaap. Ek wil hom namens die landbouers en die landelike gemeenskap bedank dat hy omgee vir die mense van die Wes-Kaap, dat hy die Kabinet motiveer om te presteer in di Provinsie en om te werk vir die mense van die Wes-Kaap.

Me die Speaker, in sy Openingsrede het die agb Premier ges dat ons moet kyk na die ontwikkeling van die platteland, onder meer na verstedeliking en om die gepaardgaande maatskaplike probleme teen te werk. Ja, ons kan met nuwe idees vorendag kom. Ek dink regtig dit het tyd geword dat ons na die platteland gaan, onder die agtergeblewe gemeenskap skitterende aspirant-kandidate gaan werf, hulle oplei - al moet ons hulle wreldwyd neem - en hulle terugbring na die platteland om daar te werk en die ekonomie daar te stimuleer.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Daar is 'n direkte verhouding tussen die landbou en die welvaart wat ons mense in die landelike gebiede beleef. Die landbou is die groter genereerder van werk op die platteland. As dit op die plase goed gaan, gaan dit ook met die plaaswerkers goed, en dan gaan dit ook in die landelike gebied goed. Maar as die landbouers swaar kry, is die noodsaak ook daar dat die plaaswerkers gaan swaarkry, en dan kry die hele landelike gebied swaar.

Huidiglik gaan dit glad nie goed in die landelike gebiede nie. Behalwe vir 'n erge finansile droogte, kry die Wes-Kaapse landbou op die oomblik swaar as gevolg van hael-, hitte- en brandskade oor die afgelope maande.

Me die Speaker, met my eerste toespraak in die Huis het ek die President en die nasionale Minister vir Landbou en Grondsake bedank en gelukgewens met die vars windjie van vernuwing wat hulle deur Suid-Afrika laat waai. Ek het my verbind tot konstruktiewe samewerking met almal wat my mense wil ophef. Ek herhaal dit vandag, maar ek verwag dit ook van my kollegas aan die ander kant van die Huis. Ons praat so baie daaroor en s: kom ons laat Suid-Afrika werk. Maar, Suid-Afrika het nie hande nie, het nie voete nie en het ook nie 'n brein nie. Suid-Afrika kan nie vir homself werk nie, ons moet vir hom werk. Ons moet ons hande uit ons sakke haal en begin werk ...

Mnr J P GELDERBLOM: Hoor, hoor!

Die MINISTER: ... en iets positiefs doen. As ons nie dit doen nie, sal ons nie die teenslae wat ons provinsie ook die afgelope tyd ondervind het, die hoof kan bied nie. Daar rus dus 'n verantwoordelikheid ... [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Laat asseblief die agb Minister van Landbou toe om sy toespraak te lewer.

Die MINISTER: Me die Speaker, daar rus 'n verantwoordelikheid op die regering van die dag om wetgewing te skep wat werkskepping bevorder. Ongelukkig kan ons dit nie s van ons ervaring van alle wetgewing wat oor die afgelope tyd geskep is nie.

Ek is bekommerd oor wat die afgelope vyf jaar met plaaswerkers gebeur het, en omdat daar baie min vir hulle gebeur het. Daar het regtig min vir plaaswerkers gebeur. Ons is dit ook aan ons plaaswerkers verskuldig dat die voordele wat ander sektore ervaar nie by hulle verbygaan nie. Ongelukkig is dit waar as plaaswerkers s hulle het oor die afgelope vyf jaar baie beloftes gehoor, maar min het gebeur. [Tussenwerpsels.] Dit is waar as hulle s ons moet nou ophou wette maak oor hulle en vir 'n verandering iets positiefs doen om ook hul omstandighede te verbeter.

Me die Speaker, ek wil my distansieer van wat my vriend aan die ander kant van die Huis ges het, toe hy 'n hond bo plaaswerkers gestel het. Hy het by implikasie ges die boer is bekommerd oor homself, oor sy kinders en oor sy hond, en glad nie oor die ander mense op sy plaas nie. Ek vind dit aanstootlik en wil my distansieer van enige sulke uitlatings.

Me die Speaker, ek wil verder gaan. Die agb lid mnr Fransman het vir ons vertel van ene mnr Baadjies wat in die pad geloop het en wat blykbaar aangerand is. Ek wil hom opnuut uitnooi om daardie saak by die polisie aan te meld en 'n klag te l. Agb lede moet ophou kerm oor enige gevalle ... [Tussenwerpsels.] Luister na wat ek wil s. Hou op om te kla ... [Tussenwerpsels.] Ek is nie die polisie nie. [Tussenwerpsels.] Ek s, hou op om te kla oor enkele gevalle. Kom ons doen iets konstruktiefs vir ons plaaswerkers, en hou op om in kla-sessies te verval.

Me die Speaker, op die oomblik is dit so dat, weens die grondhervormingsaksie, plaaswerkers wat tot 20 jaar op 'n plaas woon die R16 000 subsidies ontneem word. Ek is bekommerd daaroor. Wat s ons daarmee? Ons s hulle moet na die dorpe beweeg en daar gaan plak; dan het hulle 'n kans om so 'n huis te kry. Ek dink nie dit is regverdig teenoor plaaswerkers nie. Hulle dra ook tot die ekonomie by.

Meneer, ek wil my weer verbind ... [Tussenwerpsels.] Kom ons wees konstruktief. My pleidooi is dat ons almal saam die nodige rolspelers saamtrek en dat ons vasstel hoe ons vir ons plaaswerkers ook 'n aftreehuis kan kry, waarvan hulle ook die voordele kan geniet.

Ek wil kortliks praat oor die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, 1997 (Wet 62 van 1997). Ek dink di Wet het baie plaaswerkers negatief benvloed. Ek het nie 'n probleem met die beginsel van die wetgewing wat in die Wet vervat is nie. Dit is reg dat wetgewing vir werkers daargestel word wat vir hulle sekuriteit skep. Ek het 'n probleem met die metodiek wat nie vir werkskepping bevorderlik is nie. As gevolg van ESTA is daar vandag baie minder plaaswerkers op plase as vyf jaar gelede. ESTA het 'n direkte invloed gehad op die werkgeleenthede op plase. Verlede week nog het die portefeuljekomitee, soos ons dit oor die afgelope tyd ondervind - wat ek hoor deursigtig is en wat ek dink nie deursigtig is nie - op die laaste oomblik, die laaste aand drastiese veranderinge aan die Wet aangebring, sonder dat die werkgewers of die werknemers gekonsulteer is.

Wat het verlede week gebeur? Verlede week het werkgewers ges as daar 'n saak voorkom en hulle gaan na die landdroshof en vra 'n bevel dat 'n werker wettiglik uitgesit kan word, moet 'n proefbeampte onder die Wet op Proefdienste, 1991 (Wet 116 van 1991), aangestel word. Die Wet op Proefdienste maak gewoonlik voorsiening vir kriminele, en word toegepas wanneer hulle sake ondersoek moet word, of as hulle op borgtog vrygelaat moet word. Met ander woorde, as ek die wettige proses volg, word daar in werklikheid vir my ges ek is 'n krimineel, want ek is dan ook aan di ondersoek onderworpe. Die proefbeampte moet kyk na die trauma wat die werker ondervind, maar kyk glad nie na die trauma wat die werkgewer of die ander werkers op die plaas ondervind nie.

Die bedryf wat die meeste ly onder hierdie soort wetgewing, is die landbou en indiensneming in die landbou. Ons sal positief en opbouend moet optree. Ek wil voorstel dat ons al die rolspelers bymekaar moet kry en 'n beraad hou oor huisvesting en die werkomstandighede van werknemers op plase, ...

Mnr E ISAACS: Hoor, hoor!

Die MINISTER: ... sodat ons kan toesien dat ons die werkskeppingspotensiaal in die landelike gebied behou. Laat ons eerder 'n klimaat skep waar werkgewers gewillig is om werknemers in diens te neem, as 'n situasie waar hulle meer en meer gaan meganiseer.

Me die Speaker, ek kom terug op die struikelblokke in die pad van boere in die Wes-Kaap. Di Provinsiale Regering het op 20 Julie 1999 'n brief aan President Mbeki geskryf waarin ons versoek het dat hy 'n droogte rampgebied in die Suid-Kaap moet verklaar. Dit is sewe maande later. Intussen verloor werkers hul werk, werkgewers word gelikwideer, ons het maatskaplike probleme in die landelike gebied en kinders kry nie hul skoolopleiding nie. Maar vandag het ek hier niks gehoor van mense wat in die droogtegeteisterde gebiede swaarkry nie.

Op 27 September 1999 het ons ontvangserkenning van die Kantoor van die President ontvang op die brief wat ons op 29 Julie 1999 vir hom geskryf het. In Oktober 1999 het die agb Premier in die NRVP vir President Mbeki juis hieroor toegespreek. In sy repliek het President Mbeki ges hy sal spesiaal hieraan aandag gee. Op 18 November 1999 het die nasionale Minister vir Landbou en Grondsake vir my ges ek moet ook alle relevante inligting aan die nasionale Minister vir Welsyn en Bevolkingsontwikkeling stuur, wat ek op 23 November 1999 gedoen het. Tot vandag toe het ek nog geen ontvangserkenning ontvang nie. [Tussenwerpsels.]

Di situasie is vir my 'n reuse verleentheid. Ek wil iets daadwerkliks doen om die omstandighede van die landbouers te verbeter. Di soort administrasie is totaal onaanvaarbaar. Ek kan agb lede verseker dat die agb Premier van die Wes-Kaap dit nooit, maar nooit sou toegelaat het nie.

Me die Speaker, terwyl ons s ons land het nie geld nie, gee ons R800 miljoen aan 'n chaotiese regering in Zimbabwe; ... [Tussenwerpsels.] ... 'n regering wat dreig om landbougrond sonder vergoeding te nasionaliseer. In ons eie land ... [Tussenwerpsels.] ... wag ons nog op 'n ja of nee op 'n versoek van 20 Julie 1999, terwyl ons burgers die ergste natuurrampe ooit beleef. Ek is bekommerd dat ons eie President Mbeki, terwyl hy kersvader speel in Zimbabwe, ons eie mense vergeet. [Toejuiging.]

Mnr M L FRANSMAN: Me die Speaker, ek wil vir die agb lid mnr King s dat ek jammer is dat die diskriminasie met betrekking tot my tyd nie geslaag het nie.

Mnr R J KING: Me die Speaker, op 'n punt van orde: dit is darem baie onregverdig.
Mnr M L FRANSMAN: Ag, dit was 'n grap.

Mnr R J KING: Ons het tot 'n ooreenkoms gekom om vir die agb lid mnr Fransman twee minute ekstra te gee omdat daar 'n fout gekom het as gevolg van die verandering van die sprekerslys. Dit was regtig nie ...

Die ADJUNKSPEAKER: Ja.

Mnr S E BYNEVELDT: Dit was in ligte luim.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit was nie 'n punt van orde nie.

Mnr M L FRANSMAN: Dit was nie so ernstig nie.

Mnr R J KING: Dan kan die agb lid ten minste glimlag as hy dit s.

Mnr M L FRANSMAN: Waarom is die agb lid mnr King dan so bekommerd?

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Fransman moet voortgaan met sy toespraak.

Mnr M L FRANSMAN: Me die Speaker, ek wil kortliks vir die agb lid mnr Gelderblom s dat na die hersel van 'n straat, daardie straat nog steeds 'n teerstraat bly. As die agb Minister in die Kantoor van die Premier 'n nuwe rok aan het, bly sy steeds Frieda Adams. Die Nuwe NP met sy nuwe naam bly die NP. [Tussenwerpsels.] 'n Jakkals verander van hare maar nie van snare nie. [Tussenwerpsels.]

Ek kom by die laaste punt wat ek wil maak. Die agb Premier het gepraat van opvoeding en van so 'n wonderlike opvoeding. In my kiesafdeling - die agb Minister van Vervoer en Werke deel dit - is 132 matrikulante in die ou Model C-skole en 52 vrystellings in die skole in die Vredendal- en Clanwilliam-areas. Dit kom te staan op 'n vrystellingsyfer van 39,4%. In die Vredendal en Clanwilliam sekondre skole is 191 leerlinge. Die matrikulasievrystellingsyfer staan op 5,76% - onder ons skole. Ek weet, en diegene wat saam met my by Bishop Lavis was weet, watter tipe standaard onderrig ons ontvang het. Die matrieksertifikaateksamens wat ons moes skryf, was baie moeiliker as die Departement van Onderwys se laer graad matrieksertifikaateksamens - die ou wit skole, die ou Model C-skole. [Tussenwerpsels.] Beteken dit ... [Tussenwerpsels.]

Ek wil vir die agb Premier s dat dit baie duidelik is dat dit glad nie sulke wonderlike onderwys is nie, want dit is onderwys vir die wit gemeenskap. [Tyd verstreke.]

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Speaker, ek staan op ter ondersteuning van ons leier, die agb Leier van die Opposisie, en al my kamerade aan hierdie kant van die Huis wat voor my gepraat het oor die voorstel van wantroue in die agb Premier en die Uitvoerende Gesag, wat kragtens die Wes-Kaapse Grondwet voorgestel is.

Wat hierdie debat betref, wil ek noem dat die agb Minister van Onderwys, wat nie hier is nie, baie stellings gemaak het, en ek kan dit koppel aan wat ek te s het oor die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning. Toe sy die Guguletu Polisiestasie besoek het en nie daar goeie diens gekry het nie, het sy 'n brief geskryf waarin sy gekla het oor swak diens deur die Guguletu-polisiebestuur. Omdat sy Helen Zille is, kla sy nou daaroor en s sy dat almal moet opvlieg en beswaar maak, en dat iets daaromtrent gedoen moet word. [Tussenwerpsels.]

Vroer, toe die gemeenskap van Guguletu optogte gehou het en nog optogte gehou het tot in die stadium toe komm Ganief Danils ingegryp het, is sy besluit omver gewerp - deur wie? Deur die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning! [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid het sy beurt gehad en moet net stilbly. Hy het oor hom baas gespeel deur te s dat die bestuur van die polisie die probleem is wat aandag moes geniet.

Waarvan praat ons hier? Ons praat van die dubbele standaarde wat toegepas word, wat duidelik aan die lig gekom het. Hy moet sy kollega meedeel dat die behandeling wat die swartmense ontvang - as hulle hul stemme laat hoor en daaroor praat, druk hy sy ore toe - dieselfde is as die behandeling wat hulle ontvang het. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Dit is onaanvaarbaar as dit swak diens is. [Tussenwerpsels.] Dit is onaanvaarbaar, wie ook al betrokke is.

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Speaker, ek sal verder gaan. Toe die agb Minister se Kabinetskollega oor bevoegdhede gepraat het, asook oor wat die ANC ges het, het hy nagelaat om te s ... [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Ons moet ten minste in staat wees om die agb lid te hoor praat. As agb lede moet hekel, moet hulle dit asseblief sagter doen. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr L RAMATLAKANE: Dankie, me die Speaker.

Die Kabinetskollega van hierdie agb Minister, die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme, s in presies dieselfde artikel wat hier aangehaal is, "What is this hullabaloo about powers of police?" Die bevoegdhede wat hulle het, is genoeg, s hy, en hulle het nie ekstra magte nodig nie. Hy kom opportunisties hierheen en haal selektief aan uit wat deur die agb Leier van die Opposisie ges is. Hy laat na om te meld dat sy kollega in die Kabinet ges het dat waarvan die agb Premier hier gepraat het, 'n versinsel is, en dat die bevoegdhede reeds in die Grondwet bestaan. Al daardie bevoegdhede in die Grondwet word egter nie gebruik nie.

Ek gaan voort. Ons het sedert die Opening van die Provinsiale Parlement op 8 Februarie 2000 dramatiese gebeure hier gesien. Die agb Premier het 'n desperate toespraak, nommerpas vir die koalisie, met omstrede voorstelle oor finansies gemaak, met inbegrip van die Direkteur-generaal se brief waaruit breedvoerig aangehaal is. Daar was omstrede besluite en voorstelle oor hoe om onwettige besteding aan die verkiesing te wettig.

Die stelling wat gemaak is, plaas sekerlik die komende plaaslike regeringsverkiesings in 'n negatiewe lig? Hier is 'n saak uitgemaak wat daarop neergekom het dat die foto's wat geneem sal word, deur die koalisie van die DP en die Nuwe NP gehou sou word. Hulle het 'n 180(-omkeer gemaak toe die ANC hierteen beswaar gemaak het. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid moet stilbly. Hy sal sy kans kry. [Tussenwerpsels.] Hulle het ges, "Maar wag 'n bietjie, ons sal iemand kry." Hulle het eers ges dat hierdie inligting in die kantoor van partylojaliste gehou sou word. Dit is die punt. [Tussenwerpsels.] Dit was die Kantoor van die Direkteur-generaal, so is ges.

Toe die ANC daarteen beswaar gemaak het, het die Nuwe NP omgespring en ges: "Nee, wag 'n bietjie. Die Ouditeur-generaal moet nou inkom en ons met die inligting help." [Tussenwerpsels.] Toe ons hierteen beswaar gemaak het omdat dit 'n inbreuk op die regte van mense in terme van hul deelname is, het die Nuwe NP hier 'n buitengewone prosedure gevolg om die ongemagtigde uitgawe te magtig.

Die partygedrewe registrasieprogram in aanloop tot die verkiesingsveldtog was natuurlik aan die orde van die dag tydens hierdie debat. Ek ruik lont in die motivering hiervan deur die agb Premier.

Ons het gesien hoe agb Ministers nie in staat was om te reageer op vrae wat deur die ANC gestel is nie. Die agb Premier self kan nie eens s hoe die geld aangewend is nie, daardie selfde geld, maar nou probeer hy om te motiveer dat ons nog 'n blanko tjek van R5,5 miljoen vir dieselfde doel moet gee, terwyl die besonderhede nog nie eens verskaf is nie.

Ons is bekommerd oor hierdie desperate skuif deur die onheilige koalisie. Hulle gaan nie kry waarvoor hulle ons vra nie. Enige bydrae tot die komende plaaslike regeringsverkiesings moet na die OVK gaan. Ons maak nie beswaar teen die bedrag van R5,5 miljoen nie, maar die liggaam wat grondwetlik erken word as verantwoordelik vir toesig oor die verkiesing is die OVK, en daardie bydrae moet dus aan die OVK gemaak word, en nie aan die bestuur van die party nie.

Hierdie sinkende skip word inderdaad nie moeg vir verkiesingsknoeiery nie. Hulle doen dit aanhoudend. Beteken dit dat die finansile krisis van die Nuwe NP daartoe sal lei dat openbare fondse bewillig word vir die partypolitieke agenda van die koalisie? Is dit wat dit beteken?

*Mnr N M ISAACS: Me die Speaker, sal die agb lid 'n vraag neem? Dit sal hom baie help, eerlikwaar. Ek kan hom dit belowe.

*Mnr L RAMATLAKANE: Ek sal die vraag neem as ek my toespraak voltooi het, me die Speaker. Ek neem nie nou 'n vraag nie.

Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het gister hier 'n klomp tyd bestee om die ANC en sy program wat gemik is op die verbetering van die lewens van die arm mense aan te val. Hy het voortgegaan deur oor die groeiende ekonomie te praat, maar wat hy nagelaat het om te noem, was die beleggingstaking deur groot sakeondernemings. Groot sakeondernemings bel nie in die werkskeppingsprogram nie, maar hy het nie daarby uitgekom nie. Hy het niks daaromtrent ges nie. Hy het oor werkverliese gepraat.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Vertel ons waarom ... [Tussenwerpsels.]

*Mnr L RAMATLAKANE: Hy weet dit, en dit is waarom hy daardie agb Minister nie daarvan vertel het nie. Waarom vra hy hom nie?

Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het oor lewering gepraat. Na watter lewering het hy verwys? Hy het ges dat ons aan die armes moet lewer. Toe hierdie Parlement geopen het, het die mense van Mamre en Atlantis hierheen gekom en ges: "Maak daardie strand in Atlantis gratis vir almal. Maak dit oop."

*Me A M VERSFELD: Ek het dit twee jaar gelede ges.

*Mnr L RAMATLAKANE: Twee jaar vir daardie agb lid se party! [Tussenwerpsels.] Sy het dit vir haar party ges. Sy het in daardie stadium aan die Nuwe NP behoort. [Tussenwerpsels.] Die bruinmense het ges: "Maak daardie geriewe vir ons oop. Ons wil dit gebruik." [Tussenwerpsels.]

Me die Speaker, om 'n lang storie kort te maak, die toespraak van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het duidelik gekom van iemand wat vir geloofwaardigheid, en niks anders nie, baklei het. Dit was 'n terugslaan-toespraak.

Die agb Premier se Openingsrede was eweneens gemik daarop om 'n gesonde koalisie wat glad werk voor te hou, maar die feite begin duidelik raak. Die Nuwe NP-koalisie is in die moeilikheid. Die Nuwe NP moet bekommerd wees oor die agb Premier se vertoning. Deur sy eie lede stil te maak, sal hy slegs sy party se verdwyning van die politieke landskap van hierdie land, spesifiek in die Wes-Kaap, verhaas. [Tussenwerpsels.]

Mnr Van Schalkwyk moet baie bekommerd wees hieroor, en dit behoort vir hom 'n teken te wees om wakker te skrik. Die DP is besig om die Nuwe NP se ondersteuningsbasis oor te neem, en die Nuwe NP besef dit nie eens nie. Ondertussen tugtig die Nuwe NP sy eie lede, spesifiek die agb lid mnr Marais.

Ek wil hierdie oproep op die mense daar buite doen, dieselfde mense wat vir die Nuwe NP gestem het: "Word wakker! Maak jul o oop! Julle kan sien waarvan hierdie Nuwe NP gemaak is. Al wat hulle wil h, is om julle leiers te gebruik, net soos hulle hulle gebruik." [Tussenwerpsels.]

Kom ek gaan voort deur te s dat dieselfde lede van die Nuwe NP wat die party swartsmeer, nou moet s, "Dit is vir ons 'n teken om wakker te skrik." Wat gaan dit beteken? Die agb lid mnr Marais is die verantwoordelikheid gegee om oor armoede te praat en armoedebestryding te hanteer. Om die waarheid te s, ek verstaan nie wat die verskil is tussen wat Marthinus van Schalkwyk oor beleid, met inbegrip van armoede, ges het en wat die agb lid mnr Marais ges het nie, behalwe dat die stelling die lekker, gemaklike posisie van die Nuwe NP se vennoot, die DP, versteur het.

Per slot van rekening sal hulle nie die enigstes wees wat verloor as die koalisie opbreek nie. Hulle het niks nie. Hulle het vier Ministers, wat aan hulle 60% van die Kabinetstem gee, maar feitlik niks in terme van die verkiesing nie, slegs 4%. Dit is die punt wat ek maak. [Tussenwerpsels.]

Kom ek kom by die kwessie van die kleurlyn, en die uitdaging wat die President gerig het. Ek het gesien dat die agb Premier 'n boekie op sy lessenaar het, en nou het hy dit gebre. Hy moet daardie boekie lees. Hy moet die verklaring van 6 Januarie oor die probleme lees ... [Tyd verstreke.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Ons kan mekaar nie hoor nie. As agb lede gaan hekel - en ons hekel normaalweg - moet hulle probeer om nie deurlopend kommentaar te lewer nie. Die agb lid mnr Winde sit in die verkeerde plek om te hekel. Hy mag hekel as hy in sy eie bank sit. Agb lede moet in die algemeen probeer om hul stemme sagter te hou as di van die persoon wat aan die woord is.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Speaker, ten eerste wil ek u bedank omdat u my beskerm het voordat die hekelary begin. Dit word baie waardeer.

Omdat ek die laaste spreker is, en weet dat die Huis meer as 40 mense hoor praat het, is ek heeltemal seker daarvan dat niemand my werklik en regtig wil of moet hoor nie. Ek is egter bevrees dat ek moet s dat dit my voorneme is om voort te gaan. Wat ek kan doen, is om tot die slotsom te kom, gegrond op die saak wat ons aan hierdie kant van die Huis uitgemaak het, dat ons saak afgesluit is met betrekking tot ons ondersteuning van die agb Premier en sy Rede.

Me die Speaker, in die eerste plek wil ek s dat ek graag wil h dat elkeen van ons, in 'n oomblik van introspeksie, na die afgelope twee dae moet kyk en ontleed wat ons inderdaad vir die mense daar buite bereik het. Ons, die 42 van ons en die amptenare, was teen 'n geweldige koste betrokke by debatvoering oor verskeie sake, en ons het na my mening absoluut niks vir die mense daar buite bereik nie.

Ek bevraagteken dit, omdat dit my bekommer. Toe ek gekom het om hier te dien, was ek van plan om iets te doen om positief te wees, en ek dink nie dat ek doeltreffend was nie. Ek weet dat dit kommentaar van die ander kant van die Huis sal ontlok, maar ek dink eerlikwaar nie dat ek, of ons, oor die afgelope paar dae doeltreffend was nie.

Me die Speaker, ek beskou dit feitlik as 'n belediging dat die agb Leier van die Opposisie vir die hele debat vandag van die Huis afwesig was. Dit is sy funksie as Leier van die Opposisie om in hierdie Huis te wees om na die debat te luister, maar gister het hy ook sy toespraak gelewer en onmiddellik daarna die Huis verlaat. Ek dink regtig dat dit aan minagting van hierdie Huis grens, en sekerlik van die mense wat hy verteenwoordig. [Tussenwerpsels.]

Ek is besonder bly dat die amptelike hekelaar nie vandag hier is nie, want ek verstaan dat sy die voorsitter is van 'n vergadering in Bloemfontein, of iewers elders. Ek sou graag meer dae soos hierdie een wou h as ek praat. [Gelag.]

Me die Speaker, as ek die basiese verskil tussen die agb Premier se Openingsrede en die toespraak van die agb Leier van die Opposisie moet ontleed, en dit in die vorm van 'n balansstaat moes hanteer, dink ek dat ons oor die positiewe sou praat, sover dit die agb Premier se Rede aangaan, in vergelyking met die absolute negatiwiteit van die agb Leier van die Opposisie.

Ek wil hierdie Huis vra of dit regverdig is teenoor die burgers van hierdie provinsie dat ons van die agb Leier van die Opposisie hoor dat ons, die Kabinet aan hierdie kant van die Huis, met inbegrip van my kollegas in die DP, sedert Junie 1999 basies hoegenaamd niks reg gedoen het nie, en dat ons eintlik misluk het in alles wat ons gedoen het.

*Mnr L RAMATLAKANE: Maar u weet dit!
*Die MINISTER: Ek sou die agb lid mnr Ramatlakane graag buite hierdie Huis oor daardie tussenwerpsel wou uitdaag, want dit is absolute bog. [Tussenwerpsels.]

Me die Speaker, in my Begrotingsrede later vandeesmaand sal ek veel meer hieroor te s h. Ek sou graag beoordeel wou word volgens my bekwaamheid, en di van die Kabinet, nie deur die "African Negative Party" in hierdie raadsaal nie, maar eerder deur die publiek in die algemeen. Die probleem wat ek egter met die ANC en veral die agb Leier van die Opposisie het, is dat hulle glo dat hulle, nadat hulle na Pretoria gereis het, die patentreg of kopiereg op sekere nasionale probleme uitgeneem het en dat hulle alleen die oplossings het.

*Mnr C M DUGMORE: Die mense het vir ons gestem.

*Die MINISTER: Ek wil daardie agb lede graag daaraan herinner dat 42% in hierdie provinsie vir hulle gestem het. Dit is nie die meerderheid nie. [Tussenwerpsels.]

Kom ons vergelyk die prestasies van hierdie provinsie met di van ander provinsies. Dit is sekerlik die enigste maatstaf waaraan hierdie provinsie beoordeel kan word? As ons so swak vaar, kom ons trek weer eens 'n balansstaat vir die nege provinsies op en oordeel watter provinsie bo uitkom.

*Mnr C M DUGMORE: Wat van die geskiedenis van apartheid?

*Die MINISTER: Apartheid was verkeerd, en ek het dit beveg. [Tussenwerpsels.] Ek sal later meer daaroor te s h, maar daardie agb lede moet op 'n ander plek hekel, want ek het nie waardering daarvoor nie. [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Mag ek agb lede vra om asseblief nie deurlopende kommentaar te lewer nie?

*Die MINISTER: Me die Speaker, tydens Begrotingsraadvergaderings sien ek keer op keer dat ander provinsies nie hul volledige voorwaardelike onderwystoelaes vir hul skoolboeke, en so meer, opneem nie. Die skitterende voorbeeld, as ek die woord "skitterend" so ontoepaslik mag gebruik, is die Oos-Kaap. Die mense daar wil desperaat skoolboeke vir hul kinders h, en nogtans neem hulle nie eens hul voorwaardelike toelaes op om vir daardie skoolboeke te betaal nie. Is dit uitstekende regering?

*Mnr M OZINSKY: Wat is die geskiedenis daarvan?

*Die MINISTER: Die geskiedenis daarvan is ernstige onbekwaamheid aan die kant van die Oos-Kaap. [Tussenwerpsels.] Me die Speaker, ek versoek dringend u beskerming ingevolge u beslissing. [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Me die Speaker, op 'n punt van orde: die agb lid mnr Ozinsky is besig met deurlopende kommentaar. Ek sou graag my toespraak wou voltooi en ons wil almal huis toe gaan. Kan ek u dus dringend versoek om die agb lid mnr Ozinsky te vra of hy so vriendelik sal wees om nie met sy deurlopende kommentaar voort te gaan nie. [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Die agb Minister moet voortgaan. [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb Minister en die Hoofsweep moet hul sitplekke inneem. Soos ek voorheen gemaak het, sal ek die agb lid mnr Ozinsky weer buite die orde moet rel. Ek versoek hom om nie met sy deurlopende kommentaar voort te gaan nie. Hy kan nie nog 'n toespraak lewer van waar hy sit nie. Hy moet die agb Minister asseblief toelaat om sy toespraak te lewer.

*Die MINISTER: Me die Speaker, dankie vir u bystand. Dit word baie waardeer.

Die ANC in hierdie Huis het 'n groot meulsteen om sy nek, want dit is vir elke verantwoordelike finansile publikasie in hierdie land duidelik dat hierdie provinsie slaag waar ander nie slaag nie. Hulle kan nie vorendag kom met enigiets konkreets in die vorm van kritiek of advies oor die aangeleentheid nie.

Me die Speaker, wat hul ernstige kritiek op my betref, waar hulle aan die hand doen dat ek onbekwaam is, ek waardeer dit eintlik, want nou weet ek presies waar ek met party agb lede aan daardie kant van die Huis staan. Ek sou graag die aandag van die Huis wou vestig op die belangrikheid daarvan dat hulle my bedanking wil h. Nie een van die vier koerante wat verskyn het sedert hulle my gister weens onbekwaamheid gekritiseer het, het dit goedgedink om enigiets in hierdie verband te publiseer nie. Dit is hoe belangrik hul bewering is dat ek onbekwaam is en dat ek uit my pos moet bedank. [Tussenwerpsels.]

Ek gaan daarom 'n bietjie verder as 'n spesifieke grenslyn wat ek nie normaalweg sou oorskry nie. Ek is jammer dat die agb lid mnr McKenzie nie in die Huis is nie, en ek hoop dat hy dit lees of op televisie dophou. As 'n mens oor onbevoegdheid wil praat, kom ek vertel aan agb lede hoe onbevoeg hy die dobbelaryportefeulje hanteer het toe hy nog in ons party was, en hoe die agb Premier die portefeulje aan my moes oorhandig. As hy vandag nog in beheer van daardie portefeulje was, sou daar vir nog twee of drie jaar geen metro-casinolisensie gewees het nie. [Tussenwerpsels.] Dit kan ek waarborg.

Waarom sit hy daar oorkant? Hy het geweet dat hy nooit weer in die Kabinet sou wees nie, sover dit hierdie party aangaan. Dit is waarom hy na daardie kant gegaan het as die opportunis wat ek glo hy is. [Tussenwerpsels.] Dit is die waarheid.

Dit was vir my baie amusant om te hoor ...

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit spyt my, maar die agb Minister se tyd is verstreke.

*Die MINISTER: Mag ek my sin voltooi, me die Speaker?

*Die ADJUNKSPEAKER: Nee, die agb Minister se tyd is verstreke. Ek het hom een ekstra minuut gegee. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Dit is vriendelik van u, me die Speaker. [Tyd verstreke.]

Debat afgesluit.

WES-KAAPSE AANSUIWERINGS-
BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Debat oor Derde Lesing)

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Aangesien daar geen sprekerslys is nie, sal daar geen debat oor hierdie Dagorder wees nie.

Order sonder debat afgehandel.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees (met teenstem van ANC).

Die Huis verdaag om 16:57.



990	DINSDAG, 15 FEBRUARIE 2000



	DINSDAG, 15 FEBRUARIE 2000	991
 


898	DINSDAG, 15 FEBRUARIE 2000	


